Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “Wisdom and Courage”.
Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, is bekend vir sy videos en ander plasings op verskeie sosiale media platforms. Hy bespreek vandag die nuwe jaar en die nuwe uitdagings wat die wereld bied. Groenewald vertel van WRSA se pogings om die wildbedryf te stimuleer en suksesvol te maak…
Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer en Dorperskaap-teler uit die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap. Saunderson was ‘n klompie jare gelede aangewys as Suid-Afrika se Skaapboer van die jaar. Hy is ook ‘n bekende motiveringspreker, berader, predikant, maar bo alles ‘n grondeienaar, produsent en boer. Saunderson gebruik eenvoudige terme in landbouers…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers verswak oor die naweek, maar weer gestyg het vanaf Dinsdag teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse het effens gestyg. Varkvleispryse het weer effens gedaal en verdere dalings kan in…
The Cattle Site berig oor nuwe navorsing deur universiteite en relevante organisasies in Denemarke, wat toon dat huisvesting in sognaamde hospitaalhokke, mank koeie kan baat. Die verwagting is, volgens die studie, dat die mank koeie beter sal vaar in aparte hokke met sagter vloere en minder mededinging. Die studie het…
Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, bespreek die nadelige invloed van die voorgestelde verhoogde brandstofpryse wat vannag in werking tree. Die stygings kan problematies vir insetkostes wees en die verhoogde rentekoerse bemoeilik dit verder. Brandstofpryse van buurlande, wat hulle brandstof uit Suid-Afrika invoer, is baie goedkoper en…
Die Dohne merino-skaap is ‘n meerdoelige ras en baie goed aanpasbaar in die geharde omstandighede van Suid-Afrika, veral die Karoo, Noordkaap en Suid-Vrystaat-gedeeltes. Louwrens Conradie is ‘n bekende teler van die skaapras en hy verduidelik ook hoekom die skaap se gewildheid so toegeneem het in die laaste paar jaar. Conradie…
Camel milk is all over richer than cow’s milk in several vitamins, iron, calcium and magnesium and contains higher quantities of copper. Although pricier than cow’s milk, there is a noticeable increase in its demand. Over the past two or three decades, there has been an increasing interest from other…
Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en -maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie begin hy in ‘n nuwe reeks oor verhoogde winsgewendheid, spesifiek in die veebedryf. Saunderson verwys na faktore soos predasie, naspeurbaarheid, droogte, knellende ekonomie,…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers weer skerp gestyg die afgelope week teenoor die Amerikaanse dollar en druk op graanpryse veroorsaak. Speenkalwers se pryse het ook steeds sywaarts beweeg. Afwaartse pryse word egter vir…
Botswana het verlede jaar meer as $2,7 miljoen uit olifantjag verdien. Meer as 287 lisensies was uitgereik en jagters het tot soveel as $43 000 betaal om ‘n olifant te skiet. Kritici is baie gekant teen die opheffing van die verbod op olifantjag in 2019, maar die betrokke minister het…
Groot vordering is die afgelope tyd gemaak met die blootlegging van hoe kriminele sindikate finansiele stelsels gebruik om te funksioneer. ‘n Suid-Afrikaanse taakmag teen geldwassery het met goeie navorsing, groot vordering gemaak om dit hok te slaan en dit word internasionaal geloof as ‘n uitstekende bedryfsmodel. Daar word ook gehoop…
‘n Interessante kompetisie het pas afgeskop om Suid-Afrika se heel eerste Klimaatslim Ambassadeur aan te wys. Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-kompetisie het op 10 Januarie afgeskop en inskrywings sluit op 28 Februarie 2022. Dit word deur Plaas Media en ‘n veeboerderykonsultant, dr Louis du Pisani aangebied en beloof klaar baie gewild…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Sy onderwerp is vandag “Tevredenheid is die Moeder van gelukkigheid”.
Kommer bestaan in die wol- en sybokhaarbedrywe oor die definisie van volhoubaarheid. Die mening van die onderskeie bedrywe is, dat die etikette oor volhoubaarheidsgradering, natuurlike vesels soos wol in ‘n swak lig kan stel. Die huidige metodes gee voorkeur aan sintetiese weefsels omdat dit meer herwinbaar kan wees.
Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en -maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie gesels hy oor die presisie en deeglikheid van snoei. Saunderson vertel hoe hy leer by druiweprodusente en hoe hulle hul wingerde snoei. Hy…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers skerp gestyg die afgelope week teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers se pryse het ook steeds gestyg. Hoenderpryse het weer gedaal, terwyl varkvleispryse ook effens gedaal het. Verdere dalings…
Toyota SA se Nasionale Jong Afslaerskompetisie vir 2022 het afgeskop. Daar is twee kategoriee, naamlik Nasionale jong afslaers tussen 19 en 35 jaar oud en ook junior afslaers tussen 14 en 18 jaar oud. Groot pryse kan gewen word en dit sluit in ‘n oorsese reis ter waarde van R55…
19 Jan 2022 1AM
2 min
1120 – 1140
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.