OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,611 Episodes
640 – 660

PM gesels met die skakelbeampte van Agri Wes-Kaap

Adele Shangwyn is die skakelbeampte van Agri Wes-Kaap en sy gee ‘n oorsig van die positiewe aspekte van georgansiseerde landbou binne die provinsie. Agri Wes-Kaap fokus graag op die uitdagings en positiewe inisiatiewe en vat hande met die provinsiale regering. Sy vertel ook hoe nuwe lede gewerf word en wat…
5 Dec 2022 3AM 4 min

PM berig oor ‘n vee-identifikasie en naspeurbaarheidstelsel

Die Minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, het die LITS-stelsel onlangs goedgekeur. Dit staan vir die Livestock Identificaction and Traceabilty System. Fase een van die projek, dit is vir die eerste drie weke, sal kommersiële boere ‘n geleentheid gun om vir die stelsel te registreer, waarna alle…
5 Dec 2022 3AM 1 min

PM berig oor die ergste droogte in vier dekades in Kenia

Reuters berig oor die grootste droogte in vier dekades wat tans in Kenia ondervind word. In die laaste drie maande is byna 2% van die wêreld se skaarste sebras verloor asook 25 keer meer olifante in dieselfde tydperk. Sonder ingryping of reën wat wegbly, kan dit in ‘n groot krisis…
1 Dec 2022 1AM 1 min

Prof. Frikkie Maré gesels vandag oor die repokoers wat verlede week gestyg het

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die repokoers wat verlede week gestyg het. Rentekoerse wat styg, maak dit nie maklik vir veral die middelklas-bewoners van die land nie. Huis- en grondeienaars moet baie meer opdok om verbande terug te betaal. Die styging het…
29 Nov 2022 12AM 3 min

PM berig oor lewendehawe-nuus uit Nieu-Seeland

Die Nieu-Seelandse regering het wetgewing aanvaar om see-gebonde vee-uitvoere te beëindig. Volgens die Ministerie van Landbou in dié land, sal hierdie stap hulle land se reputasie as ‘n wêreldleier in dierewelsynstandaarde beskerm. Die Minister is ook van mening dat die impak op uitvoer klein sal wees in die konteks van…
27 Nov 2022 10PM 1 min

PM berig oor nuus van die Australiese suiwelbedryf wat in die knyp is

ABC News berig dat daar binnekort in Australië drastiese verhogings kan wees en dat verbruikers meer sal moet opdok vir melkprodukte. Die verhoogde pryse kan tussen 20c en 30c per liter wees. Nat toestande en verhoogde produksiekoste is maar ‘n paar van die redes vir die stygings.
27 Nov 2022 10PM 1 min

PM berig oor BKB se uitstekende syfers in die afgelope finansiële jaar

BKB se prestasies in die afgelope finansiële jaar, het alle verwagtinge oortref en die goeie resultate word toegeskryf aan diverse bedrywighede en die groep se beperkings van nie-noodsaaklike uitgawes. Groot groei en wins was kenmerkend, ten spyte van die druk van bek-en klouseer beperkinge.
24 Nov 2022 1AM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

(Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Mieliepryse het effens gestyg, terwyl sojapryse sywaarts beweeg het. Sorghumpryse het gestyg terwyl sonneblompryse weer gedaal het. Pryse kan steeds verhoog in Februarie en Maart volgende jaar
23 Nov 2022 1AM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week stabiel gebly teenoor die Amerikaanse dollar in afwagting van moontlike verhoogde rentekoerse. Stoorlampryse is hierdie week verder onder druk en lampryse het gedaal. Hoenderpryse het verder goeie pryse gehandhaaf hierdie week…
23 Nov 2022 1AM 3 min

Prof. Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat gesels oor die Landbank

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die toekoms van die Landbank. Daar word bespiegel dat die bank hom in die toekoms meer gaan toespits op opkomende boere. Kommersiële banke wil al geruime tyd nie meer vir ‘n langer termyne lenings toelaat nie en…
22 Nov 2022 12AM 3 min

Hans-Jurie Moolman bespreek vandag regsaanspreeklikheid

Hans-Jurie Moolman, bekende regskenner en grondregkundige, behandel regsaanspreeklikheid van werkgewers teenoor werknemers. Hy verduidelik onder andere wanneer ontstaan regsaanspreeklikheid, byvoorbeeld as ‘n werknemer ‘n ongeluk sou veroorsaak met die werkgewer se voertuie. Bevoegtheid, gesondheidstoestand en die bepaalde risiko's wat sekere omstandighede inhou, is belangrike aspekte wat verder uitgelig word.
21 Nov 2022 1AM 3 min

PM berig oor 'n suiwelmaatskappy wat diervrye suiwelprodukte ondersoek

Nestlé, een van die wêreld se grootste suiwelmaatskappye, ondersoek tans die moontlikhede en potensiaal van diervrye suiwelprodukte. In vennootskap met die Kaliforniese maatskappy, Perfect Day, word na ‘n hele paar opsies gekyk. Nestlé het in die persverklaring laat blyk dat hulle baie opgewonde is oor die nuwe verwikkelinge.
21 Nov 2022 1AM 1 min

PM berig oor nuus uit die wildbedryf

PM berig oor smokkelaars van ietermago skubbe, wat onlangs vasgetrek is en voorlopige ondersoeke dui daarop dat hulle deel is van ‘n groot smokkelnetwerk. Die Nigeriese regering het groot deurbrake in hierdie verband gemaak. Daar is ook beslag geneem op onder andere renosterhorings, leeubene en ander onwettige besit van wildprodukte.
18 Nov 2022 1AM 1 min

PM het nuus oor Zimbabwe wat ‘n rekord koringoes verwag

Zimbabwe het ‘n verwagte rekord koringoes wat aan die binnelandse behoefte behoort te voldoen. Dit toon ook ‘n groot verbetering op vorige seisoene . Nuus uit Australië: nuwe dierewelsynstandaarde en vereistes vir pluimvee is onlangs in die land ingestel. Hoenders moet byvoorbeeld ‘n minimum van 6 ure donkerte per dag…
17 Nov 2022 2AM 1 min

Dr. Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Mieliepryse het effens gedaal, sowel as sojapryse. Witmielies se pryse kan steeds onder druk bly terwyl sonneblompryse sywaarts beweeg het. Pryse kan steeds verhoog in Februarie en Maart volgende jaar. Lusern en suikerboonpryse…
16 Nov 2022 4AM 2 min
640 – 660