Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week weer verswak teenoor die Amerikaanse dollar met die rentekoerse wat die grootste faktor is. Eskom speel hier ook ‘n beslissende faktor. Speenkalfpryse het gedaal en slagpryse het gestabiliseer. Melkpryse het stabiel…
Onlangse persoonlikheidstoetse is op 87 koeie gedoen om vas te stel of koeie meer melk produseer as hulle kalmer is. Die navorsing het getoon dat koeie wat skrikkerig vir mense is, minder gerus en herkou het, teenoor koeie wat meer nuuskierig was en langer gewei het. Dit het tot gevolg…
‘n Wêreldwye vraag na beesvleis is onder druk. Die verbruik van vleis oor die wêreld heen is sedert die Covid-19 pandemie onder druk en het verkope daarvan skerp verlaag. Vleisverkope het ‘n laagtepunt bereik as gevolg van die swak ekonomie en ander faktore. Brasilië, VSA en Argentinië is die beste…
‘n Unkieke Suid-Afrikaanse dieregesondheid akademie het onlangs tot stand gekom. Die akademie, wat ‘n eerste vir Suid-Afrika is, sal virtueel van aard wees. Die formeel, geakrediteerde akademie sal praktiese dieregesondheid as opleidingsmodel voorhou asook biosekuriteitskwalifikasies kan toeken.
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers.
Astral Foods Bpk het hul syfers bekendgemaak oor die braaikuikenafdeling se groot verliese as gevolg van faktore soos verdienste per aandeel en na aanleiding van beurtkrag. Tussen R300 miljoen en R400 miljoen se verliese word voorspel. Voorspellings is verder dat verdienste per aandeel tot soveel as 90% kan daal.
Die Nieu-Seelandse regering beplan om boere met landbou kweekhuisgasvrystellings, teen begin van 2025, te belas. Daar word beplan om metaangasvrystellings met ten minste 10% te verminder teen 2030. Ook in Kenia is daar wyd navorsing gedoen om metaangasse te verminder.
Senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, Prof Frikkie Maré, gesels oor voedselsekerheid. Hy verduidelik die konsep en brei verder uit oor die vraag hoekom Suid-Afrika landbouprodukte uitvoer na ander lande toe en hoekom nie eerder die produkte plaaslik en binnelands hou nie, eerder as dat dit prysvlakke verhoog.
Die Chinese varkbedryf het nuwe hoogtes bereik met twee wolkekrabbers wat Hubei-provinsie opgerig is en wat 26 verdiepings elk beslaan. Daar word 25 000 diere per vlak gehuisves en in totaal 650 000 varke wat daar in die “Pig Palace” gehuisves word. Dit is ook in ‘n poging om landbou…
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers.
Plantaardige proteïenbronne vir veevoer word al hoe meer wêreldwyd gebruik en is belangrik vir die veebedryf. Sojabone, veral as dit rou is, is hoog in proteïene en kan met groot vrug aangewend word. Dit kan ook ‘n ideale wisselbou gewas maak en oesreste kan ook goed aangewend word by vee.
Koeigedrag is ‘n studie wat deur navorsers in Suid-Afrika gedoen is en die resultate is baie interessant. Soos byvoorbeeld wanneer koeie gereeld kloustukke afgooi, kan dit ‘n aanduiding wees van iets wat haar irriteer, soos sensitiewe spene of wanneer sy bloot nie gemelk wil word nie. Foutiewe speenvoorbereiding kan ook…
Sybokhaar was die afgelope tyd weer in die nuus en twee van die presteerders, was Johan en Ettienne Terblanche. Hulle kleinbokkiehaarskeersel het verlede jaar as wenners uitgetree as die hoogste pryse van die somerskou. Topgehalte sybokhaarprodukte is beloon en die Terblanche-paar het as waardige wenners uitgetree.
Senior landbou-ekonoom dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week verder verswak teenoor die Amerikaanse dollar met die rentekoerse wat die grootste faktor is. Slagpryse het verder gedaal en daar word voorspel dat dit nog vir ‘n maand of so laag…
Senior landbou-ekonoom, dr. Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmielie se spotpryse het hierdie week gestyg. Sojaboonpryse het ook gestyg, meestal as gevolg van die verswakking van die rand. Sonneblompryse het weer verder gedaal. Koringpryse bly hoog en kry…
Eddie Prinsloo van die plaas Heuningkrans naby Smithfield in die Suid-Vrystaat, is ‘n voormalige SA Boer van die Jaar wat wêreldbekend is as ‘n merinoteler. Prinsloo vertel van die goeie reën die afgelope tyd en volgens hom is die landboutoestande en die goeie wolprys baie gunstig vir die bedryf. Prinsloo…
Hans-Jurie Moolman, ‘n regskenner, praat oor die aanhou van vee op plase. Die kwessie is tans baie omstrede en Moolman verduidelik die regte van grondeienaars en plaaswerkers. Die reg of toelaat van persone om vee aan te hou, is nie ‘n reg op die titelakte van die grond nie. Moolman…
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers.
17 Feb 2023 1AM
5 min
660 – 680
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.