OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,718 Episodes
680 – 700

PM berig oor Astral se resultate vir verlede jaar wat aangekondig is

Astral Foods Bpk het hul syfers bekendgemaak en die wind van voor gekry as gevolg van faktore soos buitengewone kostes na aanleiding van beurtkrag en die ineenstorting van munisipale infrastruktuur. Daar was veral ook ‘n skerp styging in die hoenderbedryf.
17 Feb 2023 1AM 1 min

PM berig oor die Klimmaatslim Ambassadeur-kompetisie vir 2023

Die Klimaatslim Ambassadeur-kompetisie het vir 2023 afgeskop en groot belangstelling bestaan alreeds daarvoor. Die kompetisie sluit op 28 Februarie en finaliste word in Maart aangewys met besoeke wat aan finaliste se plase gebring sal word gedurende April/Mei. Die wenner sal gedurende Augustus vanjaar aangewys word met ‘n boeredag wat ook…
16 Feb 2023 2AM 1 min

dr. Johnny van der Merwe, 'n landbou-ekonoom, gesels oor kommoditeite

Senior landbou-ekonoom, dr. Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies se spotpryse het hierdie week gestyg. Sojaboonpryse het ook gestyg, meestal as gevolg van die prys van die dollar. Sonneblompryse het weer gedaal. Koringpryse kry tans ondersteuning en sorghum se…
15 Feb 2023 7AM 2 min

dr. Johnny van der Merwe, landbou-ekonoom, gesels oor vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week weer verswak teenoor die Amerikaanse dollar met die Eskom-krisis die grootste faktor. Slagpryse is steeds onder druk en het verder gedaal en daar word voorspel dat dit nog vir ‘n ruk…
15 Feb 2023 7AM 3 min

PM gesels met Gawie van Heerden van Victoria-Wes, bekende merino-teler

Gawie van Heerden van Victoria-Wes in die Noord-Kaap, vertel van landboutoestande in die Karoo en hoe lesse geleer is die afgelope paar jaar om aan te pas by omstandighede. Konsortium-Merino se produksieveilings is wêreldbekend en vanjaar is die tema “Die tafel is gedek”. Hy verduidelik hoe op die tema besluit…
13 Feb 2023 1AM 5 min

PM gesels met ‘n leierboer van Bothaville, Johan Hoffman, oor sy merino-telery

Johan Hoffman, ‘n bekende presisie-boer en merino-stoetteler van die Bothaville-distrik, vertel van sy skape wat aangepas is om nie meer gedoseer te word nie. Hy gesels oor die teelwaardes van sy skape en hoe hy die maksimum uit sy boerdery kan haal. Hoffman verduidelik ook die huidige landboutoestande in die…
13 Feb 2023 1AM 2 min

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse progam “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Vandag vertel hy van getalle en nommers in die…
10 Feb 2023 1AM 6 min

PM gesels met ‘n kundige, Marius Ras, oor spuitstowwe en gifstowwe

Marius Ras is ‘n landboukundige wat spesialiseer in Landbou-chemie en hy vertel van statistieke beskikbaar in hierdie tegnologie. Hy verduidelik dat goeie resultate behaal is met deeglike navorsing wat gedoen is in hierdie veld. Hy verduidelik ook dat Suid-Afrika ‘n teelaarde is om tegnologie te ontwikkel tot voordeel van baie…
10 Feb 2023 1AM 5 min

PM gesels oor die gebruik van hommeltuie in boerderypraktyke

Hommeltuie word nogal deesdae algemeen gebruik in Suid-Afrikaanse boerderypraktyke. Pryse wissel van R2 000 vir die goedkoopste tuig, maar kan tot soveel as R500 000 beloop. Kartering-sagteware is ‘n wesenlike deel van hommeltuig-tegnologie. Suid-Afrika het van die strengste wetgewing in die wêreld wat hommeltuie betref. Hommeltuie moet geregistreer word en…
9 Feb 2023 1AM 1 min

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat

Prof. Frikkie Maré, bekende senior landbou-ekonoom, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die sogenaamde “kunsmatige intelligensie”. Hy verduidelik die konsep van Chat GPT en hoekom dit tans so gewild is. Die wetenskaplike formaat is baie handig vir die landbousektor en kan goed benut word. Akademiese instansies kyk…
7 Feb 2023 1AM 4 min

Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende regskundige, gesels oor verblyfreg op plase

Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende regskenner, praat oor verblyf op plase en wat gebeur as ‘n getroude paar op die plaas woon en een word afgedank. Die vraag ontstaan of beide hierdie persone dan uit die huis gesit kan word. Moolman verduidelik die bepalings van die Wet op Sekerheid van Verblyfreg…
6 Feb 2023 1AM 3 min

PM berig oor die brandgevaar van hooibale en advies om dit te beperk

Hooibale wat aan die brand slaan kan groot skade in ‘n boerdery veroorsaak. Vogbestuur is baie belangrik om brande te voorkom. Om brande verder te voorkom kan hooipreserveermiddels gebruik word en bergplekke se ventilasie moet goed wees, asook die aanbring van brand-en waterkrane naby die hooibale.
6 Feb 2023 1AM 1 min

PM berig oor die Veevoer-vervaardigingsvereniging wat ‘n nuwe leier aangewys het

Die Veevoer-vervaardigingsvereniging het onlangs ‘n nuwe voorsitter verkies. Anina Hunter, die nuwe voorsitter, was voorheen vir ses jaar deel van AFMA se raad. Hunter het genoem dat Afma se visie is om ‘n veevoerleier te wees sodat die bedryf kan groei en ontwikkel. Die vier fokusareas van die organisasie vir…
2 Feb 2023 1AM 2 min

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmielies se spotpryse het skerp gedaal. Pariteitspryse is onder groot druk as gevolg van goeie reen in Argentinie. Sonneblompryse het ook gedaal sowel as sojapryse terwyl sonneblompryse verder gedaal het. Koringpryse…
1 Feb 2023 12AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week swakker getoon teenoor die Amerikaanse dollar, waarskynlik as gevolg van die Eskom-krisis. Slagpryse is steeds onder druk en het gedaal, en beurtkrag speel steeds ‘n groot rol. Hoenderpryse het effens gestyg…
1 Feb 2023 12AM 3 min
680 – 700