Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Prof. Frikkie Maré, bekende senior landbou-ekonoom, verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die verhoging in rentekoerse met die doel om waarskynlik inflasie laer te probeer hou. Die gevoel van ekonome is tans dat die rand swakker daaraan toe is as ander geldeenhede in die wêreld. Onderliggende probleme…
Louwrens Conradie is ‘n bekende leierboer en Dohne-Merino teler van Edenburg in die Vrystaat. Hy vertel van die landboutoestande in hulle omgewing, van goeie reën in die afgelope paar weke tot erge hittegolwe die laaste week en meer. Conradie vertel ook van hul opgewondenheid oor hul produksieveiling wat later in…
Die uitdagings in die veebedryf in ‘n vinnig veranderde omgewing was van die belangrikste besprekingspunte by die kongres van die SA Vereniging vir Veekunde. Toekennings is tydens die kongres oorhandig vir die beste wetenskaplike artikel en die beste gepubliseerde navorsing. Dr Michael Bradfield, legende in die landboubedryf wat verlede jaar…
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede-landbouers. Vandag vertel hy van die hitte in die Noord-Kaap…
Farminglife berig oor intensiewe navorsing, wat veral in Ierland gedoen word om bees-tuberkulose te bekamp. Groter samewerking tussen navorsingsinstitute speel ‘n groot rol om ‘n haalbare oplossing te vind omdat daar beraam word dat besmette beeste se kans tot 40% is om binne drie jaar weer besmet te raak.
Die opwaartse neiging van inflasie aan die einde van verlede jaar, was in teenstelling met ekonome en ontleders se verwagtinge dat pryse sou daal. Volgens BusinessTech het die verhoogde rentekoerse in November verlede jaar verder druk geplaas op verbruikers. Veral pryse van biefstuk, stowebeesvleis en maalvleis het gestyg. Die suiwelindeks…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmieliepryse het goeie stygings getoon. Pariteitspryse het egter gedaal as gevolg van goeie reen in Suid-Amerika. Sojapryse het sywaarts gebly terwyl sonneblompryse gedaal. Koringpryse het efefens gestyg en sorghum se pryse…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week heelwat gedaal teenoor die Amerikaanse dollar, waarskynlik as gevolg van die Eskom-krisis. Slagpryse is steeds onder druk maar lampryse het gestabiliseer. Hoenderpryse het sterk gedaal in die week. Varkvleispryse het intussen…
Prof. Frikkie Maré, bekende senior landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor beesvleiskwaliteit in Suid-Afrika en die herrie wat losgebars het oor die sogenaamde “taai” vleis wat in die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf voorkom. Die artikel het gevolg na sekere navorsing wat gedoen is. Maré voel dat produkte wat…
Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende regskenner, praat oor die Werkloosheidsversekeringsfonds en die betekenis daarvan. Hy behandel die Wet, die doel van die Wet en ook die uitsluitings wat in die Wet voorkom, soos byvoorbeeld werkers wat dros, vrywillig bedank of weens wangedrag geskors is. Moolman verduidelik ook dat dit belangrik is…
Kenia gaan gebuk onder ‘n erge droogte. Vier opeenvolgende droogteseisoene veroorsaak honderde diere wat vrek en Kenia se privaat en nasionale parke, wat ‘n groot toeriste aantrekkingskrag het, loop die kwaaiste deur. Volgens Sky News het veral die laaste twee jaar die grootste skade veroorsaak onder mens en dier.
Charl Saunderson is ‘n bekende dorperskaap-stoetteler uit Kenhardt in die Noord-Kaap. Hy is nie net ‘n landbouer en produsent nie, maar tree ook op as berader, predikant en motiveringspreker. Vandag gee hy perspektief oor die uitdagings van beurtkrag. Hoe hanteer ‘n mens die probleem wat soveel landbouers skade berokken? Charl…
Die 2023 Klimaatslim-ambassadeur word weer binnekort aangewys. Inskrywings het aan die begin van die maand geopen en sluit einde Februarie. Plaasbesoeke word in April en Mei by die finaliste gedoen, wat in Maart bekendgemaak sal word. ‘n Spesiale boeredag word weer gedurende Oktober/November op die wenner se plaas gehou. Inskrywings…
KwaZulu-Natal word die teiken van wildstropers, nadat 133 renosters in die provinsie verlede jaar van kant gemaak is. Stropers het hul fokus verskuif van die Kruger Wildtuin af, wat alreeds 59% van hul oorspronklike getal renosters oor jare verloor het. In ander nuus word berig oor vleis van groot handelsmerke,…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Wit- en geelmieliepryse het goeie stygings getoon. Sojapryse het sywaarts gebly terwyl sonneblompryse gestyg het hoewel minder geplant is. Koringpryse het gestyg en sorghum se pryse het wêrleldwyd gedaal.
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Daar is ‘n vermoede dat die wêreldekonomie in ‘n resessie gaan. Daarom het die rand het die afgelope week heelwat gedaal teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse kan vir die onmiddellike toekoms hoog bly. Hoenderpryse het sterk gestyg…
Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die invloed van die afgelope tyd se beurtkrag. Hy verduidelik byvoorbeeld die minder ure wat beskikbaar is vir veral besproeiingsboere in graangebiede. Maré bespiegel oor wat dit vir die toekoms inhou en verwys ook na die…
Die verwagtinge is hoog dat in 2027 melkoutomatisering ‘n groter werklikheid word. Wêreldwye markte vir outomatisering sal in 2027 die 1,5 miljard Amerikaanse dollar merk bereik. Die toenemende aantal mediumgrootte melkplase kan hierdie geleenthede aan verskaffers bied. Outomatisering van melk vergemaklik die gelyktydige melk van groot aantal koeie asook die…
Die nuwe wêreldrekord vir skaapskeer is einde verlede jaar opgestel deur Floyd Neil. Hy het in Wes-Australië nie minder nie as 527 Australiese kruisraslammers binne agt ure geskeer. Hy probeer weer op 25 Februarie vanjaar nog ‘n rekord op te stel as hy 427 van die moeders van die lammers…
Charl Saunderson is ‘n bekende dorperskaap-stoetteler uit Kenhardt in die Noord-Kaap. Hy is nie net ‘n landbouer en produsent nie, maar tree ook op as berader, predikant en motiveringspreker. Vandag verwelkom hy luisteraars terug in 2023 en verduidelik hoe die uitdagings van die nuwejaar bestuur kan word.
13 Jan 2023 6AM
6 min
700 – 720
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.