OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,718 Episodes
720 – 740

PM berig oor ‘n nuwe suiwelprojek

Die suiwelbedryf in Suid-Afrika word bedreig deur goedkoop en minderwaardige ingevoerde melkprodukte soos onder andere poeiermelk. Die Love Local Dairy-veldtog is einde verlede jaar, in reaksie daarop, van stapel gestuur om juis ‘n bewusmaking by verbruikers te laat posvat om plaaslike produkte te ondersteun.
13 Jan 2023 6AM 1 min

PM gesels met ‘n bestuurslid van “Kroonstad Ignite and Revive”

Pieter van Rensburg van Kroonstad, is ‘n bestuurslid van Kroonstad “Ignite and Revive”, wat in hierdie Vrystaatse dorp tot stand gekom het om die plaaslike gemeenskappe te verenig en te laat saamwerk op verskeie terreine. Die aksies wat oor ‘n paar jaar uitgevoer is, het onder andere ook gelei daartoe…
13 Jan 2023 6AM 3 min

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Mieliepryse het effens gedaal, wat wit- en geelmielies insluit. Sojapryse het ook gedaal terwyl sonneblompryse verder gedaal het. Koringpryse het ook plaaslik gedaal en grondbone se pryse het werleldwyd gedaal.
11 Jan 2023 1AM 2 min

Dr Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week stabiliteit gebring teenoor die Amerikaanse dollar. Inflasie in die VSA het gestagneer. Speenkalfpryse kan moontlik klim na die einde van Februarie. Stoorlampryse en lampryse het effens gedaal. Hoendervleispryse is steeds beter…
11 Jan 2023 1AM 5 min

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat

Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die uitdagings vir 2023 vir landbouers. Hy tref ook ‘n paar vergelykings met ander jare, onder andere wat in die wêreld gebeur met dalende voedselpryse en rentekoerse. Insetpryse behoort nie so skerp te styg soos verlede…
10 Jan 2023 5AM 3 min

PM gesels met nog ‘n wenner in die onlangse Junior Landbouskrywers-kompetisie

In die onlangse Junior Landbouskrywers-kompetisie, is Karen Truter as een van die wenners aangewys in die nie-tegniese afdeling. Karen het grootgeword in Sentraal-SA , waar sy in Bloemfontein gebore is en haar skoolloopbaan in Potchefstroom voltooi het. Daarna studeer sy aan die Universiteit Stellenbosch en behaal haar Meestersgraad in Landbou…
19 Dec 2022 12AM 5 min

PM berig verder oor die LITS-stelsel wat onlangs aangekondig is

Die Livestock Identification and Traceability System, oftewel LITS is onlangs aangekondig en vandag word verder berig oor die inligting wat benodig word om vir die stelsel te registreer. Daar word ook volledig berig oor hoe die stelsel gaan werk in die toekoms.
19 Dec 2022 12AM 1 min

PM gesels met die kategoriewenner in ‘n landwye junior landbouskrywer-kompetisie

In ‘n onlangse kompetisie van Farming Portal se kompetisie vir jong landbouskrywers, het ‘n paneel beoordelaars vir Rachel du Preez, ‘n agronoom van NWK in Lichtenburg aangewys as die wenner in die tegniese artikel-gedeelte. Die doel van die kompetisie is juis om akkurate en positiewe inligting oor te dra. Du…
15 Dec 2022 2AM 4 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Mieliepryse het weer effens gedaal hierdie week, terwyl sojapryse opwaarts beweeg het. Die vraag na sojameel het skerp gestyg. Koringpryse het effens gedaal. Sorghumpryse het weer hierdie week effens gedaal. Katoenpryse en lusernpryse…
14 Dec 2022 1AM 1 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het die afgelope week weer gedaal teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalfpryse het sywaarts gebly. Stoorlampryse is hierdie week onveranderd en slagpryse styg skerp. Varkvleispryse het steeds rekordpryse gehaal hierdie week. Bokpryse bly steeds onder druk.
14 Dec 2022 1AM 2 min

Prof. Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Die ekonomiese groeisyfers van die derde kwartaal is pas bekendgemaak en die belangrikheid van die landbousektor word duidelik uitgelig. Maré meen dit is baie goeie nuus vir die sektor. Die landbousektor is wel een van die kleinste sektore in die land maar is verantwoordelik vir 5,5% van die land se…
14 Dec 2022 1AM 2 min

PM berig oor Wagyu SA

Wagyu SA het onlangs tydens hulle jaarlikse konferensie, hul nuwe ekonomiese indekse bekendgestel. Die organisasie poog ook om daardeur vinniger ekonomiese vordering te maak vir die bedryf. Volgens die rasgenootskap, kan dit gebruik word om die ras se ekonomiese winsdrywers so goed as moontlik na te jaag en beter daarvoor…
12 Dec 2022 2AM 2 min
720 – 740