100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,790 Episodes
120 – 140

Vier verdagtes vasgetrek weens koperdiefstal by kragstasie

Vier verdagtes wat Maandag aangekeer is weens die diefstal van koperkabels by Tutuka-kragstasie naby Standerton bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning Maandag. Volgens die Valke in Mpumalanga se woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, het ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kinross-weegbrug ‘n Toyota Hilux vol kabels teëgekom het. Die bakkie het weggejaag…
3 Oct 2024 5AM 1 min

Politikus in Schoemansdal geskiet en gewond

Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n skietvoorval gisteraand in Schoemansdal waartydens ‘n man, wat hulle slegs as ‘n bekende politikus in die Nkomazi-area geïdentifiseer het, verskeie kere geskiet is. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê die man het saam met ‘n ander tuis arriveer. Hy het voor die ingangshek gestop…
2 Oct 2024 7AM 1 min

Mpumalanga Premier doen beroep vir sterker maatreëls om MIV te bestry

Die Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê ‘n sterker venootskap is nodig tussen die regering, die burgerlike samelewing en agentskappe om die voorkoms van MIV te bestry. ‘n Onlangse opname deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het getoon dat die provinsie die hoogste voorskom van MIV het in Suid-Afrika met…
2 Oct 2024 4AM 1 min

Twee vandag in hof wat glo munisipale woordvoerder in Mpumalanga ontvoer en vermoor

Twee verdagtes verskyn vandag in die Emalahleni-hof weens die ontvoering en moord op die 64-jarige Kommunikasie-bestuurder van Nkangala-distrikmunisipaliteit, David Masombuka, Sondag. Volgens die polisie in Mpumalanga was hy van Kwamhlanga na Witbank onderweg, maar hy het nooit by sy bestemming aangekom nie. Sy voertuig is naby 'n vulstasie in Witbank…
2 Oct 2024 4AM 1 min

DA versoek hulp van regering na tornado Machadodorp tref

Die DA in Emakhazeni-munisipaliteit doen 'n beroep op die Mpumalanga-regering om in te tree en gemeenskappe wat deur 'n tornado getref is, by te staan. Amanda Botha, ‘n DA-raadslid in Emakhazeni, sê swaar reën en wind het Waterval-Boven, Waterval-Onder en Machadodorp die naweek getref en 'n spoor van verwoesting gesaai…
1 Oct 2024 9AM 1 min

DA vra dat Ramaphosa dringend behoud van landbougrond wet maak

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op President Cyril Ramaphosa om dringend die Wetsontwerp op die Behoud en Ontwikkeling van Landbougrond te onderteken. Volgens DA-lid van die provinsiale wetgewer, Tersia Marshall, hang die toekoms van die bedryf en voedselsekerheid in Mpumalanga in die weegskaal, weens grootskaalse gronderosie, besoedeling deur…
1 Oct 2024 9AM 1 min

Vyf verdagtes vasgetrek na moord op munisipale amptenaar in Mpumalanga

Vyf mans verskyn na verwagting vandag in die Emalahleni-hof weens die ontvoering en moord op die 64-jarige Kommunikasie-bestuurder van Nkangala-distrikmunisipaliteit. Volgens die polisie in Mpumalanga was David Masombuka Sondag van Kwamhlanga na Witbank onderweg vir 'n vergadering, maar het nooit by sy bestemming aangekom nie. Sy voertuig is naby 'n…
1 Oct 2024 4AM 1 min

Rassie het plan met Libbok teen Argentyne

Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het nege veranderinge en een posisie-verskuiwing gemaak vir hul deurslaggewende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië by Mbombela-stadion Saterdag. Siya Kolisi is opnuut die span se kaptein. Hy is een van ses dubbele Wêreldbeker-wenners wat herroep is. Manie Libbok en Jaden Hendrikse is vir die eerste keer saam as…
25 Sep 2024 4AM 1 min

Bokke moet verbeter voor Kampioenskap-eindstryd teen Argentinië

Die Springbokke se skrumdokter, Daan Human, sê hulle het baie werk om te doen voor Saterdag se beslissende Rugbykampioenskap-wedstryd teen Argentinië in Mbombela. Die Poemas het Suid-Afrika die naweek in Santiago del Estero met 29-28 geklop om hul hoop op ʼn heel eerste Rugbykampioenskapstitel, lewend te hou. Die Rugbykampioenskap is…
23 Sep 2024 8AM 1 min

Liggame van vermiste mans in Louw's Creek ontdek

Die liggame van twee mans is Vrydag in 'n bergagtige area van Louw's Creek buite Mbombela herwin. Die mans, van onderskeidelik 42 en 56 jaar oud, is Dinsdag as vermis aangemeld. Hulle is Donderdag deur beamptes in 'n polisiehelikopter opgemerk, maar die SAPD kon slegs die volgende dag hul liggame…
23 Sep 2024 5AM 1 min

Waarskuwing oor groot koue die naweek

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen beduidende dalings in temperature die naweek - ook in die Laeveld van Mpumalanga. Samke Thwala, 'n voorspeller by die SAWD, sê na 'n hittegolf is 'n kouefront op pad. In die suidelike en oostelike dele van die land word selfs sneeu verwag. Die beduidende koue…
19 Sep 2024 8AM 1 min

DA sidder oor onvoltooide infrastruktuurprojekte

Die DA doen ‘n beroep op die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer om die skuld en verantwoordelikheid te neem vir al die onvolledige en vertraagde infrastruktuurprojekte regoor die provinsie. Tydens 'n ministeriële inligtingsessie aan lede van die Nasionale Raad van Provinsies is dit onthul dat daar tans…
19 Sep 2024 8AM 1 min

Polisie soek na twee vermiste mans in Low's Creek

Die polisie in Mpumalanga is besig met 'n soek-en-red-operasie in Low's Creek buite Mbombela, na twee mans van Pienaar eergister as vermis aangemeld is. Volgens die polisie vermoed hulle die mans is op 'n uitstappie die berge in, en hulle is nie weer gesien nie. 'n Polisiehelikopter sal vandag in…
19 Sep 2024 5AM 1 min

Care for Wild verwelkom eerste swartrenosterkalfie

Die eerste swartrenosterkalfie met ouers wat self wees gelaat is deur stroping, is 'n week gelede by Care for Wild in die Laeveld gebore. Dit is die 19de kalfie wat hier gebore word, maar die ander was almal witrenosters. Die Care for Wild-stigter, Petronel Nieuwoudt, sê dit is belangrik vir…
18 Sep 2024 5AM 1 min

Hoë brandgevaar geld in Laeveld die naweek

Die Laeveld-brandbeskermingsvereniging waarsku inwoners en grondeienaars teen die maak van vure die naweek. André Scheepers van Lefpa sê die brandgevaarindeks sal baie hoog bly tot volgende week wanneer toestande behoort te verbeter. Rapporteer intussen alle brande aan Lefpa by 086-066-3473.
13 Sep 2024 7AM 1 min

Verdagte aangekeer vir aanval op Hollandse toeriste buite Barberton

‘n Verdagte sal Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof na ‘n aanval Dinsdagoggend op twee Hollandse toeriste. Volgens die Valke het die paartjie op die R35 tussen Barberton en Badplaas gery toe drie aanvallers op hul huurmotor geskiet het. Die man is…
13 Sep 2024 7AM 1 min

Verdagte aangekeer vir aanval op Hollandse toeriste buite Barberton

‘n Verdagte sal Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof na ‘n aanval Dinsdagoggend op twee Hollandse toeriste. Volgens die Valke het die paartjie op die R35 tussen Barberton en Badplaas gery toe drie aanvallers op hul huurmotor geskiet het. Die man is…
13 Sep 2024 5AM 1 min

Nege leeus ontsnap wéér uit Krugerwildtuin

Die nege leeus wat gisteroggend by Ngwenya Lodge opgemerk is, en gisteraand terug na die Krugerwildtuin verskuif is, het vanoggend weer teruggekeer na die Lodge. Ike Phaahla, die woordvoerder van die wildtuin, sê hulle is jong leeus, en waarskynlik onder druk van ander, wat hulle genoop het om elders ‘n…
12 Sep 2024 8AM 1 min

Ondersoeke na 60-jarige sterf wat glo deur polisie aangerand is

‘n Interne ondersoek is geloods na ‘n 60-jarige man Maandag in die hospitaal in dood is, na hy na bewering Saterdagaand in Piet Retief deur polisiebeamptes aangerand is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het twee polisielede glo op ‘n klagte van huishoudelike geweld gereageer ten tyde van…
11 Sep 2024 7AM 1 min
120 – 140