100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,790 Episodes
140 – 160

Polisieman in hof wat glo vrou doodskiet

‘n 39-jarige polisiesersant verskyn vandag in die Emalahleni-landdroshof op ‘n klag dat hy sy vrou vroeg Sondagoggend in Witbank doodgeskiet het. Elsie Mothali was 37-jaar oud. Sy is na bewering verskeie kere geskiet terwyl sy bestuur het. Dit het ‘n botsing veroorsaak. Die man het homself aan die polisie oorhandig…
3 Sep 2024 7AM 1 min

Nuwe skool vir Phumlani-leerlinge Donderdag oorhandig

Die Mpumalanga Onderwysdepartement oorhandig Donderdag amptelik die nuut-geboude Phumlani Sekondêre Skool aan leerlinge in die Bohlabela-distrik. Volgens die departement het hulle tot nou gebruik gemaak van mobiele klaskamers. Die nuwe geboue sal ook die kwessie van oorbevolking in klaskamers aanspreek. Die LUR, Cathy Dlamini, sal vergesel word deur amptenare van…
3 Sep 2024 5AM 1 min

DA eis aksie oor toenemende verkragting

Die DA in Mpumalanga is bekommerd oor die steeds toenemende gevalle van verkragting in die provinsie. Teboho Sekaledi van die DA sê Kabokweni, Pienaar en Piet Retief tel onder die 30 polisiestasies in die land waar die meeste verkragtingsake tussen April en Junie aangemeld is – volgens die jongste misdaadstatistieke…
2 Sep 2024 8AM 1 min

Pastoor gevonnis wat tiener meisie verkrag

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnis verwelkom van ‘n 42-jarige pastoor wat ‘n 14-jarige in 2020 in Kabokweni verkrag het. Dumisani Khumalo is Vrydag tot lewenslank gevonnis deur die Hof vir Seksuele Oortredings in Nelspruit. Volgens die woordvoerder vir die NVG in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het Khumalo twee meisies ‘n…
2 Sep 2024 8AM 1 min

Ondersoek na toeris hom doodval by Bourke's Luck

Die polisie het ‘n ondersoek geopen na ‘n manlike toeris Saterdagmiddag by Bourke’s Luck Potholes na sy dood geval het. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle is om ongeveer half 4 na die toneel ontbied. Die toeriste-aanloklikheid is vir ure gesluit om die liggaam uit te haal…
2 Sep 2024 7AM 1 min

Antwoorde geëis na Huntington Lodge in Sabie afbrand

Die DA eis antwoorde van Thaba Chweu-munisipaliteit oor hoekom daar geen reaksie van brandbestryders en plaaslike rampbestuurhoofde was toe 'n 100 jaar oue historiese gebou Dinsdagaand in Sabie afgebrand het nie. Volgens Sonja Boshoff van die DA is Huntington Lodge ‘n geskiedkundige gebou, maar kon die gemeenskap se pogings om…
30 Aug 2024 8AM 1 min

Verkragter tot lewenslank gevonnis in Witbank

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die lewenslange vonnis verwelkom wat die eMalahleni-streekhof 'n 49-jarige man opgelê het vir die verkragting van 'n 14-jarige meisie. Sy is in November 2014 deur 'n onbekende persoon aangeval terwyl sy na haar tante se huis in Klarinet gestap het. Die polisie-ondersoek het gelei tot die…
29 Aug 2024 5AM 1 min

DA vra dat Openbare Werke staking deur skoliere-vervoer-operateurs verhoed

Die DA het aan die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer geskryf en hulle versoek om Skolevervoer-operateurs te betaal voordat hulle begin staak en leerders gestrand laat. Sommige vervoeroperateurs in die Gert Sibande-distrik dreig ook met regstappe omdat hulle nie betaal word vir dienste wat tussen Februarie en…
29 Aug 2024 5AM 1 min

DA besorgd oor stygende misdaad in Mpumalanga

Die DA sê Mpumalanga het die hoogste persentasie van mense wat onveilig voel. Dit is volgens Statistieke Suid-Afrika se Slagoffers van Misdaad-verslag wat gister bekendgemaak is. Teboho Sekaledi, ‘n lid van die provinsiale wetgewer, sê het 74,7% van inwoners in Mpumalanga aangedui hulle voel onveilig om snags in hul eie…
28 Aug 2024 7AM 1 min

Ondersoek na ontdekking van vrou se liggaam in Kwaggafontein

Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die gru-moord op ‘n ongeïdentifiseerde vrou ten sterkste veroordeel. Haar ligaam is gister naby die R573 buite Kwaggafontein ontdek. Volgens die polisie is van haar liggaamsdele verwyder. Die omstandighede rondom haar moord word ondersoek. Niemand is nog aangekeer nie. Enigiemand met…
28 Aug 2024 4AM 1 min

Vrou in Nelspruit gevonnis weens nagemaakte goedere

‘n Mosambiekse vrou is gister deur die Nelspruit-streekshof tot 12 maande tronkstraf gevonnis vir oortreding van die Doeane- en Aksynswet. Emmelda Simiao Manhica is in Januarie 2017 saam met ‘n ander vrou by die Viva-vulstasie in Schoemanskloof betrap met vervalste goedere ter waarde van ‘n geraamde 170-duisend-Rand. Haar medepligtige, Luisa…
28 Aug 2024 4AM 1 min

Brandslagoffer sterf in Mpumalanga hospitaal

Die man wat verlede Dinsdag glo sy 23-jarige vriendin aan die brand gesteek het, het gister weer in die Carolina-landdroshof verskyn. Volgens die polisie in Mpumalanga het Innocent Sthembiso Maseko 'n vlambare vloeistof oor haar gegooi en dit aan die brand gesteek. Die slagoffer is deur bure gered. Sy is…
27 Aug 2024 3AM 1 min

Ondersoek na mortier-ontploffing lewe eis in Mpumalanga

Die polisie in Mpumalanga ondersoek die oorsaak van ‘n ontploffing wat gister ‘n 40-jarige man se lewe geëis en ‘n ander ernstig beseer het. Die polisie vermoed hulle het probeer om koper uit ‘n mortier te haal toe dit ontplof het. Die voorval het plaasgevind by wat vermoed word ‘n…
26 Aug 2024 5AM 1 min

DA pleit dat MEGA Tekwane Sitrus nie sluit nie

Die DA het die Portfoliokomitee vir Ekonomiese Ontwikkeling in Mpumalanga gevra om MEGA te verhoed om plaaswerkers by die Tekwane Sitrusplaas af te lê. Volgens Trude Grové-Morgan van die DA sal dit werkloosheid onder die jeug, wat reeds ‘n kommerwekkende 46.4% is, vererger. Die plaas word deur die Mpumalanga Agentskap…
22 Aug 2024 5AM 1 min

Man wat vriendin aan die brand steek verskyn vandag in Carolina-hof

'n Man verskyn vandag in die Carolina-hof op 'n aanklag van poging tot moord na hy glo sy 22-jarige vriendin aan die brand gesteek het. Volgens die polisie in Mpumalanga het die voorval vroeg Dinsdagoggend plaasgevind. Die man het 'n vlambare vloeistof oor haar gegooi en aan die brand gesteek…
22 Aug 2024 5AM 1 min

Onderwyser geskors wat leerling se hare sny

Die Mpumalanga Departement van Onderwys het ‘n voorval ten sterkste veroordeel waartydens ‘n onderwyser van LD Moetanalo Hoërskool in Mhluzi in Steve Tshwete-munisipaliteit ‘n leerling se vlegsels in die klas afsny. Die video is op sosiale media versprei. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die onderwys is voorlopig…
22 Aug 2024 5AM 1 min

Munisipale amptenare skuldig bevind aan bedrog

Die Hof vir gespesialiseerde kommersiële misdade in Middelburg het ‘n voormalige projekbestuurder en voormalige administratiewe klerk van Dr Pixley Ka Seme-munisipaliteit skulldig bevind aan bedrog en geldwassery. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag is Luthando Mpangeva en Mxolisi Evidence Hadebe saam met ‘n sakeman aangekla wat skuldig gepleit het. Hulle het in…
22 Aug 2024 5AM 1 min

DA maak alarm oor mediese eise in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga wil hê die LUR vir Gesondheid, Sasekani Manzini, moet sorg dat dissiplinêre stappe gedoen word teen gesondheidswerkers wat die departement aanhoudend blootstel aan mediese nalatigheid-eise. Die party se woordvoerder vir gesondheid in die provinsie, Bosman Grobler, sê hierdie eise het opgehoop tot 9-miljard-Rand. Volgens Grobler groei…
20 Aug 2024 7AM 1 min
140 – 160