Die DA sê Mpumalanga het die hoogste persentasie van mense wat onveilig voel. Dit is volgens Statistieke Suid-Afrika se Slagoffers van Misdaad-verslag wat gister bekendgemaak is. Teboho Sekaledi, ‘n lid van die provinsiale wetgewer, sê het 74,7% van inwoners in Mpumalanga aangedui hulle voel onveilig om snags in hul eie…
Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, generaal-majoor Zeph Mkhwanazi, het die gru-moord op ‘n ongeïdentifiseerde vrou ten sterkste veroordeel. Haar ligaam is gister naby die R573 buite Kwaggafontein ontdek. Volgens die polisie is van haar liggaamsdele verwyder. Die omstandighede rondom haar moord word ondersoek. Niemand is nog aangekeer nie. Enigiemand met…
‘n Mosambiekse vrou is gister deur die Nelspruit-streekshof tot 12 maande tronkstraf gevonnis vir oortreding van die Doeane- en Aksynswet. Emmelda Simiao Manhica is in Januarie 2017 saam met ‘n ander vrou by die Viva-vulstasie in Schoemanskloof betrap met vervalste goedere ter waarde van ‘n geraamde 170-duisend-Rand. Haar medepligtige, Luisa…
Die man wat verlede Dinsdag glo sy 23-jarige vriendin aan die brand gesteek het, het gister weer in die Carolina-landdroshof verskyn. Volgens die polisie in Mpumalanga het Innocent Sthembiso Maseko 'n vlambare vloeistof oor haar gegooi en dit aan die brand gesteek. Die slagoffer is deur bure gered. Sy is…
We Care 4 Nelspruit het 'n veldtog geloods teen onwettige agterstraat aborsies. TJ Maré die beginpunt is om die plakkate wat dit oral adverteer, te verwyder. Hy vra die publiek en ander inwoners se ondersteuning om ook die onwettige plakkate te verwyder waar hulle dit teëkom.
Die polisie in Mpumalanga ondersoek die oorsaak van ‘n ontploffing wat gister ‘n 40-jarige man se lewe geëis en ‘n ander ernstig beseer het. Die polisie vermoed hulle het probeer om koper uit ‘n mortier te haal toe dit ontplof het. Die voorval het plaasgevind by wat vermoed word ‘n…
Die DA het die Portfoliokomitee vir Ekonomiese Ontwikkeling in Mpumalanga gevra om MEGA te verhoed om plaaswerkers by die Tekwane Sitrusplaas af te lê. Volgens Trude Grové-Morgan van die DA sal dit werkloosheid onder die jeug, wat reeds ‘n kommerwekkende 46.4% is, vererger. Die plaas word deur die Mpumalanga Agentskap…
'n Man verskyn vandag in die Carolina-hof op 'n aanklag van poging tot moord na hy glo sy 22-jarige vriendin aan die brand gesteek het. Volgens die polisie in Mpumalanga het die voorval vroeg Dinsdagoggend plaasgevind. Die man het 'n vlambare vloeistof oor haar gegooi en aan die brand gesteek…
Die Mpumalanga Departement van Onderwys het ‘n voorval ten sterkste veroordeel waartydens ‘n onderwyser van LD Moetanalo Hoërskool in Mhluzi in Steve Tshwete-munisipaliteit ‘n leerling se vlegsels in die klas afsny. Die video is op sosiale media versprei. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die onderwys is voorlopig…
Die Hof vir gespesialiseerde kommersiële misdade in Middelburg het ‘n voormalige projekbestuurder en voormalige administratiewe klerk van Dr Pixley Ka Seme-munisipaliteit skulldig bevind aan bedrog en geldwassery. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag is Luthando Mpangeva en Mxolisi Evidence Hadebe saam met ‘n sakeman aangekla wat skuldig gepleit het. Hulle het in…
Twee susters en hul broer het gister in die Balfour-hof verskyn op 'n aanklag van moord. Volgens die Mpumalanga polisie het Pat Molefe, Nnana Molefe en Mamotseki Molefe hul 71-jarige pa Saterdag doodgeskiet. 'n Derde suster is aanvanklik aangekeer, maar sy is nie aangekla nie. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli,…
Die DA in Mpumalanga wil hê die LUR vir Gesondheid, Sasekani Manzini, moet sorg dat dissiplinêre stappe gedoen word teen gesondheidswerkers wat die departement aanhoudend blootstel aan mediese nalatigheid-eise. Die party se woordvoerder vir gesondheid in die provinsie, Bosman Grobler, sê hierdie eise het opgehoop tot 9-miljard-Rand. Volgens Grobler groei…
Die polisie in Mpumalanga het 'n vrou gearresteer op 'n aanklag van moord, weens vermoedens dat sy haar agt-maande-oue baba vergiftig het. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het 'n plaaslike begrafnisondernemer die polisie gekontak, en ondersoek hulle die oorsaak van die kind se dood. Die 33-jarige vrou sal na…
Drie susters en hul broer verskyn vandag in die hof in Balfour vir die beweerde moord op hul pa. Volgens die polisie in Mpumalanga is hulle tussen 36 en 45 jaar oud. Hul 71-jarige pa is Saterdag leweloos op sy rusbank ontdek. Hy is verskeie kere geskiet. Hy het vroeer…
Die matriekklas van 2024 het vandag met hul rekordeksamen begin. Die LUR vir Onderwys in Mpumalanga, Cathy Dlamini, het leerlinge alle sterkte toegewens en die kandidate aangemoedig om die geleetheid as voorbereiding te gebruik vir die eindeksamen later vanjaar. Sy vra ook dat onderwysers en ouers die leerlinge ondersteun. ‘n…
Die DA het die stadsbestuurder van Steve Tshwete-munisipaliteit, Mandla Mguni, gevra om dringend die beweerde diefstal van water in Rietkuil te ondersoek. Stefan Smith, ‘n DA-raadslid, voer aan dat tenkwaens al vir ses maande water onttrek en na ‘n naburige myn vervoer. Hy sê die plaaslike owerheid het bevestig niemand…
Die span bo-aan die Curriebeker-punteleer, die Bulle, reis Vrydag na die Laeveld om die Airlink Pumas die stryd aan te sê. Die Bulle is onoorwonne in die kompetisie en het laas in 2021 by Mbombela-stadion verloor. Die Pumas lê tans vierde op die punteleer, na twee nederlae teen die Leeus,…
Die aanklagte teen 95 Libiese mans wat verlede maand by 'n onwettige militêre opleidingskamp in Masoyi aangekeer is, is vanoggend in die Witrivier-landdroshof teruggetrek. Hulle is aanvanklik aangekla vir oortreding van die Wet op Immigrasie. Die mans het glo in April die land binnegekom met visums wat in Tunisië bekom…
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die provinsiale regering om drastiese stappe te neem om die hoë werkloosheidskoers onder die jeug in die provinsie aan te spreek. Volgens Trudie Grové-Morgan is die 46,4-persent een van die hoogste in die land. Sy sê samewerking tussen die private sektor en…
14 Aug 2024 8AM
1 min
160 – 180
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.