100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,799 Episodes
1780 – 1799

Mpumalanga departementshoof op spesiale verlof geplaas

Die Departementshoof vir menslike nedersettings, Kebone Masange, is deur die premier op spesiale verlof geplaas. Dit volg op sy arrestasie verlede week. Masange het Donderdag in Pretoria verskyn op aanklagte van bedrog ingevolge die immigrasiewet. Volgens die Valke is hy na bewering sedert 1995 onwettig in die land. Hy kom…
8 Sep 2020 9AM 1 min

VF+ verkla Mbombela oor rou riool in Hazyview

Die VF+ het Mbombela-munisipaliteit by die menseregtekommissie gaan verkla oor rou riool wat glo in die Sabierivier inloop. Dit sypel na bewering van die Hazyview-rioolplaas in by Langspruit, ‘n sytak van die rivier waaruit die dorp sy drinkwater kry. Volgens die party se Ken Robertson, het die dam by die…
8 Sep 2020 8AM 1 min

Vriendelike Fanie groet NHS

Hoërskool Nelspruit se algemene assistent, Fanie Themba, het na 36 jaar by die skool afgetree. Pligsgetrou en altyd vriendelik het hy hard gewerk aan verbeteringe op die skoolterrein sedert 1984. Skoolhoof Johan Hattingh sê hy het baie groot waardering vir Fanie se karakter en dat hy te alle tye die…
8 Sep 2020 6AM 1 min

Bergvlam se Jerusalema Challenge al meer as miljoen keer gekyk

Hoërskool Bergvlam se Jerusalema Challenge het die miljoen-kerf op Youtube verbygesteek. Die video is sowat ‘n maand gelede opgelaai. In dit dans die skoolhoof, Deon Visser, en die adjunkhoofde saam met die graad twaalfs. Die kinders se passies is selfs deur Breyton Paulse op die program, “Toks en Tjops” as…
7 Sep 2020 7AM 1 min

Vermeende bedrieërs uit op borgtog in Komatipoort

Twee mense wat elk meer as 500 klagte verwant aan bedrog in die gesig staar, is Woensdag borgtog van R10 000 in die Komatipoort-landdroshof toegestaan. Hugo Christiaan le Roux (41) en Rochelle Edith du Plessis Bekker (35) word hulle van bedrog, diefstal en geldwassery aangekla. Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi,…
3 Sep 2020 6AM 1 min

Move One Million Nelspruit gereed vir aksie

Die Move One Million-groep beplan Saterdag vreedsame betogings regoor die land en internasionaal. In Mbombela word ‘n rit vanaf Halls om 09:00 beplan, asook ‘n staande protes langs Madibarylaan in Riverside vanaf 10:00. Plaaslike organiseerder, Danielle Hayman, sê Move One Million is nie polities nie: Dit poog bloot om Suid-Afrikaners…
2 Sep 2020 9AM 1 min

Gees van Ubuntu seëvier in die wildtuin

Ubuntu het hom die afgelope week in die Krugerwildtuin afgespeel. Muhammed Vawda se bejaarde ouers was naby Satara-kamp in ‘n motorongeluk. Die kar het meganiese probleme ondervind. Hulle het beheer verloor en is ‘n ent van die pad af, die bosse in. Hy sê hulle is oorval deur hulp -…
1 Sep 2020 8AM 1 min

Phakisa Pumas hervat kontakoefeninge

Die spanne wat aan vanjaar se Curriebeker deelneem, mag van hierdie week af met kontakoefeninge begin. Tot op hede is spelers slegs toegelaat om in groepe te oefen. Die plaaslike Phakisa Pumas is opgewonde oor die vooruitsig. Afrigter Jimmy Stonehouse sê hulle sal Donderdag met kontakoefening begin, nadat al die…
1 Sep 2020 2AM 1 min

Restaurantvereniging waarsku regulasies kan weer verskerp

Besoekers aan restaurante en kroeë hou glo nie genoegsaam by inperkingsregulasies nie. Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika het vanmiddag gewaarsku dat plasings op sosiale media van mense wat die reëls verbreek, onder die minister van toerisme se aandag gekom het. Volgens die vereniging se voorsitter, Wendy Alberts, word dit oorweeg om…
31 Aug 2020 10AM 1 min

Hoërskool Nelspruit se nuwe hoofleiers word aangewys

Hoërskool Nelspruit (NHS) se leiers het die spreekwoordelike aflosstokkie aan die nuwe verteenwoordigende leerderraad oorgegee. Naomi van der Nest en Ruben Gründlingh is aangewys as die skool se hoofleiers vir 2021. Die Covid-19-pandemie het hierdie skooljaar erg omvergewerp. Vanjaar se hoofleiers, Milda van Dyk en Handré Homann, sê egter hulle…
31 Aug 2020 9AM 1 min

Plaaslike welsyn raak kreatief vir fondse

Welsynorganisasies moet weens inperking kreatief raak om fondse in te samel - aangesien hul gewone bedrywighede steeds beperk bly. Met Nelspruit Hospice se “Reflections”-projek kan jy boonop uiting gee aan jou kreatiwiteit deur ‘n spieëlraam te koop en te versier. Dit sal later aanlyn opgeveil word. Dit is tot 16…
27 Aug 2020 9AM 1 min

Covid-19-herstelkoers in Mpumalanga by 90%

Mpumalanga het teen 25 Augustus ‘n herstelkoers van 91,5% persent vir Covid-19-gevalle aangeteken. Die jongste beskikbare syfers vir die provinsie toon dat 23 331 mense positief getoets het. Van hulle het 21 370 herstel. In totaal is 312 sterftes aangeteken. Woordvoerder vir Mpumalanga se gesondheidsdepartement, Dumisani Malamule, skryf die hoë…
27 Aug 2020 5AM 1 min

Twee mans nog gesoek na Heidelvallei skietery

Twee verdagtes moet Vrydag in die hof verskyn, in verband met ‘n skietery by Heidelvallei vanoggend. Skote is afgevuur tussen ‘n gemeenskapslid, sekerheidsmaatskappy en vier verdagtes wat met ‘n inbraak in die area verbind word. Volgens brigadier Leonard Hlathi is ‘n verdagte wat geskiet is, onder polisiebewaking in die hospitaal…
26 Aug 2020 11AM 1 min

Verdagte vas na skietery in Heidelvallei

Twee skietvoorvalle het vanoggend in die Heidelvallei afgespeel. ‘n Boer is rondom half tien op sy plaas aangeval. Terwyl die ses verdagtes te voet gevlug het, het hulle in ‘n skietgeveg betrokke geraak met ‘n verbyganger en Hi-Tech Sekuriteit op die R37. Volgens Jean de Beer van Hi-Tech is een…
26 Aug 2020 6AM 1 min

Beurtwater keer terug na Barberton

Inwoners van Barberton is geen vreemdelinge vir beurtwater nie. Voortslepende droogte bedreig reeds jare die dorp se watervoorsiening. Die rantsoenering van water is wel tydens inperking opgehef, maar sedert die begin van die maand weer ingestel. Die skedule waarvolgens water daagliks tussen agt-uur en twee-uur in verskillende strate afgesit word,…
25 Aug 2020 9AM 2 min

Alkoholverbod maak toe nie groot impak op paaie nie

Daar was aansienlik minder ongelukke op die N4-tolpad tydens inperking. Volgens kommunikasiebestuurder van Trac N4, Solange Soares, toon hul syfers dat die afname ooreenstem met die minder verkeer op die pad. Die regering se tydelike verbod op die verkoop van alkohol wat verlede week weer opgehef is, het wyd kritiek…
24 Aug 2020 9AM 1 min

Natuurliefhebbers oorlaai SANParke se webtuiste

Entoesiastiese natuurliefhebbers het Saterdagaand SANParke se webtuiste met hul groot hoeveelheid navrae oorlaai. Volgens Rey Thakuli, woordvoerder van SANParke, het die verkeer op hul webwerf na president Cyril Ramaphosa se toespraak skielik met 120% vermeerder. Ramaphosa het aangekondig dat interprovinsiale reis vanaf Dinsdag weer wettig sal wees. Thakuli sê hulle…
17 Aug 2020 9AM 1 min

Plaaslike sakekamer voorspel ekonomie sal herstel – op die langtermyn

Plaaslike toeriste-operateurs is van die veerkragtigste wat sy ken. Daarom voorspel Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer dat die plaaslike ekonomie weer sal herstel. Dit is egter op die lange duur, en sal nie binne enkele maande gebeur nie. Amper alle sektore mag vanaf middernag heropen, ingevolge vlak twee regulasies. Daar…
17 Aug 2020 8AM 1 min

Reisigers opgewonde om weer die langpad aan te durf

Marthinus de Bruin van CityBug is ook verheug dat mense weer tussen provinsies mag reis. Inperking het hulle erg negatief geraak, omdat mense gesukkel het om permitte te bekom om te reis. Dit is nou nie meer nodig nie, en hulle sien reeds ‘n toeloop van besprekings deur mense wat…
17 Aug 2020 5AM 1 min
1780 – 1799