Die Mpumalanga Premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vandag die spesiale stemmery in Hendrina gemonitor. Dit volg na die Verkiesingskommissie ‘n saak van intimidasie teen agente van twee politieke partye geopen het. Die premier is vergesel deur die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, om die voorval te ondersoek. Mtshweni-Tsipane sê enige individu…
Die waarnemende LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Busisiwe Shiba, bevestig dat alle rolspelers in die sekuriteitsektor op ‘n hoë gereedheid-grondslag geplaas is vir môre se stemdag. Sy sê brandpunte is geïdentifiseer en almal se reg om vrylik te stem moet gerespekteer word. John Meintjies van die Laeveld Gesamentlike Operasionele Bevel…
Die Airlink Pumas takel die Suzuki Griekwas môre in die eindstryd van die SA Beker. Die Griekwas is onoorwonne in dié nuwe kompetisie, en is die enigste span wat die ewe indrukwekkende Pumas tydens die rondomtalie-fase kon wen. Die pienktruie het egter drie van hul laaste vyf kragmetings teen die…
Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het vandag verskeie nuwe voertuie aan tradisionele leiers oorhandig by Mbombela-stadion. Sy sê dit het ten doel om hul taak te vergemaklik wanneer hulle hul take in uitgebreide areas aan wydverspreide gemeenskappe uitvoer. Mtshweni-Tsipane sê dit is egter kommerwekkend om te hoor dat sekere…
Die DA sê dit het die norm geword vir ANC-lede om raadsvergaderings van Steve Tshwete-munisipaliteit te ontwrig. In die jongste voorval het raadslede Vrydag met geweldadige gedrag ‘n vergadering ontwrig waartydens ‘n mosie van wantroue in die burgemeester, Petros Masilela, gehoor sou word. Die DA-hoofsweep, Palesa Mobango, sê lede het…
Die Airlink Pumas en Boland Kavaliers sê mekaar vanaand in Mbombela die stryd aan in die SA Beker. Die Pumas moes verlede week teen die Griekwas in Kimberley die knie buig, maar staan steeds ‘n goeie kans om teen hulle in die eindstryd te staan te kom. Dit is die…
Groot opwinding heers oor die ABSA Laeveld lugskou wat Saterdag plaasvind. Johan Heine van Kishugu sê dit behels ‘n intense vertoning van drie ure by een van die beste venues in Suid-Afrika om ‘n lugskou aan te bied: Die Ou Nelspruit-lughawe.
Die DA het Maandag onder leiding van die partyleier, John Steenhuisen, ‘n vreedsame optog in Bethal gehou teen swak dienslewering in Govan Mbeki-munisipaliteit. Volgens die DA-leier in Mpumalanga, Jane Sithole, ly die hele area weens die onbetroubare verskaffing van water en elektrisiteit. Hulle het ‘n memorandum van griewe aan die…
Vyf beskuldigdes is gister borgtog toegestaan deur die Nelspruit-streekshof. Ses word aangekla van bedrog en die nabootsing van ‘n prokureur. Tshepo Mahlako, wat homself na bewering as ‘n prokureur voorgedoen het, en sy firma TC Mahlako is elk borgtog van 60-duisend-Rand toegestaan. Drie medebeskuldiges het borg gekry van 30-duisend-Rand. Die…
Die regering hou aan om die gesinne van die Lily Myn-tragedie in die steek te laat. Dit is volgens Harry Mazibuko, die woordvoerder van die gesinne van Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda. Hul liggame bly sedert die ineenstorting van die myn in Februarie 2016 ondergronds vasgekeer. Mazibuko sê…
‘n Moordverdagte wat op die vlug geslaan het na hy borgtog toegestaan is, is Vrydag herarresteer. Volgens die polisie in Mpumalanga word Nqubeko Bright Mchunu aangekla van die moord op Tsepo Maseko. Mchunu het as ‘n sekuriteitswag gewerk toe geweldadige protesaksie in Augustus 2022 by Steve Tshwete-munisipaliteit in Middelburg uitgebreek…
Die waarnemende LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Busi Shiba, het haar skok uitgespreek na nog ‘n verkeersbeampte deur ‘n vragmotor doodgery is op die provinsie se paaie. Die jongste voorval het Sondagoggend op die N4 naby Komatipoort plaasgevind toe die betrokke beampte ‘n vragmotor probeer stop het. Dit is die…
‘n 23-jarige man word deur die polisie ondervra na hy betrap is met wat hulle glo kokaïen is. Hy was gistermiddag in ‘n ongeluk op die N4 naby Valencia in Mbombela toe die sleepwa van sy KIA-bakkie losgekom het. Beamptes wat op die ongeluk gereageer het, het gemorsde wit poeier…
Twee kapingslagoffers is Woensdagaand gered na hulle vroëer die dag naby Hazyview ontvoer is. Volgens die polisie het hulle ‘n vergadering by ‘n laerskool in Nyongane bygewoon. Een het na afloop daarvan ‘n probleem met sy voertuig ondervind en terwyl ander mense hom probeer help het, het drie gewapende verdagtes…
Die Provinsiale Onderwysdepartement het vanoggend vergader met rolspelers om kwelinge oor veiligheid in die White-Hazy-kring aan te spreek. Onderwysers en ondersteunende personeel het deur hul vakbonde hul bekommernis uitgespreek oor ‘n onlangse toename in misdaad wat skole in Masoyi teiken. Fanie Ngwenyama, provinsiale voorsitter van Nehawu in Mpumalanga:
Die ABSA Laeveld lugskou wat volgende week plaasvind, behels ‘n intense vertoning van drie ure by een van die beste venues in SA vir ‘n lugskou: Die Ou Nelspruit-lughawe. Johan Heine van Kishugu:
Die Mpumalanga Onderwysdepartement vergader môre met rolspelers om kwelinge oor veiligheid in die White-Hazy-kring aan te spreek. Onderwysers en ondersteunende personeel het deur hul vakbonde hul bekommernis uitgespreek oor ‘n onlangse toename in misdaad wat skole in Masoyi teiken. Dit volg op ‘n gewapende rooftog by Jerusalem Sekondêr op 10…
Die "Mass Animal Sterilisation Trust" in Sabie hou môre 'n groot fondsinsameling om die noodsaaklike diens wat hulle aan omliggende areas bied, te befonds. Debbie Moller sê inisiatiewe soos die “Yor-K9 Bark in the Park” help hulle om tydens uitreikaksies mense se troeteldiere te steriliseer. Sy sê hulle kon verlede…
ActionSA eis dat die LUR vir Openbare Werke in Mpumalanga, Mandla Ndlovu, verduidelik hoekom die Low’s Creek-kliniek en Thusong-dienssentrum al reeds ‘n maand gesluit is. Simangaliso Shongwe, die woordvoerder van ActionSA in Mpumalanga, sê dit is weens nie-betaling van hul Eskom-rekeninge. Die dienssentrum sluit in ‘n kliniek, regeringsdepartemente en skool…
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het wetstoepassers geloof vir nog deurbrake in Operasie Vala Umgodi wat onwettige mynbedrywighede teiken. Saterdagoggend is 28 rondes ammunisie sowel as verskeie stukke myntoerusting gekonfiskeer tydens ‘n operasie in Pelgrimsrus. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê elf ongedokumenteerde mense is ook aangekeer. ‘n…
29 Apr 2024 9AM
1 min
260 – 280
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.