Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het gister amptelik die splinternuwe Bethal-hospitaal geopen. Volgens die Kantoor van die Premier is dit ten volle toegerus met die jongste tegnologie. Mtshweni-Tsipane sê dit sal ‘n sleutelrol speel om kwaliteit mediese sorg aan mense te bied naby aan waar hulle woon en om…
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die versperring van die R40 by Casteel in die Bosbokrand-omgewing vanoggend veroordeel. ‘n Provinsiale ambulans is ook aan die brand gesteek, na bewering deur mense wat teen swak dienslewering in die area betoog. Shongwe sê mense het die volste reg om…
# Die minister van Gesondheid, Dokter Joe Phaahla, het vanoggend amptelik die nuwe Balfour-gemeenskapskliniek geopen. Hy het gister met ‘n twee-dag-besoek aan gesondheidsfasiliteite in Mpumalanga begin, waar hy Themba-hospitaal in Kabokweni besoek het om dienslewering aan te spreek asook berigte oor misdaadbedrywighede wat veiligheid bedreig. Die adjunk direkteur-generaal van Algemene…
Twee beskuldigdes maak vandag hul tweede hofverskyning in die Nkomazi-landdroshof op aanklagte van die besit van ‘n gesteelde voertuig. Mancoba Bongi Dlamini en Siyabonga Thusi, beide burgers van Eswatini, is Saterdag deur die grenspolisie op die R570 tussen Jeppe’s Reef en Malalane aangekeer. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald…
‘n Vermeende sakerower sterk onder polisiebewaking aan in die hospitaal na hy Saterdagaand geskiet is tydens ‘n rooftog by ‘n vulstasie in Thulamahashe. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, was hy in besit van plofstof. Sowat agt gewapende aanvallers het kort voor middernag op die vulstasie toegesak en…
Die DA sê dit is onaanvaarbaar dat tersiëre hospitale in Mpumalanga nie radiologiedienste aan pasiënte kan bied nie. Jane Sithole van die DA sê daar is steeds geen MRI-skandeerder by Rob Ferreira-hospitaal nie, en pasiënte moet betaal om sulke toetse privaat te laat doen. Boonop het die provinsiale gesondheidsdepartement verlede…
Die polisie in Mpumalanga het verskeie deurbrake gemaak teen onwettige mynbou met toerusting wat gekonfiskeer is, en arrestasies wat gemaak is. As deel van Operasie Vala Umgodi is daar op toerusting in Sabie, Pelgrimsrus en op ‘n plaas in Schoemanskloof beslag gelê. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli sê verskeie mense…
Die DA het die Govan Mbeki-munisipaliteit se boete van 200-miljoen-Rand vir die oortreding van omgewingswette verwelkom. Die boete wat deur die Bethal-landdroshof opgelê is, is vir die storting van rou en onbehandelde riool in die eMbalenhle-watersuiweringsaanleg en die Watervalhoekrivier tussen November 2019 en September 2020. 50-miljoen-Rand van die vonnis is…
Die Kaapsehoop Wildeperdeforum is bekommerd oor die aantal wilde perde wat jaarliks doodgery word. In die jongste voorval is ‘n dragtige merrie Sondagaand deur ‘n motoris doodgery. Haar vulletjie het ook omgekom. Fourie sê hul getalle het sedert 2015 van ongeveer 150 meer as halveer. Volgens haar is dit deels…
Die DA in Mpumalanga sê hulle is besorg dat die LUR vir Gesondheid, Sasekani Manzini, daarop aandring dat alle gesondheidsfasiliteite in die provinsie gereed is vir implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering, terwyl nie een op standaard is nie. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het onlangs aan die minister van Gesondheid, Joe…
Action SA het die aanvalle op en dreigemente teen gesondheidsorgwerkers by Themba-hospitaal in Kabokweni veroordeel. 'n Groep mense wat na bewering kontrakte met die hospitaal eis, het die afgelope weke personeellede gedreig en selfs aangerand. Die Premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, besoek vandag die hospitaal. Die provinsiale leier van ActionSA,…
Die polisie in Tonga ondersoek ‘n moord- en -roofsaak na ‘n 35-jarige raadslid in Nkomazi-munisipaliteit gisteraand vermoor is. Volgens die woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het vier verdagtes Thabo Ngwenya se huis in Mangweni naby Komatipoort binnegestorm. Hy is twee keer geskiet en sy vrou is…
Die DA in Mpumalanga eis dat relevante beamptes van die provinsiale Departement van Menslike Nedersettings geskors en ondersoek word weens die beweerde oorbetaling vir watertenks. Volgens Jane Sithole, die DA se provinsiale leier, is daar volgens die Spesiale Ondersoek Eenheid bevind dat 5-komma-7-miljoen-Rand en 8-komma-9-miljoen-Rand spandeer is aan watertenks wat…
FlySafair het vandag met direkte vlugte tussen Mbombela en Kaapstad begin. Dit is die eerste keer dat dié lugredery vandaf die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe vlieg. Die provinsiale regering was vanoggend by om amptelik die historiese roete bekend te stel. Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane sê dit sal ‘n…
Vier mense is gistermiddag in ‘n botsing dood op die R23 tussen Standerton en Perdekop. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Moeti Mmusi, sê ‘n vragmotor en sedan het trompop gebots. Ongeveer 130 voertuie is sedert die begin van die naweek in die provinsie geskut. Agt motoriste…
Die DA in Mpumalanga sê die premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het weereens nie haar belofte oor werkskepping gestand gedoen nie. Volgens Bosman Grobler is ‘n teiken van 99-duisend werksgeleenthede daargestel om die 48-komma-1-persent werkloosheidsyfer in die provinsie aan te spreek. Hy sê slegs die departemente van Gemeenskapsveiligheid en Samewerkende Regering kon…
Die DA het vanoggend by die Carolina-polisiestasie kriminele klagte gelê teen die burgemeester, Daniel Nkosi, en die stadsbestuurder, Ephraim Thabethe, van Chief Albert Luthuli-munisipaliteit vir oortreding van die Waterwet. Volgens die party gaan dit oor jarelange besoedeling van waterbronne met mynsuur in Silobela informele nedersetting, selfs na ‘n hof in…
Die komende Paasnaweek is die besigste tyd van die jaar op die N4 tussen Mpumalanga, Gauteng en Mosambiek. TRAC waarsku motoriste om hoë verkeersvolumes te verwag en hul reistye daarvolgens te beplan. Volgens Solange Soares, die kommunikasiebestuurder vir TRAC N4, verwag die besigste tye sal heeldag Donderdag, Vrydagoggend en Maandag…
Die polisie in Mpumalanga soek na verdagtes wat ‘n man se hande afgekap het. Die 30-jarige het oorleef en word in die hospitaal behandel. Volgens die polisie het hy vroeg Woensdagoggend op die Kroomdraai-pad in Vosman naby Witbank gestap toe sowat ses verdagtes in ‘n groen Opel Corsa-bakkie verskyn, en…
‘n 32-jarige verdagte is aangekeer in verband met die moord op ‘n polisiekaptein, Sibusiso Mthombothi, in Kanyamazane. Mthombothi was op 13 Januarie van diens af toe hy sy private voertuig na ‘n karwassery geneem het. Die verdagte, wat na bewering ‘n veroordeelde moordenaar is, het glo teen hom vasgery en…
20 Mar 2024 4AM
1 min
280 – 300
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.