100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,802 Episodes
440 – 460

24 vas vir mensehandel in Kaapmuiden

24 mense is gisteroggend tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie gearresteer vir beweerde mensehandel en oortreding van die Immigrasiewet. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Misdaadintelligensie en die snelwegpatrollie-eenheid het gereageer op inligting en ‘n Quantum op die R38 tussen Low's Creek en Kaapmuiden afgetrek. Die bestuurder…
14 Nov 2023 5AM 1 min

Ondersoek na man by vulstasie doodgeskiet word

Die polisie in Ermelo ondersoek ‘n moord waartydens die 25-jarige Smangaliso Innocent Nkosi Sondag by ‘n vulstasie doodgeskiet is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, was hy saam met vriende daar om hul voertuie op te vul toe ‘n man, wat aan hulle bekend is, hulle genader en…
14 Nov 2023 4AM 1 min

ActionSA verkla Gesondheid-depatement by OB

ActionSA het die Mpumalanga Departement van Gesondheid by die Openbare Beskermer gaan verkla oor die konstruksie van Middelburg-hospitaal. Die provinsiale voorsitter, Thoko Mashiane, voer aan dat bouwerk reeds in 2020 voltooi moes wees, maar dit staan tans op slegs 58-persent. 1-punt-4-miljard-Rand is daarvoor begroot.
9 Nov 2023 1AM 1 min

ActionSA eis antwoorde oor Valke-ondersoek na Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder

ActionSA beskuldig die Valke dat hulle versuim om ondersoek in te stel na 'n tender wat die Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder (MER) na bewering vir 12 jaar onregmatig toegeken het aan Mzimari Productions Company om die Mejuffrou Mpumalanga-kompetisie aan te bied. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Thoko Mashiane, sê die voormalige…
7 Nov 2023 7AM 1 min

DA doen beroep op LUR om lisensiebedrog te bekamp

Die DA in Mpumalanga sê veel meer moet gedoen word om bedrog met lisensies in die provinsie hok te slaan. Volgens die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, verloor die Departement van Gemeenskapsveiligheid miljoene wanneer beamptes saam met motoriste werk om lisensies onwettig te hernu en verkeersboetes te kanselleer. Sy sê die agterstand…
7 Nov 2023 3AM 1 min

Nog klagtes teen drie wat glo met HOP-huise knoei

Addisionele klagtes is gevoeg teen drie mense wat aangekla word van bedrog met HOP-huise in Middelburg. Volgens die Valke het Annica van Staden na bewering ‘n man se huis sonder sy toestemming verkoop. Helga Kruger, ‘n eiendomsagent, het glo ‘n huis aan iemand verkoop en die kontant gehou sonder om…
7 Nov 2023 1AM 1 min

Tevredenheid met eindeksamen sover

Die Mpumalanga Departement van Onderwys sê hy is tevrede met die verloop van die matriek-eindeksamen tot dusver. Dit het verlede Maandag afgeskop en loop op 6 Desember ten einde. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, vra alle ouers en skoolgemeenskappe om aan te hou om ‘n gunstige omgewing te…
7 Nov 2023 1AM 1 min

Nog mense vermoor in groepsgeweld in die Laeveld

Drie mense is die afgelope twee dae in voorvalle van groepsgeweld in die Laeveld vermoor. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is ‘n 18-jarige gister in Hectorspruit gestenig terwyl twee mans Sondag lewend aan die brand gesteek is in Blok C naby Tonga.
7 Nov 2023 1AM 1 min

Matrikulante in Malekutu beroof tydens graad-12-eksamen-kamp

Rowers het gisteraand matrikulante van Ngazindlovu Sekondere Skool in Malekutu - wat tydens die graad-12-eksamen by die skool kamp - beroof. Volgens die Mpumalanga Departement van Onderwys is hulle van ondermeer tablette beroof. Woordvoerder, Gerald Sambo:
3 Nov 2023 9AM 1 min

Forensiese ondersoek na Schoemansdal-stadion geloods

# Die DA in Mpumalanga het 'n forensiese ondersoek na die konstruksie van die Schoemansdal-sportstadion in Nkomazi verwelkom. Volgens DA-lid Trudie Grove-Morgan volg dit op skriftelike vrae wat die party aan die LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, gerig het. Volgens die LUR ontken Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, wat verantwoordelik daarvoor was, enige…
3 Nov 2023 6AM 1 min

Vrou pleit skuldig vir moord op polisieman-vriend in Mbombela

'n Vrou wat daarvan aangekla word dat sy haar polisiebeampte-kêrel in Augustus verlede jaar in sy bed in Pienaar doodgeskiet het, het vandag in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig gepleit. Sersant Mandlenkosi Happy Thwala is vyf keer geskiet, na bewering met sy eie dienspistool. Die 28-jarige Zanele Mkhonto is…
3 Nov 2023 12AM 1 min

Vrou wat glo polisieman-vriend in Pienaar vermoor verskyn vandag weer in die hof

Die vermeende moordenaar van ‘n polisiebeampte verskyn vandag weer in die Hooggeregshof in Mbombela. Die 28-jarige Zanele Mkhonto word daarvan aangekla dat sy haar vriend, Sersant Mandlenkosi Happy Thwala, in Augustus verlede jaar in Pienaar vermoor het. Thwala is vyf keer geskiet, na bewering met sy eie dienspistool. Mkhonto is…
2 Nov 2023 1AM 1 min

Polisie waarsku teen die dra van kontant hierdie feestyd

Die polisie in Mpumalanga het mense gewaarsku om dit te vermy om groot bedrae kontant aan hul persoon te hou hierdie komende feestyd. Die woordvoerder van die provinsiale polisie, Kolonel Donald Mdhluli, verwys na ‘n voorval verlede jaar toe ‘n verpleegster, Jabulile Mdhluli, in Masoyi buite Witrivier doodgeskiet is toe…
1 Nov 2023 1AM 1 min

Drie wat Inkomstediens glo bedrieg verskyn vandag in Nelspruit-hof

Drie mense en hul maatskappy verskyn vandag weer in die Nelspruit-landdroshof na hul arrestasie op aanklagte van bedrog. Volgens die Valke het Sibusiso Madonsela, Thembisile Madonsela en Sibusiso Lekhuleni namens “Shop Mor” vervalste belastingopgawes in die bedrag van 780-duisend-Rand by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ingedien. Hulle is Maandag aangekeer en het…
1 Nov 2023 1AM 1 min

DA blameer ANC laksheid vir lisensiefooie wat in Mpumalanga verlore gaan

Die DA in Mpumalanga doen 'n beroep op die LUR van gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, om op te tree teen amptenare wat verantwoordelik was vir ‘n verlies aan inkomste uit lisensiefooie tussen 2016 en 2019. Die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, voer aan dat daar in dié tydperk nie ‘n 'n funksionele finansiële…
31 Oct 2023 9AM 1 min

Mgubho ondersteun hul leerlinge

Mgubho sekondere skool in Nkomazi maak spesiale planne om hul leerlinge te ondersteun. Nonhlanhla Moeng, die voorsitter van die beheerliggaam by die skool, verduidelik:
30 Oct 2023 8AM 1 min

Vlot eerste dag van eindeksamen

Die provinsiale onderwysdepartement het vandag die begin van die matriek eindeksamen b Mgubho sekondere skool in Nkomazi gemonitor. Volgens die departementshoof, Lucy Moyane, het alles vlot verloop.
30 Oct 2023 8AM 1 min

Man gevonnis vir bedrog met gekloonde bankkaarte

# 'n Man is in Low's Creek tot 3-duisend-Rand of 12 maande gevangenisstraf gevonnis vir bedrog. Volgens die Valke is Phinda Alex Ndlovu in Augustus tydens 'n stop-en-deursoek-operasie by die Nkomazi-tolhek gearresteer. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, se hy het 'n vragmotor van Eswatini bestuur en sy…
30 Oct 2023 3AM 1 min

Man gesoek na vrou verwurg is

Die polisie in Mpumalanga doen 'n beroep op lede van die publiek om na vore te kom met inligting oor 'n man wat hulle glo hulle kan help in die oplos van 'n moord in Wakkerstroom verlede naweek. Dit volg op die moord op die 29-jarige Thobile Mayisela na sy…
30 Oct 2023 1AM 1 min

N2 botsing eis vyf lewens

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga het sy pleidooi herhaal vir motoriste om die padreels te gehoorsaam. Dit volg op 'n gru-ongeluk tussen 'n vragmotor en ligte afleweringsvoertuig Saterdagmiddag op die N2 in Mkhondo. Vyf mense is dood in die tromp-op-botsing. Die bestuurder van die bakkie en vier passasiers is…
30 Oct 2023 1AM 1 min
440 – 460