Die DA sê hy gaan die Menseregtekommissie nader oor rou riool wat in Emalahleni in die Olifantsrivier inloop. Volgens die DA-raadslid, Maureen Scheepers, het die Riverview Rioolplaas jare gelede reeds oorstroom. Sy sê die munisipaliteit versuim om enigiets aan die saak te doen terwyl die stank onmenslike omstandighede vir inwoners…
Mpumalanga het gister sy veiliger feestyd aktiwiteite afgeskop by die Themba Senamela-stadion in Mhluzi naby Middelburg. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het padgebruikers gewaarsku dat sowat 11-duisend-170 polisiebeamptes ontplooi sal word. Sy doen 'n beroep op bestuurders om verantwoordelik te ry.
Die DA in Mpumalanga voer aan dat die aangepaste begroting - wat gister deur die LUR vir Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Nompumelelo Hlophe - ter tafel gelê is, nie werkskepping of die kragkrisis aanspreek nie. Volgens DA-lid Bosman Grobler, het hulle verwag dat sy befondsing beskikbaar sou maak aan…
Vyf mense is gistermiddag in 'n trompop botsing tussen twee sedans op die R35 tussen Amersfoort en Morgenzon dood. Nog twee mense is ernstig beseer en nog 'n insittende het ligte beserings opgedoen. Die oorledenes sluit een bestuurder en vier passasiers in. Die woordvoerder van die departement van gemeenskapsveiligheid in…
Die Mpumalanga polisie pleit vir kalmte na vragmotorbestuurders en lede van die Lebombo taxi-vereniging Vrydag en Saterdag koppe gestamp het in Komatipoort. Ingange is versper en die Lebombo-grenspos is tydelik gesluit na ‘n vragmotorbestuurder in sy been geskiet is en twee voertuie van die taxi-vereniging sowel as twee vragmotors aan…
Die polisie soek na ‘n sekuriteitswag by ‘n skool wat na bewering Vrydagoggend ‘n 16-jarige leerling verkrag het. Volgens ‘n woordvoerder van die Mpumalanga Onderwysdepartement, Gerald Sambo, het die leerder vroeg die oggend by KwaManala Sekondêre Skool, in Vaalbank, aangekom om voor te berei vir ‘n toets. Die wag het…
Die Streekhof in Skukuza het die voormalige veldwagter Eckson Musa Matumbu tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die doodmaak van ‘n renoster in die Nwanetsi-afdeling van die Krugerwildtuin in 2020. Matumbu, wat verantwoordelik was vir natuurlewe-beskerming, is in hegtenis geneem vir die gebruik van ‘n amptelike vuurwapen wat aan hom…
Ingange na Komatipoort word afgesper deur vragmotorbestuurders wat eis dat die stelsel by Lebombo meer doeltreffend gemaak word, omdat hulle dae lank wag om die grens na Mosambiek oor te steek. Die Departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga bevestig dat twee voertuie wat aan die Lebombo Taxi-vereniging behoort aan die brand…
Die DA in Mpumalanga is bekommerd dat dit normaal geword het vir die program vir uitgebreide openbare werke om nie hul doelwitte te bereik nie. DA-lid, Bosman Grobler, sê die provinsiale departement van openbare werke, paaie en vervoer het in die 2022/23-boekjaar sy volledige begroting spandeer maar slegs 57-persent van…
Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê die eerste drie weke van die gr. 12-eindeksamen het vlot verloop. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, het alle rolspelers bedank vir hul bydrae om die matriekklas van 2023 tydens die eksamen te ondersteun. Dit loop op 6 Desember ten einde.
‘n Man wat na bewering 23 onwettige immigrante in ‘n Quantum vervoer het, het gister in die Low’s Creek periodieke hof verskyn op aanklagte van oortreding van die Wet op Mensehandel. Sibusiso Malwane is Saterdag op die R38 tussen Low's Creek en Kaapmuiden gearresteer. Sy passasiers, burgers van Bangladesh en…
'n 37-jarige onderwyser wat ook ‘n sekretaris van die vakbond Sadtu was en sy vriend is Woensdagaand in Sukani Trust buite Witrivier vermoor. Die polisie sê albei slagoffers het skietwonde gehad en is deur paramedici op die toneel dood verklaar. ‘n Grys Polo is op die toneel gevind met die…
Die TRAC N4-tydren vind die naweek weer in Dullstroom plaas. Vanjaar is die vierde keer dat die opwinding, drama en adrenalien-gevulde tydren in Mpumalanga plaasvind. Dit is die finale been van die nasionale tydren-kampioenskap. Die kommunikasiebestuurder van TRAC, Solange Soares, sê dit is ‘n ekonomiese inspuiting vir die Emakhazeni-munisipaliteit. Die…
‘n Lid van die sogenaamde “Ellysis"-bende wat die gemeenskappe van Marite en Calcutta geterroriseer het, is gister tronk toe gestuur vir ‘n reeks rooftogte. Shane Ngutshane is deur die Mhala-streekshof gevangenisstraf van effektief 25 jaar opgelê vir drie rowe wat tussen April 2014 en Julie 2020 uitgevoer is. Volgens die…
‘n 20-jarige graad-10-leerder is gister na skool met ‘n mes doodgesteek deur ‘n geskorste voormalige leerling van sy skool. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sê die vermeende moordwapen is langs die slagoffer se lewelose liggaam op die toneel gevind. Hy is naby Mbambiso High in Boschfontein aangeval. Die…
Sy Mamabolo, die uitvoerende beampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, het vanoggend tydens 'n inligtingsessie oor die komende verkiesingsregistrasienaweek gesê dat al 23-duisend-296 stasies Saterdag en Sondag van 8-uur soggens to 5-uur die middag oop sal wees. Mamabolo voeg by dat slegs 66% van die geskatte stemgeregtigde inwoners van die land…
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thembi Nkadimeng, versoek alle stemgeregtigde kiesers om hierdie naweek te registreer om te stem. Ter voorbereiding vir volgende jaar se nasionale en provinsiale algemene verkiesings, sal kiesersregistrasiestasies hierdie naweek oopmaak om mense die geleentheid te gee om te registreer. Sy Mamabolo, die…
‘n Negende verdagte in ‘n transitoroof wat in Augustus naby Malalane uitgevoer is, verskyn vandag weer in die hof. Volgens die Valke was Mphendulo Hassane voortvlugtig tot hy Saterdag in KaNyamazane gearresteer is. Dit volg op ‘n wenk wat van die publiek ontvang is. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein…
Die Nasionale Krugerwildtuin sê die Letaba-ruskamp ervaar tans ‘n opbloei van sonbesies. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê hul huidige oorvloed kan te wyte wees aan die temperatuur, humiditeit en reënval. Hy sê hulle is skadeloos, maar word gelok deur lig. Besoekers is aangeraai om vensters toe en…
14 Nov 2023 7AM
1 min
420 – 440
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.