SANParke sal vanaf môre tot 16 Januarie kwotas op besoekers toepas. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê dit is om te verseker almal het ‘n aangename en veilige besoek. Besoekers is versoek om vooraf hul ingangstyd te bespreek. Phaahla sê hulle moet volumes tydens besige periodes bestuur. Hy…
‘n Amptenaar van die Departement van Hoër Onderwys het Dinsdag in die Nelspruit-landdroshof verskyn nadat hy Maandag in Pretoria deur die Valke in hegtenis geneem is op ‘n aanklag van korrupsie. Lufuno Ashley Rambani is glo deur sy vriend, ‘n immigrasiebeampte Doktor Frank Machavha, genader om ‘n vrou te help…
Die DA in Thaba Chweu doen ‘n beroep op die LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, om op te tree teen munisipale amptenare wat meer as 500-duisend-Rand bestee het vir 60 werknemers en raadslede om die Suider-Afrikaanse Inter-munisipale Werknemerwelstandsprogram in Botswana by te woon. Volgens Marius Opperman, ‘n DA-raadslid, is…
Twee vermeende transitorowers sal in Oktober in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela verhoor word. Fortune Matsane en Nkosinathi Khumalo staan tereg op aanklagte van moord, gewapende roof en besit van gesteelde eiendom. Volgens die Valke hou dit verband met ‘n roof wat op 16 April 2021 by ‘n vulstasie in…
Drie stropers is deur die Skukuza-streekhof tot 'n gesamentlike 22 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle in 2017 onwettig betrap is in besit van 'n vuurwapen met ammunisie in die Krugerwildtuin. Slegs die bestuurder het 'n permit gehad om in die park te wees. Norman Mogale is ses jaar tronkstraf opgelê…
Sewe passasiers is dood en 52 mense beseer in 'n busongeluk toe ‘n luukse bus Vrydagmiddag op die R37 Long Tom-pas omgeslaan en by die krans afgerol het. Volgens Kyle van Reenen, die woordvoerder van Emer-G-Med, het die ongeluk omstreeks 16:50 plaasgevind. Spesialis-reddingswerkers moes die beseerdes na die padoppervlak bring…
‘n Assistent Finasiële Bestuurder by Emalahleni-munisipaliteit het gister in die Witbank-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van korrupsie. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, het die 64-jarige Edwin Mphikeleli Sibiya na bewering in Junie verlede jaar aan ‘n forensiese ondersoeker omkoopgeld betaal vir toegang tot ‘n verslag oor…
Silulumanzi is die enigste watervoorsiener in Mpumalanga aan wie Bloudruppelstatus toegeken is. Die Blou- en Groendruppelverslae is die week deur die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, bekendgemaak. Dit meet die kwaliteit van water wat aan verbruikers voorsien word. Silulumanzi het boonop by vier wateraanlegte die status verwerf: Primkop,…
Die DA in Mpumalanga beskuldig die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, dat sy weggesteek het dat die neonatale eenheid by Witbank-hospitaal reeds ses jaar nie operasioneel is nie. Die DA-lid Jane Sithole sê Manzini het dit verswyg toe die DA haar daaroor gevra het en dit moes deur die Ouditeur-generaal…
Die DA in Mpumalanga doen 'n beroep op die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, om saam met onafhanklike kragverskaffers te werk om beurtkrag die hoof te bied. DA-lid Bosman Grobler sê niks het gekom van beloftes oor alternatiewe energiebronne wat sy so lank gelede as haar 2019 provinsiale rede gemaak het nie…
‘n Stroper moet 10 jaar tronkstraf uitdien na hy in 2017 in die Krugerwildtuin met ‘n jaggeweer, ammunisie en byl betrap is. Friday Ngoveni het Maandag in die Skukuza-hof skuldig gepleit op aanklagte van betreding van ‘n nasionale park, besit van onwettige en gevaarlike wapens en sameswering om ‘n misdaad…
# 'n 23-jarige man het gister in die Bosbokrand-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord. Dit volg op die dood Saterdagoggend van 'n 22-jarige vrou toe sy geskiet is terwyl sy in 'n motor buite 'n taverne gesit het. Volgens die polisie het sy en haar vriende daar parkeer om…
Twee verdagtes is gister in hegtenis geneem toe hulle in besit van ongeveer 600 liter diesel, wat na vermoede gesteel is, gevind is in Witbank. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, was hulle ook in besit van ongelisensieerde vuurwapens. Dit arrestasie volg op inligting van deur die Middelburg-blitspatrollie…
Die DA in Mpumalanga sê dit is onaanvaarbaar dat matrikulante hul eindeksamen in haglike toestande by die Phiva-gemeenskapsaal in Nkomazi moet aflê. DA-lid Jane Sithole sê die saal is vervalle en daar is nie eens water nie. Sy sê daar kan nie van graad-12-leerlinge verwag word om onder sulke omstandighede…
‘n 18-jarige graad-12-leerling aan Mawewe Sekondêre Skool in Bosbokrand is Maandagaand dood nadat sy deur ‘n slang gebyt is. Volgens die woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, Gerald Sambo, het die slang haar tydens ‘n graad-12-kamp gebyt wat by die skool aangebied is om matrikulante te help om vir hul eindeksamen…
Openbare verhore oor die omstrede Wysigingswetsontwerp op Onderwyswette vind tans weer in Mpumalanga plaas. Die sogenaamde Bela-wet is al ‘n stappie nader daaraan om ‘n wet te word. In Ehlanzeni vind dit môre by die Jeppes Reef-gemeenskapsaal in Nkomazi plaas. Pieter Ferreira van die Federasie van Beheerliggame van SA Skole…
Die DA in Mpumalanga beskuldig die ANC daarvan dat hy die Mkhondo-kosskool naby Piet Retief as ‘n kontantkoei gebruik. DA-lid Jane Sithole sê bouwerk het in 2018 begin en moes 18 maande neem teen ‘n beraamde koste van 200-miljoen-Rand. Dit is egter steeds nie eens halfpad klaar nie, terwyl boukoste…
The DA het ‘n ernstige beroep gedoen op die burgemeesterlid vir Tegniese Dienste by Mkhondo, Mary Thwala, om dringend aandag te skenk aan die munisipaliteit se waterinfrastruktuur wat vinnig agteruitgaan. Volgens die DA-raadslid en koukusleier, Irene Brussow, ervaar inwoners droë krane vir so lank as ses dae op ‘n slag…
Vier mense is vanoggend dood in ‘n ongeluk op die N4-tolpad naby Malalane. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het die botsing om ongeveer 11-uur plaasgevind. ‘n Sedan het teen ‘n konstruksievoertuig gebots. Twee passasiers en die bestuurder is oorlede sowel as die bestuurder van die konstruksievoertuig. Een persoon is…
ActionSA het die Mpumalanga Gesondheidsdepartement by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verkla omdat hulle na bewering versuim het om kanker-behandeling-toerusting by Shongwe-hospitaal in Nkomazi te herstel. Die provinsiale voorsitter van die party, Thoko Mashiane, sê die departement versuim reeds sedert 2012 om die herstelwerk te doen terwyl dit ‘n blote 87-duisend-Rand sou…
28 Nov 2023 5AM
1 min
400 – 420
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.