Alle leerders by Driekopies Sekondêre Skool in Nkomazi-munisipaliteit ontvang more tablette wat ten volle toegerus is met opvoedkundige aanvullende materiaal. Dit is deel van die volskaalse Ubuhlebuzile e-leer proefprogram wat die LUR, Bonakele Majuba, tydens die staat van gereedheid-perskonferensie aangekondig het voor die aanvang van die 2024 akademiese jaar. Driekopies…
‘n Man het Vrydag in die Belfast-landdroshof verskyn vir die besit van ‘n voertuig wat na vermoede gekaap is. Themba Dan Senama, 50 jaar oud, is Woensdag deur lede van die Middelburg-blitspatrollie gearresteer. Volgens die polisie was hulle op roetine-patrollie toe hulle die wit Volkswagen Polo, wat ure tevore as…
Twee mans wat aangekla word van die besit van gesteelde goedere verskyn vandag weer in die Nelspruit-landdroshof. Skhumbuzo Khathi en Phumlani Nkosi is Dinsdag gearresteer na ‘n inbraak by die huis van die Valke-hoof in Mpumalanga, general-majoor Nico Gerber, in Desember. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi,…
Die polisie het 'n mannejag geloods na 'n polisiebeampte Saterdag in KaNyamazane doodgeskiet is. Volgens die Valke in Mpumalanga was die 44-jarige kaptein die aand van diens af toe hy sy private voertuig na 'n karwassery geneem het. Die verdagte het na bewering teen sy voertuig gebots en hoewel hulle…
Twee mans wat aangekla word van die besit van gesteelde goedere verskyn vandag weer in die Nelspruit-landdroshof. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle Dinsdag gearresteer na ‘n inbraak by die huis van die Valke-hoof in Mpumalanga, general-majoor Nico Gerber, in Desember. Volgens Sekgotodi is al…
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, sê die polisie werk hard om die verspreiding van onwettige vuurwapens hok te slaan. Dit volg op die arrestasie Maandag tydens Operasie Shanela van 'n verdagte op die N3-snelweg naby Grootvlei. Mthabisang Gagayi was 'n taxi-passasier en kon nie 'n vuurwapenlisensie toon vir…
'n 35-jarige voortvlugtige is Sondag heraangekeer na hy op 16 Desember uit die Carolina-hospitaal ontsnap het terwyl hy onder polisiebewaking was. Michael Madonsela is op 15 Desember deur polisie gearresteer na hulle hom van groepsgeweld moes red toe hy glo by ‘n huisbraak betrokke was. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald…
Twee verdagtes van 32 en 36 jaar oud verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die beweerde inbraak by die huis van die Valke-hoof in Mpumalanga, Generaal-majoor Nico Gerber. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle Dinsdag aangekeer na ‘n ondersoek na die waardevolle items wat in…
Vier vriende wat Maandagaand deur 'n groep mans, wat hulle as wetstoepassers voorgedoen het, ontvoer is, is veilig gevind by ‘n huis in Vosloorus. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Athlenda Mathe, is hulle tussen Standerton en Trichardt deur 'n groep mans in 'n Polo met blou ligte ontvoer. Hulle is gevange…
Die DA in Emakhazeni beoog om die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (Salga) te nader oor die ANC se hantering van ‘n mosie om die water- en elektrisiteitskrisis in Waterval-Boven en Belfast aan te spreek. Volgens DA-raadslid, Didi Hepburn, het die party verlede jaar die mosie ter tafel gelê, maar…
ActionSA in Mpumalanga sê vanoggend se blokkasie van die R573 Moloto-pad deur ontstoke inwoners kan voor die deur gelê word van die ANC wie se raadslede in Thembisile Hani-munisipaliteit in bykans 30 jaar geen vooruitgang vir inwoners bewerkstellig het nie. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Thoko Mashiane, voer aan president…
Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hy is gereed vir die heropening van skole volgende week. Die LUR, Bonakele Majuba, het die media vandag oor hul gereedheid ingelig.
'n Polisiebeampte sal binnekort in die hof verskyn na hy saam met 'n taverne-eienaar gearresteer is vir die beweerde diefstal van ‘n polisievuurwapen. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het die 9-millimeter-pistool tussen 16 en 17 Desember by die Gemeenskaps-polisie-dienssentrum in Morgenzon verdwyn en het die polisiesersant dit…
‘n Toergids moes Vrydagoggend uit die Komatirivier in Komatipoort gered word, nadat sy voertuig meegesleur is. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, sê die 56-jarige toergids wat in Mosambiek werk, was op pad om gaste van Suid-Afrika op te laai toe hy oor 'n laagwaterbrug probeer ry het. Hy…
Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, doen ‘n beroep op alle padgebruikers om gedurende hierdie feestyd verantwoordelik op die paaie te wees. Dit volg na verskeie botsings Saterdagoggend 13 lewens geëis het. Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, vra dat motoriste dit vermy om die spoedgrens te…
Die Polisie in Mpumalanga het 'n deurbraak gemaak deur twee vermeende baasbreine agter 'n vlaag vragmotorkapings en rooftogte in die Calcutta-area in hegtenis te neem. Keabeletswe Mohlala (20) en Thulani Ngutshane (26) het gister in die Mkhuhlu-landdroshof verskyn. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, staar hulle sewe aanklagte van gewapende…
‘n Man wat van verskeie gewapende rooftogte aangekla word, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn vir die kaping van ‘n koerier-voertuig in Mbombela in 2017. Die 29-jarige Zola Mnisi word reeds aangekla van ‘n transitoroof in Malalane in Augustus, ‘n gewapende roof in Witrivier in Julie en ‘n moord en…
Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga sê 27 motoriste is tot dusver hierdie maand vir dronkbestuur in Mpumalanga aangekeer. Die woordvoerder, Moeti Mmusi, sê meer as 83-duisend voertuie is ook sedert 1 Desember nagegaan in die provinsie, as deel van hul Veiliger Feestyd-inisiatief.
Vyf mense het gistermiddag ‘n gru-ongeluk op die Kanyamazane-pad oorleef na ‘n ligte motorvoertuig in ‘n trompop botsing met ‘n gepantserde voertuig betrokke was. Die bestuurder van die Polo moes uit die wrak van sy kar gesny word, terwyl sy passasier uitgeslinger is. Daar was drie insittendes in die gepantserde…
Twee manlike verdagtes van onderskeidelik 18 en 19 jaar oud sal na verwagting vandag in die Balfour-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord. Dit volg op die ontdekking van die lewelose liggaam van 'n 15-jarige meisie Vrydagoggend langs 'n vervalle en onvoltooide huis in die Goede-afdeling. Volgens die polisiewoordvoerder in…
18 Dec 2023 4AM
1 min
380 – 400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.