100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,802 Episodes
360 – 380

Mpumalanga polisie pleit vir kalmte na groepsgeweld in Phiva

Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het 'n beroep gedoen op kalmte na groepsgeweld Maandag en Dinsdag by Phiva naby Kamhlushwa uitgebreek het. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het gemeenskapslede van Phiva huise en 'n kantoor van die sektormisdaadforum asook 'n patrollievoertuig afgebrand uit wraak vir die noodlottige…
30 Jan 2024 11PM 1 min

Verdagte aangekeer weens skietdood van vroulike mybestuurder

Die polisie in Mpumalanga het ‘n verdagte aangekeer in verband met die moord Donderdagoggend op ‘n 27-jarige vroulike mynbestuurder in Carolina. Luidens berigte was Zanele Zwane op pad werk toe, toe sy in haar voertuig geskiet is. Sy was in die bestuurdersitplek van haar wit Toyota-bakkie wat geluier het met…
29 Jan 2024 4AM 1 min

Geregtelike doodsondersoek gelas na vliegtuig in Ermelo neerstort

‘n Man in sy 60’s is Saterdagoggend in Ermelo dood toe die ligte vliegtuig waarin hy was langs die vliegveld in Ermelo neergestort het. Volgens die polisie in Mpumalanga was hy die enigste insittende. Hy was onderweg vanaf Bethlehem in die Vrystaat toe hy probeer land het. Die burgerlugvaartowerheid het…
29 Jan 2024 4AM 1 min

Taxibaas in Delmas afgemaai

Drie mense, insluitende ‘n 34-jarige taxibaas, is Saterdagaand in Delmas doodgeskiet. Volgens die polisie in Mpumalanga sluit die slagoffers twee van die taxibaas se lyfwagte in. Die verbyry-skietery het in Botleng plaasgevind toe ‘n groep gewapende mans op die twee voertuie waarin die slagoffers gery het, losgebrand het. ‘n Vrou…
29 Jan 2024 3AM 1 min

Lig in tonnel met nuwe waterplan vir Govan Mbeki

Die DA het die onderneming van die burgemeester in Govan Mbeki-munisipaliteit verwelkom om die party se oplossing vir die waterkrisis te implementeer. Hele gemeenskappe, skole en selfs Bethal-hospitaal sukkel al geruime tyd met watertoevoerprobleme. Die DA-raadslid, Teboho Sekaledi, sê hul voorstel is dat grondwater gebruik word en behoorlike infrastruktuur ontwikkel…
25 Jan 2024 3AM 1 min

Vermeemde moordenaar gevind waar hy hang van 'n boom

Die polisie in Secunda vermoed dat die liggaam van 'n man wat die naweek in Secunda ontdek is, dié is van 'n verdagte in 'n moordsaak. Die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê dat die ontbindende liggaam van die 42-jarige man na vermoede die is van 'n verdagte waarna die…
24 Jan 2024 1PM 1 min

Vermeende ontvoerders vandag weer in die Vaalbank-hof

Twee buitelandse burgers verskyn vandag weer in die Vaalbank-landdroshof op aanklagte van roof en ontvoering. Volgens die Valke in Mpumalanga het die 24-jarige Knowledge Komichi en die 26-jarige Chrispin Taona reeds verskeie kere verskyn sedert hul arrestasie vir die ontvoering van 'n winkelier en roof van 'n winkel op 14…
24 Jan 2024 1PM 1 min

Stroper wat twee renosters onthoring moet 16 jaar sit

Die polisiekommissaris van Mpumalanga, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, het die vonnis van 16 jaar wat Vrydag deur die Skukuza-streekhof aan 'n renosterstroper opgelê is, verwelkom. Million Masilane het in Maart 2020 saam met sy maker, Lot Baloyi, die Krugerwildtuin by Pretoriuskop-seksie binnegegaan met 'n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle het twee witrenosters gestroop…
24 Jan 2024 10AM 1 min

Vier mense noodlottig gewond in taverne skietery

Vier mense is noodlottig gewond en nog drie word vir skietwonde in hospitaal behandel na 'n skietery by 'n taverne in Siyabuswa die naweek. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê 'n groep gewapende verdagtes het met hoë kaliber vuurwapens lukraak losgebrand in die drinkplek. Drie mense is op…
22 Jan 2024 5AM 1 min

Lewenslank vir man wat tweejarige doodskiet

‘n Man wat in 2020 sy eksmeisie se tweejarige seuntjie in Vaalbank doodgeskiet het, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord. Vincent Chunky Phahlane is Donderdag deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg gevonnis vir die moord op Akanyang Maite. Hy het die dag ook sy eks se tante gewond met…
22 Jan 2024 4AM 1 min

Vermeende vragmotorkaper verskyn vandag in Standerton-hof

'n Man sal vandag in die Standerton-landdroshof verskyn op 'n aanklag van die besit van 'n gekaapte vragmotor. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, is die 45-jarige verdagte Donderdagaand aangekeer na 'n vragmotor wat sojabone vervoer het, naby Standerton gekaap is. Hy het probeer vlug en die vragmotor…
22 Jan 2024 12AM 1 min

DA Mpumalanga vra dat onderwysdepartement fokus om leerlinge op skool te hou

Die DA in Mpumalanga het die klas van 2023 geloof vir hul verbeterde matriekslaagsyfer. Die provinsie het 'n slaagsyfer van 77-persent behaal, 'n verbetering van 0-komma-2-persent. Ehlanzeni-distrik het die beste gevaar met 81-komma-8-persent van kandidate wat geslaag het. Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Lydenburg en Komatipoort Akademie spog onder meer met 100-persent-slaagsyfers…
19 Jan 2024 6AM 1 min

Man in hof weens groot aantal vuurwapens

‘n 67-jarige man is gistermiddag gearresteer na 106 vuurwapens met 1-duisend-704 rondes ammunisie in sy besit gevind is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het hulle ‘n wenk ontvang oor ‘n groot aantal vuurwapens wat by die man se huis in Elukwatini gehou word. Die vonds sluit in…
18 Jan 2024 11PM 1 min

Twee vas weens ontvoering van winkelier

Twee buitelandse burgers verskyn vandag in die Vaalbank-landdroshof vir roof en ontvoering. Volgens die Valke is daar Sondagmiddag by ‘n winkel in die area ingebreek en die winkelier is ontvoer. Die eienaar het agterdogtig geraak toe hy sy werknemer nie kon kontak nie en het die saak by die polisie…
17 Jan 2024 7AM 1 min

Man buite Barberton-hof doodgeskiet

Die polisie ondersoek 'n voorval waarin 'n man wat nog geïdentifiseer moet word, gister buite die Barberton-landdroshof doodgeskiet is. Die gru-voorval was ten tyde van die hofverskyning van ses beskuldigdes wat aangekla word van die moord op die voormalige raadslid, Mandla Mamba. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli sê 'n moordsaak…
17 Jan 2024 4AM 1 min

Valke soek veroordeelde moordenaar vir polisiebeampte se skietdood

Die Valke sê hulle soek na ‘n veroordeelde moordenaar wat Saterdagaand ‘n polisiebeampte wat van diens af was by ‘n karwassery in Kanyamazane doodgeskiet het. Kaptein Sibusiso Mthombothi het die aand sy private voertuig laat was, toe die verdagte teen hom vasgery het en ‘n argument het ontstaan. Volgens die…
16 Jan 2024 10AM 1 min

Lisensiebeamptes wat glo omkoopgeld vra in Mkhuhlu is op borgtog vrygelaat

Twee beamptes by die Bestuurderslisensie-toetssentrum in Mkhuhlu is vandag borgtog van 15-duisend-Rand elk toegestaan na hul hofverskyning op aanklagte van korrupsie. Volgens die Valke het Clifford Ngobeni en Manoko Mashaba omkoopgeld gevra om kandidate te help om hul leerlinglisensie-toetse te slaag. Na ‘n vrou die beamptes by die Valke aangegee…
16 Jan 2024 9AM 1 min

LUR monitor heropening van skole in Bosbokrand

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sal môre die eerste skooldag van 2024 in Bosbokrand monitor. Hy sal ondermeer deur die adjunkminister van Basiese Onderwys, Dr. Reginah Mhaule, en die provinsiale polisiekommissaris, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, vergesel word na Moduping Sekondêre Skool. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald…
16 Jan 2024 2AM 1 min

Polisiespeurder skiet glo vrou, skoonma dood

‘n 32-jarige polisiespeurder verskyn vandag in die Carolina-landdroshof op aanklagte van moord na hy Sondagmiddag glo sy vrou sowel as haar ma doodgeskiet het en haar stiefpa gewond het. Hy het glo sy lewensmaat gebel om hom te help toe hy probleme met sy voertuig ondervind het. Toe die gesin,…
16 Jan 2024 2AM 1 min
360 – 380