100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,797 Episodes
900 – 920

Provinsiale ramp verklaar na stormskade in Hazyview

# Swaar reën en sterk winde het die naweek skade aan huise, skole, ‘n kliniek en die kragnetwerk in Hazyview aangerig. Volgens die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit werk hulle saam met Mbombela en die provinsiale departement van samewerkende regering om die skade te bepaal en hulp te verleen. Jacques Benade, die hoof van…
25 Nov 2022 12AM 1 min

Grootste gehekelde Kersboom eersdaags in Witrivier onthul

'n Ses-meter gehekelde Kersboom word op 3 Desember by Casterbridge onthul. Penny Boden, die ambassadeur van 67 Komberse in Witrivier, sê een-duisend-400 blokkies is gehekel deur mense van oraloor. Na die onthulling van die boom sal dit uitmekaar gehaal en in komberse vasgewerk word vir behoeftige mense.
23 Nov 2022 4AM 1 min

Mpumalanga aanvaar voorstel om verlate myne te rehabiliteer

Die Mpumalanga wetgewer het ‘n voorstel van die VF Plus aanvaar om opgehoopte gelde van sowat 17,5-miljard-Rand aan te wend om verlate myne te rehabiliteer. Die opgehoopte fondse is afkomstig van die finansiële voorsiening wat maatskappye in plek stel voordat mynbou begin sodat die regering dit vir rehabilitasie kan benut,…
22 Nov 2022 4AM 1 min

Renosterstroper moet 34 jaar sit

‘n Renosterstroper is Vrydag tot effektief 34 jaar tronkstraf gevonnis in die Skukuza-hof. Sipho Titus Khoza is volgens die polisie in 2016 twee keer in die Stolznek-deel van die Krugerwildtuin aangekeer. Sy drie medepligtigers in die twee gevalle het sedert hulle borgtog ontvang het nog nie weer in die hof…
21 Nov 2022 3AM 1 min

SANParke verwelkom vonnis vir stroper wat 34 jaar moet sit

Die waarnemende uitvoerende bestuurder van die NKW, dr. Danny Govender, het die vonnis van effektief 34 jaar vir ‘n renosterstroper verwelkom. “Dit is ‘n groot oorwinning vir ons toegewyde veldwagters. Hulle is die eerste skakel in die ketting van geregtigheid. “Ons is bly ons howe stuur so ‘n sterk boodskap…
21 Nov 2022 2AM 1 min

Storm rig erge skade aan in Hazyview

Swaar reën en sterk winde het Vrydag skade aan sowat 50 huise, twee skole, ‘n kliniek en die kragnetwerk in Hazyview aangerig. Volgens die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit werk hulle saam met Mbombela en die provinsiale departement van samewerkende regering om die skade te bepaal en hulp te verleen. Rooikruis-vrywilligers help ook met…
21 Nov 2022 2AM 1 min

Bafana Bafana is vanaand vir die eerste keer in ses jaar in aksie in Mbombela

Bafana Bafana sê vanaand om 20:30 vir Mosambiek die stryd aan by Mbombela-stadion. Die nasionale mans sokkerspan is onoorwonne in al die wedstryde wat hulle sedert 2010 by die stadion gespeel het. Hulle speel Sondagmiddag 'n tweede vriendskaplike wedstryd in die stad teen Angloa. Stadionbestuurder, Roelf Kotze, sê hulle was…
17 Nov 2022 2AM 1 min

Die VF Plus veroordeel die jongste plaasmoord in Mpumalanga

Die VF Plus het die jongste plaasmoord in Mpumalanga veroordeel. 'n 80-jarige boer, Hennie van der Walt, is in sy huis op sy plaas in Dwarsfontein naby Delmas met skie ten steekwonde dood aangetref. Werner Weber sê dit is die vierde plaasmoord in ʼn baie kort tydsbestek in die provinsie…
17 Nov 2022 2AM 1 min

LUR hou saam met adjunkminister oorsigbesoek aan eksamenlokaal

Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vandag saam met die adjunkminister van basiese onderwys, dr. Reginah Mhaule, die graad 12 eindeksamen in Mpumalanga gemonitor. Hulle het Dlomodlomo Sekondêr in Elukwatini besoek. Mhaule sê die eksamen verloop sover vlot in die provinsie - met die uitsondering van sporadiese protesoptrede wat…
17 Nov 2022 1AM 1 min

Nuwe era vir toerisme in die Laeveld met direkte Europese vlugte

Die eerste direkte interkontinentale vlug van Europa het gister by Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe geland. Eurowings Discover, 'n filiaal van Lufthansa, bied nou direkte vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland via Windhoek. Helmut Wölfel, hoof van kommersiële vlugte by Eurowings Discover, sê dit is 'n opwindende nuwe era vir…
16 Nov 2022 10PM 1 min

Renosterstroper moet 17 jaar sit

‘n Renosterstroper is tot effektief 17 jaar agter tralies gevonnis deur die Skukuza-hof. Die 40-jarige Sylvester Zitha is in Oktober 2019 in die Tshokwane deel van die Krugerwildtuin aangekeer. ‘n Tweede verdagte, Richard Phiri, is voortvlugtig sedert hulle op borgtog vrygelaat is. Zitha is skuldig bevind op ses klagte. Woordvoerder,…
16 Nov 2022 12AM 1 min

TRAC N4-tydren hierdie naweek in Dullstroom

Die TRACN4-tydren vind Vrydag en Saterdag weer in Dullstroom plaas. Vanjaar is die derde keer dat die opwinding, drama en adrenalien-gevulde tydren in Mpumalanga plaasvind. Kommunikasiebestuurder vir TRAC, Solange Soares, sê dit is ‘n ekonomiese inspuiting vir die Emakhazeni-munisipaliteit. Die opbrengste ondersteun ook die Dullstroom Epilepsie-sentrum. 28 spanne neem aan…
15 Nov 2022 4AM 1 min

Die eerste interkontinentale vlug van Europa land môre by KMI-lughawe

Die eerste interkontinentale vlugte van Europa land môre by die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe. Die nuwe roete skop af met weeklikse vlugte en sal heeljaar beskikbaar wees na en van Frankfurt in Duitsland via Windhoek in Namibië. Dit is die sewende bestemming in Afrika vir Eurowings Discover - ‘n filiaal…
15 Nov 2022 2AM 1 min

DA marsjeer môre oor stygende lewenskoste

Die DA in Mpumalanga beplan om môre ‘n griefskrif aan die provinsiale departement van maatskaplike ontwikkeling te oorhandig oor stygende lewenskoste. Jane Sithole sê al hoe meer mense kan dit nie bekostig om kos op die tafel te sit nie, en die regering moet ingryp om 'n humanitêre krisis af…
15 Nov 2022 1AM 1 min

Nuwe klaskamers môre in Nelspruit gemonitor

Die Onderwysdepartement in Mpumalanga lê môre besoek af by vier laerskole in Nelspruit om die bouwerk van 40 addisionele klaskamers te monitor. 'n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die addisionele klaskamers word by Laerskool Nelspruit, Laerskool Bergland, Nelspruit Primary en Laerskool Laeveld aangebou om meer leerlinge te kan…
14 Nov 2022 2AM 1 min

DA vra dat MRTT ontbind

Die DA in Mpumalanga het gister in 'n ledeverklaring in die wetgewer gevra dat die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, die Mpumalanga Regional Training Trust (MRTT) ontbind. Die party se woordvoerder vir onderwys, Jane Sithole, sê hulle kom nie hul mandaat na om jeugdiges uit voorheen benadeelde agtergronde op te…
2 Nov 2022 2AM 1 min

Hoofverdagte in Barberton-mynbedrogsaak na twee jaar steeds gesoek

Die Valke het weer ‘n beroep gedoen op die publiek om inligting te verskaf oor die hoofverdagte in ‘n Barberton-mynbedrogsaak. Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Simphiwe Sangweni was ‘n finansiële administrateur by Barberton Mines toe hy na bewering in Junie 2020 1-punt-2-miljoen-Rand van die maatskappy se fondse na sy persoonlike bankrekening…
2 Nov 2022 1AM 1 min

DA vra premier moet ingryp om die armstes in Mpumalanga te beskerm

Die DA het die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni Tsipane, gevra om ‘n veilgheidsnet te skep om kwesbare gemeenskappe wat onder die broodlyn leef te beskerm teen stygende lewenskostes. Jane Sithole sê 33-persent van die provinsie se inwoners is afhanklik van maatskaplike toelaes. Sy voeg by dat, inflasie in Mpumalanga…
1 Nov 2022 5AM 1 min

Verkeersbeampte tronk toe weens korrupsie

'n Voormalige verkeersbeampte van Mpumalanga moet vyf jaar agter tralies deurbring na hy skuldig bevind is aan korrupsie. Die 37-jarige Meshack Masenjwa is in Middelburg skuldig bevind dat hy omkoopgeld van motoriste op die N4-tolpad geëis het. Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi is hy in 2019 aangekeer na die Valke hom…
1 Nov 2022 3AM 1 min

Voormalige munisipale bestuurder verskyn in die hof vir bedrog

Die voormalige munisipale bestuurder van Nkomazi-munisipaliteit in Malalane het Vrydag in die hof verskyn op klagte van bedrog, diefstal en oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Die 55-jarige Muzi Daniël Ngwenya is dieselfde dag deur die Valke aangekeer. Volgens Kaptein Dineo Sekgotodi het hy in Desember verlede jaar…
1 Nov 2022 3AM 1 min
900 – 920