100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,797 Episodes
920 – 940

Matriekeindeksamen skop vandag af

Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, monitor vanoggend die begin van die matriekeindeksamen by Ikhayalami Sekondêr in Belfast. Dit skop af met Engelse Huistaal en Eerste Addisionele Taal-vraestelle. Die woordvoerder van die provinsiale departement, Gerald Sambo, sê die eksamens verloop sedert 2010 vlot in Mpumalanga, en die departement…
31 Oct 2022 2AM 1 min

Kommer oor instandhouding van Mpumalanga-paaie

Die DA is bekommerd oor die provinsiale regering se vermoë om paaie in Mpumalanga in stand te hou. Volgens Trudie Grovè-Morgan toon die jaarverslag van die departement van openbare werke dat 58-persent van sy padbou-toerusting in in ‘n swak toestand is weens ‘n gebrek aan herstel- en instandhoudingswerk. Sy sê…
28 Oct 2022 7AM 1 min

Ontvoerde munisipale bestuurder teruggevind

Die munisipale bestuurder van Nkangala-distrik, Maggie Skhosana, en haar motorbestuurder is vroeg vanoggend met hul geliefdes herenig, na hulle gisteraand in Diepsloot, Gauteng gevind is. Die vroue is verlede Donderdag voor die munisipale gebou in Middelburg ontvoer. Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, is hulle in ‘n bebosde gebied langs die…
27 Oct 2022 4AM 1 min

Vier vasgetrek met dodelike wapens

Vier verdagtes is die naweek met onwettige wapens aangekeer tydens 'n intelligensie gedrewe operasie gelei deur die taktiee reaksie-eenheid van die polisie. Sabelo Peter Mdluli (44) het Maandag in die Kabokweni-hof verskyn na hy Sondag in Masoyi aangekeer is. Die polisie het reageer op 'n wenk en sy Corsa-bakkie deursoek…
26 Oct 2022 5AM 1 min

Mpumalanga Valke bekommerd oor toename in kapings

Die Valke in Mpumalanga sê hulle is bekommerd oor ‘n toename in kapingsvoorvalle in die provinsie. Die Valke se woordvoerder, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê dit is veral algemeen in die Bosbokrand-area sowel as Witbank en Middelburg. Sy doen 'n beroep op bestuurders om nie rylopers of vreemdelinge op te laai…
26 Oct 2022 3AM 1 min

DA vra ondersoekeenheid vir ontvoerings in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen op die polisie om dringend ‘n gespesialiseerde ontvoerings ondersoekeendheid op die been te bring, om ontvoerders in die provinsie aan die pen te laat ry. Volgens Trudie Grovè-Morgan benodig die ontvoering Donderdag van die munisipale bestuurder van Nkangala-distrik, Maggie Skhosana, en haar…
24 Oct 2022 9AM 1 min

Twee mense is geskiet by 'n winkel sentrum in KaNyamazane

Die polisie ondersoek 'n skietvoorval gisteroggend waartydens een mens gewond en 'n ander dood is. Kolonel Donald Mdhluli sê die voorval het plaasgevind by 'n winkelsentrum in KaNyamazane. Een slagoffer is by die plaaslike kliniek oorlede en die ander is na 'n hospitaal gehaas.
24 Oct 2022 8AM 1 min

Valke waarsku teen peuter met misdaadtonele

Die Valke sê hulle is bekommerd oor lede van die publiek wat met misdaadtonele peuter eerder as om die saak by die owerhede aan te meld. Dit na videomateriaal op sosiale media gedeel is waarin mense kontant buit op die toneel van 'n transitoroof. Die woordvoerder van die Valke in…
24 Oct 2022 6AM 1 min

DA bekommerd oor werkloosheid onder vroue in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd oor werkloosheid onder vroue in die provinsie. Volgens Bosman Grobler toon ‘n verslag oor die bemagtiging van vroue wat deur Statistieke Suid-Afrika saamgestel is, dat 60-persent van werksoekers wat hoop opgegee het, vroue is. Meer as 41-persent van vroue in die provinsie…
20 Oct 2022 6AM 1 min

Mpumalanga gryp in om studente in Rusland te help

Die Mpumalanga Departement van Onderwys het amptenare na Rusland afgevaardig om die kwessie van uitstaande beursgelde vir 229 studente uit te sorteer. Die studente, wat met beurse van die departement studeer, het onlangs alarm gemaak omdat hul klasgelde, verblyf en sakgeld nie betaal is nie. Die LUR vir onderwys, Bonakele…
18 Oct 2022 6AM 1 min

Vier vas na vermeende bendegeweld in Barberton twee eis

Vier verdagtes is gister aangekeer in Emjindini Trust aangekeer weens twee vermeende bende-verwante sterftes Vrydag. Volgens die polisie was 'n groep mense onderweg om ‘n graf te grawe voor ‘n begrafnis toe die die voorval plaasgevind het. Een slagoffer is uitgeken as die 18-jarige Thembinkosi Ngobese. Die ander slagoffer is…
18 Oct 2022 3AM 1 min

Premier begin 'skoonmaak' by Rob Ferreira Hospitaal

Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane, en die LUR vir gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het vandag 'n skoonmaakoperasie by Rob Ferreira-hospitaal afgeskop. Dit het ten doel om gesondheidsorg in provinsiale hospitale te verbeter en sal ook by ander hospitale gebeur.
17 Oct 2022 9AM 1 min

271 vermeende onwettige myners in Ermelo vasgetrek

271 vermeende onwettige mynwerkers is aangekeer tydens ontwrigtende optrede in Ermelo Donderdag. Die meeste, 138, is Suid-Afrikaanse burgers. Brigadier Selvy Mohlala sê daar is op toerusting sowel as verskeie voertuie wat met steenkool gelaai was, beslag gelê. Die provinsiale polisiekommissaris, luitenant-generaal Semakaleng Manamela, waarsku dat meer sulke optrede verwag kan…
17 Oct 2022 8AM 1 min

Verdagte aangekeer vir moord op toeris

‘n Verdagte is aangekeer vir die moord verlede Maandag op ‘n Duitse toeris. Die 67-jarige Jörg Schnarr is tydens 'n mislukte kaping op die Numbi-pad onderweg na die Krugerwildtuin doodgeskiet. Volgens polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, is ‘n 32-jarige man Woensdagaand in Nelspruit aangekeer. Hy sal na verwagting vandag in die Kabokweni-hof…
14 Oct 2022 9AM 1 min

Bontle se vermeende moordenaars borgtog geweier

# Die saak teen die vyf mense wat daarvan aangekla word dat hulle die sesjarige Bontle Mashiyane in Mei in Masoyi vermoor het, is die week in Kabokweni borgtog geweier. Sy het op 30 April vermis geraak by haar huis en haar verminkte, ontbindende lyk is drie weke later gevind…
13 Oct 2022 8AM 1 min

Cele Vrydag in Matsulu vir GBG imbizo

Die minister van polisie, Bheki Cele, besoek môre Matsulu vir 'n ministeriële imbizo oor geslagsgebaseerde geweld. Sy woordvoerder, Lirandzu Themba, sê dit het ten doel om veral mans in die gemeenskap aan te moedig om betekenisvol deel te neem aan pogings om huishoudelike geweld en seksuele oortredings te bekamp. Die…
13 Oct 2022 6AM 1 min

KLCBT: Ons sluit nie hekke nie, ons is oop vir toerisme

Dit is onwaarskynlik dat die Numbi-hek na die Krugerwildtuin sal sluit. So sê Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer in antwoord op die minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, se antwoorde aan die Parlement se gekose komitee dat die saak oorweeg word na die moord verlede Maandag op ‘n toeris. Grimbeek sê…
12 Oct 2022 7AM 1 min

Vermeende verkragter in hospitaal na gemeenskapslede hom aanval

‘n Vermeende verkragter is in die hospitaal na hy na bewering deur 'n groep mans aangeval is. Die verdagte het na bewering vroeg Sondagoggend ‘n jong vrou by Thubelihle in Kriel aangeval. Sy het om hulp geskree, en die mans het haar te hulp gesnel. Kolonel Donald Mdhluli sê die…
11 Oct 2022 9AM 1 min

Mpumalanga is gereed vir rekordaantal matrikulante wat vanjaar eindeksamen skryf

'n Rekordaantal voltydse graad 12-leerlinge skryf vanjaar weer die matriekeindeksamen in Mpumalanga. Dit skop op 31 Oktober af. Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend in Bethal die gereedheid van sy departement aangekondig. Hy sê die eksamens verloop sedert 2010 sonder voorval in die provinsie. Amptelik is die mikpunt…
11 Oct 2022 5AM 1 min

DA: Hlophe se aanstelling 'skokkend'

Die DA in Mpumalanga het die aanstelling van Nompumelelo Hlophe as die nuwe LUR vir finansies, ekonomiese ontwikkeling en toerisme as “skokkend” beskryf. Hlophe vervang vir Vusi Mkkatshwa. Jane Sithole, die DA leier in die provinsie, verwag dat sy sal sukkel in die portefeulje.
7 Oct 2022 7AM 1 min
920 – 940