Die DA in Mpumalanga het die aanstelling van Mandla Msibi as LUR van samwerkende regering verwelkom. Hy is verlede jaar afgedank na hy van moord aangekla is, maar die aanklagte is in September teruggetrek. Jane Sithole, die DA leier in die provinsie, sê die party is versigtig optimisties oor sy…
Die polisieminister, generaal Bheki Cele, en die nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola, besoek vandag Mpumalanga na ‘n Duitse toeris Maandag tydens ‘n mislukte kaping doodgeskiet is op die Numbi-pad onderweg na die Krugerwildtuin. Hulle sal vanoggend die toneel besoek. Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het ‘n beroep gedoen op…
Die moord op ‘n Duitse toeris naby die Krugerwildtuin gister is wyd veroordeel. Die slagoffer en drie ander het na die Numbi-hek naby Witrivier gery toe drie gewapende aanvallers hulle voorgekeer en beveel het om uit te klim. Die bestuurder het egter die deure gesluit en is toe deur die…
Die DA het sy stem gevoeg tot die koor wat met afgryse gevul is dat ‘n Duitse toeris gistermiddag op die Numbi-pad na die Krugerwildtuin doodgeskiet is tydens ‘n beweerde kaping. Die Kruger-Laeveld-sakekamer het ‘n beloning van 50-duisend-Rand uitgeloof vir inligting oor die verdagtes. Die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap sê…
Die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Intellektuele Gestremdes se SA Ope Spele het gister by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier afgeskop. Atlete ding deur die week mee in atletiek, landloop, netbal, basketbal en futsal met die eindstryde van die verskillende kodes wat Vrydag plaasvind. Die spele is vanoggend amptelik geopen. Die president…
Die Kruger-Laeveld-sakekamer het ‘n beloning van R50 000 uitgeloof vir inligting oor die verdagtes wat gistermiddag ‘n Duitse toeris tydens ‘n mislukte kaping doodgeskiet het. Volgens die polisie was ‘n groep van vier toeriste van Duitsland om ongeveer 16:30 op die R538 Numbi-pad onderweg na die Numbi-hek van die Krugerwildtuin…
Atlete van sewe provinsies begin vandag deelneem aan die Suid-Afrikaanse Sportvereniging vir Intellektuele Gestremdes se SA Ope Spele. Dit word by Hoërskool Rob Ferreira aangebied in samewerking met die provinsiale departemente van onderwys en sport. Atlete ouer as 16 jaar sal meeding in atletiek, landloop, netbal, basketbal en futsal. Woordvoerder,…
Die Departement van Onderwys in Mpumalanga sê dit is bekommerd oor meisies van skoolgaande ouderdom wat babas kry. Agt-duisend-830 leerlinge tussen 10 en 19 jaar oud het tussen April 2021 en Maart vanjaar geboorte gegee. Landwyd is die getal 90-duisend. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê ‘n werkswinkel is verlede week gehou…
Die Mpumalanga departement van Onderwys het vandag met lenteskool ekstraklasse vir graad. 12-leerlinge begin. Woordvoerder, Gerald Sambo, sê dit is gemik op alle skole wat verlede jaar ‘n slaagsyfer van minder as 70-persent behaal het. Die klasse word tot Vrydag by 133 sentrums aangebied deur onderwysers wat gekies is op…
Die departement van gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga ondersoek ‘n ongeluk wat gisteraand die lewe van drie mans geëis het. Volgens woordvoerder Moeti Mmusi was hulle om ongeveer 18:30 besig om ‘n band om te ruil van die minibus waarin hulle gery het tussen Karino en Kamagugu toe hulle van agter deur…
'n Boer is gisteraand grusaam op sy plaas by Sterkspruit buite Mbombela vermoor. Etienne du Toit het gaan waterpompe afsit en toe hy nie teruggekeer het huis toe nie, het sy seun in ‘n macadamia-boord op sy liggaam afgekom. Sy motorfiets, selfoon en kluissleutels sowel as ’n ysterstaaf is op…
Die DA in Mpumalanga het ‘n beroep gedoen dat landelike veiligheidseenhede heringestel word en landelike gemeenskapspolisieëringseenhede op die been gebring word. Dit volg op nog ‘n plaasmoord in die provinsie die week. Jessie Henry Coleman (72) is Dinsdag vasgebind in ‘n plas bloed in sy huis op sy plaas naby…
Die polisie in Kabokweni ondersoek ‘n moord na die liggaam van die 27-jarige Lindelani Thabethe Dinsdagmiddag in ‘n vlak graf ontdek is. Hy is Sondag laas saam met ‘n vriend gesien tot die polisie inligting ontvang het van die graf in ‘n erf in Kabokweni. Volgens Kolonel Donald Mdhluli is…
Drie amptenare van die provinsiale departement van openbare werke het gister saam met drie maatskappy-direkteure in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagtes van korrupsie, bedrog en geldwassery. Volgens die Valke het die adjunk-hoofdirekteur van die departement, Sipho Monareng, saam met die twee ander amptenare en die verskaffers gewerk om eise te…
Busse en taxis is vandag nie in die Laeveld beskikbaar nie, na geweldadige protesoptrede deur taxi's gister chaos op hoofroetes gesaai het. Hoewel die situasie onder beheer is, waarsku die gesamentlike operasionele bevel dat dit onvoorspelbaar bly. ‘n Vergadering om die kwessie te bespreek word vir vanimddag beplan tussen die…
‘n Moordverdagte wat in Augustus uit polisieaanhouding ontsnap het, is Vrydag tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis daarvoor. Karabo Chiloane (29) het uit die aanhoudingselle van die Belfast-landdroshof ontsnap voor sy verskyning vir 'n moord wat in 2020 in Machadodorp gepleeg is. Hy is ‘n paar dae later in Acornhoek heraangekeer…
Die N4 bly gesluit na 'n ongeluk vanoggend tussen die Sudwala- en Schagen-afdraaie toe twee vragmotors teen mekaar gebots het. Opruimingswerk is onderweg. Volgens Kyle van Reenen van Emer-G-Med het beide bestuurders matige beserings opgedoen en is hulle hospitaal toe geneem vir behandeling.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Mpumalanga sê hy gaan nie ‘n klagte teen die minister van Finansies indien nie. Dit volg nadat ‘n saak van seksuele aanranding in Augustus teen minister Enoch Godongwana oopgemaak is. Die voorval het na bewering op 9 Augustus by ‘n hotel in Skukuza gebeur. ‘n…
Span Solar Flair het aan die pas afgelope Sasol Solar Challenge deelgeneem. Dié plaaslike span was die enigste private span wat oor agt dae sowat 2 500 km van Johannesburg na Kaapstad in hul self-geboude elektriese voertuig afgelê het. Internasionale spanne verbonde aan universiteite het met die louere weggestap, maar…
‘n Vrou en die twee moordenaars wat sy gehuur het om haar man te vermoor, is gister elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis in Delmas. Devilier Dan Zulu, ‘n taxi-eienaar, is in Julie 2011 in Embalenhle in sy oprit doodgeskiet. Volgens die Valke se Kaptein Dineo Sekgotodi het sy vrou, Thembisa…
23 Sep 2022 6AM
1 min
940 – 960
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.