Skriftuurlik

Het jy vrae oor die lewe, God, of die Bybel? Indien wel, is Skriftuurlik met Wynand & Pastoor Rocky op Radiokansel die platform om dit te vra. Luisteraars stuur vrae direk na die ateljee via WhatsApp. Aanbieders Wynand Rossouw en Pastoor Rocky Stevenson poog dan om hierdie vrae te beantwoord. Die doel van die program is om antwoorde uit die Bybel te vind oor kwessies waarmee mense in hul alledaagse lewens sukkel.
Weekly English South Africa Christianity · Christianity
198 Episodes
180 – 198

Wat sê die Bybel oor hertrou?

Wat se die Woord oor hertrou met my eerste man nadat ons geskei is oor egbreek en hy weer met iemand ander getrou het . Nou wil hy die persoon skei en terug keer na sy eerste huwelik . Wat se die Skrif hieroor...is van die vrae waarna ons vandag…
16 Feb 2021 52 min

Spoke en die Bybel

in Matt 14 :26 sien die dissippels JESUS vir n spook aan . Die vraag wat die luisteraar dan vra is "Wat vir n ding is n spook en bestaan spoke ?" hierdie en ander vrae is die onderwerp van bespreking vanoggend in ons program Skriftuurlik
9 Feb 2021 52 min

Kan satan ons gedagtes aanval en beheer?

Een van vele vrae wat Wynand & Past Matt uit die Skrif beantwoord. Ons kyk ook na God se opdrag aan satan om Job se lewe te spaar, die verkiesing van die dissipels en hoekom almal nie so prominent deur die Nuwe Testament figureer nie.
2 Feb 2021 51 min

Kan ons God se planne verander deur gebed?

Vandag kyk Wynand en Pastoor Matt onder andere na n interessante vraag van n luisteraar oor gebed en die vraag is as volg, "Kan ons God se planne verander deur gebed?"
19 Jan 2021 53 min

Skriftuurlik met Past Matt Viljoen en Wynand Rossouw

Ons geselsvandag oor interesante vrae vanaf ons luisteraars bv God wat ons waarsku teen moordpleeg tog het Hy self baie mense in die ou Testament uit die sameleweing verwyder, hoe versoen die dan met Sy opdrag dat lewens kosbaar is…
15 Dec 2020 54 min

Is die COVID-19 entstof die merk van die dier?

Is die COVID-19 teen in-entings middel 'n verbond met die antichris en die merk van die dier? Wynand & Pastoor Matt ondersoek die Skrifte na aanleiding van hierdie en vele ander vrae wat luisteraars vanoggend ingestuur het
8 Dec 2020 53 min

Skriftuurlik: Gebed en hande vou

Waar in die Bybel staan daar, dat ons, ons hande in gebed moet vou wanneer ons bid? Dis maar een van die interresante vrae wat 'n luisteraar gestuur het en wat ons aan die hand van die Skrifte vandag ondersoek saam met Wynand Rossouw en Pastoor Matt Viljoen.
1 Dec 2020 54 min

Is die tyd van Profete oor?

Hoekom is daar mense wat hulself profete noem en is die tyd van die profeet nie al in die Bybel se tyd oor en afgehandel nie? Hoekom praat ons van "Here Here" en "Amen amen," is dit skriftuurlik en wat sou die doel daarvan wees? Wynand & Pastoor Matt ondersoek…
19 Nov 2020 52 min

Hoe verstaan ons die God van die Ou Testament?

Hoekom se God dat die mens nie mag moor nie maar in die Ou Testament laat Hy duisende sterf aan Sy Hand? Wynand Rossouw en Pastoor Matt Viljoen ondersoek saam met ons luisteraars die Skrifte.
17 Nov 2020 52 min

Wat sê die Bybel oor gesond eet & oefen?

Kan ek my lewe verleng deur gesond te eet en te oefen? Is daar enige riglyne in die Skrif hieroor? Matt Viljoen en Wynand Rossouw kyk na antwoorde uit die Skrifte oor allerdaagse vrae waarmee luisteraars moontlik mag sukkel.
3 Nov 2020 54 min

Wat beteken dit om die Here te vrees?

Matt en Wynand gesels oor daaglikse kwessies wat ons Christen lewens raak en waaroor luistraars vrae mag he. Een van hierdie vrae is wat dit beteken om die Here te vrees maar teenoor dit sê die Skrif ook dat liefde alle vrees weg dryf?
27 Oct 2020 52 min

Suid-Afrika se Historiese Rasse Probleem

Watter forum kan vandag gebruik word om Suid-Afrika se historiese rasse probleem aan te spreek. Luister gerus na Skriftuurlik met Pastoor Matt Viljoen en Wynand Rossouw wat saam met jou die skrifte ondersoek na antwoorde op die en ander vrae.
20 Oct 2020 51 min

Verassing of Begrafnis?

Wat sê die Bybel oor verassing of begrafnis? Aanbieders Wynand Rossouw en Pastoor Matt Viljoen poog om hierdie vraag te beantwoord uit die Woord.
14 Oct 2020 52 min
180 – 198