Skriftuurlik

Het jy vrae oor die lewe, God, of die Bybel? Indien wel, is Skriftuurlik met Wynand & Pastoor Rocky op Radiokansel die platform om dit te vra. Luisteraars stuur vrae direk na die ateljee via WhatsApp. Aanbieders Wynand Rossouw en Pastoor Rocky Stevenson poog dan om hierdie vrae te beantwoord. Die doel van die program is om antwoorde uit die Bybel te vind oor kwessies waarmee mense in hul alledaagse lewens sukkel.
Weekly English South Africa Christianity · Christianity
206 Episodes
200 – 206

Is die tyd van Profete oor?

Hoekom is daar mense wat hulself profete noem en is die tyd van die profeet nie al in die Bybel se tyd oor en afgehandel nie? Hoekom praat ons van "Here Here" en "Amen amen," is dit skriftuurlik en wat sou die doel daarvan wees? Wynand & Pastoor Matt ondersoek…
19 Nov 2020 52 min

Hoe verstaan ons die God van die Ou Testament?

Hoekom se God dat die mens nie mag moor nie maar in die Ou Testament laat Hy duisende sterf aan Sy Hand? Wynand Rossouw en Pastoor Matt Viljoen ondersoek saam met ons luisteraars die Skrifte.
17 Nov 2020 52 min

Wat sê die Bybel oor gesond eet & oefen?

Kan ek my lewe verleng deur gesond te eet en te oefen? Is daar enige riglyne in die Skrif hieroor? Matt Viljoen en Wynand Rossouw kyk na antwoorde uit die Skrifte oor allerdaagse vrae waarmee luisteraars moontlik mag sukkel.
3 Nov 2020 54 min

Wat beteken dit om die Here te vrees?

Matt en Wynand gesels oor daaglikse kwessies wat ons Christen lewens raak en waaroor luistraars vrae mag he. Een van hierdie vrae is wat dit beteken om die Here te vrees maar teenoor dit sê die Skrif ook dat liefde alle vrees weg dryf?
27 Oct 2020 52 min

Suid-Afrika se Historiese Rasse Probleem

Watter forum kan vandag gebruik word om Suid-Afrika se historiese rasse probleem aan te spreek. Luister gerus na Skriftuurlik met Pastoor Matt Viljoen en Wynand Rossouw wat saam met jou die skrifte ondersoek na antwoorde op die en ander vrae.
20 Oct 2020 51 min

Verassing of Begrafnis?

Wat sê die Bybel oor verassing of begrafnis? Aanbieders Wynand Rossouw en Pastoor Matt Viljoen poog om hierdie vraag te beantwoord uit die Woord.
14 Oct 2020 52 min
200 – 206