GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
574 Episodes
440 – 460

#DieGrootTrek - Thys Van Zyl van Everest Wealth

Dis weer tyd vir Thys van Zyl van Everest Wealth om te kom inloer in vir ons te vertel wat gebeur het in die finansiele wereld oor die laaste maand. Ons vind ook meer uit oor die rentekoers aanpassing en wat dit beteken vir die man op die straat.
28 Jul 2022 30 min

#DieGrootTrek - Arnold Vosloo oor sy nuwe reeks Ludik

Die talentvolle Arnold Vosloo het gekuier by Doepie & Nina. Die Hollywood akteur is tans in Suid Afrika om sy nuwe Afrikaanse Netflix reeks "Ludik" te bemark. Arnold gee vir ons 'n bietjie insig oor hoe hy in hollywood beland het en ons loer ook in by sy mede Suid-Afrikaanse…
26 Jul 2022 40 min

#JouGrootKuier - Bernice West

Die super talentvolle Bernice West kom kuier saam ons in die ateljee vandag met n paar akoestiese weergawes van haar gewildste liedjies en sy het ook n spesiale "Mashup" vir ons gebring wat jou asem weg sal slaan.
22 Jul 2022 32 min

#DieGrootTrek - Ian Cameron (Action Society SA)

Ons almal het die video gesien op sosiale media waar Minister van Polisie Bheki Cele vir Action Society SA se Ian Cameron uit die saal uit jaag. Ons gesels met Ian om te hoor wat presies die storie daar was en ook wat die werk van Action Society SA is.
19 Jul 2022 29 min

#JouGrootKuier - DroomSindroom

Die sosiale media sensasie en huidige nommer 1 op die Groot20, DroomSindroom kuier die week in die ateljee vir Jou Groot Kuier.
15 Jul 2022 34 min

#JouGrootKuier - Janie Bay

Die super talentvolle Janie Bay kuier by Doepie en Nina vir Jou Groot Kuier. Sy bederf ons met 'n paar akoestiese weergawes van haar liedjies en n cover van Post Malone se circles.
8 Jul 2022 35 min

#JouGrootKuier - Martin Bester & Loufi

Twee groot name in die afrikaanse musiek industrie kuier vandag op Jou Groot Kuier. Martin Bester en sy band voer vir ons Lilly Live op en Loufi wys hoe mens n rap los slaan met Wit Skoene.
1 Jul 2022 36 min

#DieGrootTrek - Genl. Johan Jooste - Rhino War

'n Dag in die lewe van afgtrede Generaal Johan Jooste wat gevra is om ons nasionale parke se bewaarders met sy militere agtergrond te kom oplei om seker te maak dat die bewaarders stropery kan bekamp.
27 Jun 2022 33 min

#JouGrootKuier - Wikus Botma

Die talentvolle Wikus Botma kuier vandag op die King Price Rooi stoel vir Jou Groot Kuier. Die man slaan uit met n paar lekker akoestiese nommers van sy eie liedjies en ook 'n paar covers wat jou mond sal laat oop hang.
24 Jun 2022 32 min

#DieGrootTrek - Norman MacFarlane (Secret War in Angola)

Norman vertel ons meer van sy ervaring as jong man in die weermag en die oorlog in Angola. Nie net vertel hy van sy tyd daar nie maar al die letsels wat agter gebly het na die oorlog en hoe hy om hulp moes vra om homself weer te vind.
23 Jun 2022 32 min

#JouGrootKuier - Jo Black

Die legende Jo Black kuier op die King Price rooi stoel vandag met splinternuwe liedjies van sy nuwe album Vegter.
17 Jun 2022 30 min
440 – 460