GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
574 Episodes
500 – 520

#DieGrootTrek - Peterson Topscano TikTok sensasie!

Die Amerikaner, Peterson Toscano, het groot naam gemaak op TikTok vir sy liefde van Suid-Afrikaanse kultuur en ook sy belangstelling in Afrikaans. Hy Kuier saam Doepie & Nina en het vir hulle "Jerky" van die VSA gebring om te vergelyk met biltong. Doepie was nie baie beindruk nie.
1 Mar 2022 33 min

#DieGrootTrek - Kamp Draadloos - Episode 4

Episode 4 van Kamp Draadloos vervolg op die storie waar Oom Theunis vir Belinda gevra het waarom sy Babers in die Swembad gegooi het. Sonya is woedend en daar moet dringend 'n plan gemaak word.
28 Feb 2022 5 min

#JouGrootKuier - Zaam Sonnekus

Zaan Kuier saam Nina op die Rooi Stoel vir #JouGrootKuier. Zaan doen n paar akoestiese nommers en Nina vertel ook vir hom van n Suid-Afrikaanse legende wat dink hy is die toekoms van musiek in SA.
25 Feb 2022 32 min

#DieGrootTrek - Kamp Draadloos - Episode 3

Ruben het die "hots" vir Danielle en kul haar in 'n piekniek in. Hy is 'n hopeless romantic en het toe die tekens verkeerd gelees en opgedaag by Danielle in sy onderboekie!
21 Feb 2022 6 min

#JouGrootKuier - Brendan Peyper

Brendan is Doepie en Nina se gas op die rooi stoel die week en kom voer van sy bekendste liedjies akoesties op in die ateljee.
18 Feb 2022 32 min

#DieGrootTrek - Wat gebeur tussen Rusland & Ukraine.

Mnr Roland Henwood, Politiese Wetenskaplike en Kommentator by Universiteit van Pretoria verduidelik die huidige situasie tussen Rusland en Ukraine en ook wat die kanse is op "WW3". Ons gesels ook met Shaun Van Wyk, 'n Suid Afrikaner wat in Ukraine woon om te hoor wat die gevoel is onder die…
15 Feb 2022 26 min

#JouGrootKuier - Franja Du Plessis

Die beeldskone en talentvolle Franja Du Plessis kom kuier by Doepie op JouGrootKuier en gee vir ons n paar lielike akoestiese weergawes van haar liedjies. En vertel ons ook bietjie meer van liefdeslewe.
11 Feb 2022 31 min

#DieGrootTrek - Johrne Van Huysteen

Ons geliefde #GrootOntbyt aanbieder Johrne Van Huysteen verlaat ons binnekort om n nuwe loopbaan te betree. Doepie & Nina gesels bietjie met hom oor wat die toekoms inhou en van sy gunsteling oomblikke op die TV program.
10 Feb 2022 28 min

#JouGrootKuier - Valiant Swart & Gian Groen

Valiant en Gian kuier saam op JouGrootKuier. Hulle vertel ons bietjie meer oor hoe die generasies voor hulle, hulle "stage names" vir hulle gegee het en GrootFM se Hoopstoot fonds help Valiant uit met R10 000 vir sy vrou se kanker behandeling.
28 Jan 2022 34 min

#GrootGeld - Thys Van Zyl Januarie Geldsake

Thys van Everest Welath Management kuier in die ateljee vir die heel eerste #GrootGeld geselsie. Oor die volgend paar maande sal Thys 1 keer 'n maand by Doepie en Nina kom draai om 'n opsomming te gee van die maand wat verby is se geldsake.
27 Jan 2022 26 min

#JouGrootKuier - Eloff

Die Prins van Potch, Eloff, Kuier saam Doepie en Nina op Jou Groot Kuier geborg deur King Price en voer vir die heel eerste keer sy gewilde treffer "Johnny Blou" akoesties op!
21 Jan 2022 22 min
500 – 520