GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
574 Episodes
520 – 540

#DieGrootTrek - David Louw

Akteur en Skrywer David Louw kuier in die ateljee om te gesels oor wat 2022 vir hom inhou en ook oor die boerdery wat hy nou gaan aanpak met n spesiale verrassing van Doepie en Nina vir hom op die foon lyn!
18 Jan 2022 28 min

#DieGrootTrek - Nina dare vir Doep om 'n radio drama te doen.

Na Doepie met Nina en Jennifer gek geskeer het oor hulle drama opvoerings het Nina besluit dit sal n goeie idee wees om te kyk of Doepie ook sy lyf kan akteur hou en saam haar in 'n radio drama kan speel vir die eerste #GrootDare van 2022.
17 Jan 2022 9 min

#DieGrootTrek - Clinton Gahwiler

Clinton is 'n Sielkundige wat spesialiseer in die opknapping van sport persone se "Mental Toughness". Hy kuier saam Doepie en Nina om te gesels oor hoe ons, ons eie breine kan programmeer om 2022 better te benader.
13 Jan 2022 27 min

#JouGrootKuier - Rooksein LIVE

Rooksein kuier bietjie saam Doepie & Nina op Jou Groot Kuier met trots geborg deur King Price. Hulle voer hulle groot treffer Damlelielief op en ons hoor hulle splinternuwe enkele snit vir die eerste keer.
19 Nov 2021 29 min

#JouGrootKuier - Die Campbells

Die Campbells kuier saam Nina en Sonet in die ateljee vir die week se Jou Groot Kuier met trots geborg deur King Price. Die manne rukkie die kitare uit en sluit die week af met 'n lekker jol!
12 Nov 2021 26 min

#DieGrootTrek - Carina Nel (Alexa van 7de Laan)

Die beeldskone Carina Nel kuier saam Doepie en Nina om te gesels oor haar karakter, Alexa, in 7de Laan, die nuwe uitdaging van ma wees en vertel 'n paar stories van hoe Nina haar ontgroen het op skool!
14 Sep 2021 26 min

#JouGrootKuier - Pieter Koen

Met 'n splinternuwe album en sy eie unieke Pieter Koen stempel op 'n paar ou klassieke nommers is Pieter Koen ons gas op Jou Groot Kuier met Trots geborg deur King Price.
10 Sep 2021 32 min

#DieGrootTrek - Die Groot Dare (Rock of Hope Huis)

Doepie en Nina het die Rock Of Hope Huis se dare aanvaar en gaan help om die babas en kleuters waarna hulle kyk te versorg vir 'n oggend. Thys van Everest Wealth Management het toe ook n verrassing vir Wouter en sy span!
6 Sep 2021 21 min
520 – 540