GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
574 Episodes
540 – 560

#JouGrootKuier - Neil Somers

Neil Somers kom kuier in die ateljee om van sy liedjies op te voer vir Jou Groot Kuier met trots geborg deur King Price.
3 Sep 2021 34 min

#DieGrootTrek - Groot DARE van Pretoria Arms

Die span van Pretoria Arms het vir Doepie en Nina gedare om te kom kyk wie se skiet talent is better, mans of vrouens en ook meer vertel van hoe veilig wapens kan wees en hoe baie dames tans betrokke raak by sportskiet.
30 Aug 2021 16 min

#JouGrootKuier - Jan Jan Jan

Die manne van JAN JAN JAN kom kuier saam op JOU GROOT KUIER geborg deur King Price, en Doepie en Nina het n verrassing vir hulle.
27 Aug 2021 18 min
540 – 560