Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
176 Episodes
120 – 140

Transatlantiese slawehandel

Transatlantiese slawehandel, wat deel van die wêreldwye slawehandel was, het van die 16de tot die 19de eeu geduur. Tussen 10 en 12 miljoen swart Afrikane is as slawe oor die Atlantiese Oseaan na die vroeë Amerikaanse kolonies (die Amerikas) weggevoer.
5 Mar 2024 12 min

Toneelskepping

Die woord toneel verwys na veel meer as net ’n konsert en sluit, onder meer, die volgende in: dit kan ’n plek wees waar iets besonders voorval of gebeur, of dit kan die voorval of gebeurtenis self wees.
5 Mar 2024 13 min

Tafelberg

Tafelberg is die bekendste berg in die Suidelike Halfrond en is ʼn onvergeetlike gesig, veral in die somer wanneer die suidoostewind waai en wolke en mis oor die rand van hierdie groot, grys berg val om die beroemde “tafelkleed” te vorm.
6 Feb 2024 13 min

Boeddhisme

Volgens oorlewering is Siddhartha Gautama die Boeddha waaruit Boeddhisme ontstaan het. Hy was die seun van koning Suddhodana, 1 heerser van die Sakya-stam (‘n etniese groep suid van die Himalajagebergte) in die 5de eeu v.C.
6 Feb 2024 31 min

Baken

’n Baken of landmerk is ’n maklik herkenbare voorwerp wat uitstaan in die omgewing – hetsy natuurlik of mensgemaak. Bakens kan dikwels van ’n afstand gesien word en is veral nuttig om jou posisie in die omgewing te bepaal. Dit word ook ’n landteken genoem.
6 Feb 2024 14 min

Asemhaling

By die mens en dier beteken asemhaling altyd die opneem van suurstof en die uitskeiding van koolsuurgas.
6 Feb 2024 25 min

Limpopo

Limpopo is bekend vir sy hoë berge en digte woude. Die hoofstad Polokwane se naam beteken “Plek van veiligheid” in Sepedi. Meer as die helfte van die inwoners praat Sepedi.
19 Jan 2024 12 min

Leier

Die voetspore van leiers is oral sigbaar in ons samelewing. Belangrike besluite is deurgevoer danksy dapper leiers wat bereid was om die eerste tree te gee en ook te lei deur ʼn goeie voorbeeld te wees. Oral om ons is daar leiers, baie van ons is self ook leiers.
19 Jan 2024 11 min

KwaZulu-Natal

Durban en KwaZulu-Natal se noord- en suidkus is baie gewilde vakansiebestemmings vir mense van die Hoëveld en Zimbabwe, veral in die winter. Van April tot Oktober hou die warm Agulhasstroom, wat ʼn paar kilometer van die kus af suidwaarts vloei, die watertemperatuur op ʼn baie aangename 25 grade Celcius.
19 Jan 2024 26 min

Kulturele danse

Dans is ‘n opeenvolging van bewegings van die voete, hande en lyf op die maat van musiek, deur ’n individu, ‘n danspaar of ‘n groep. Daar is verskeie vorme van dans: ’n informele manier vir sosiale ontspanning en pret, of ’n formeler vorm wat ’n spesifieke styl behels. Daar is…
19 Jan 2024 17 min

Klimaat

Ons land word dikwels ‘sonnige Suid-Afrika’ genoem omdat ons so ‘n lekker klimaat het en mense wat na lande soos Londen getrek het mis ons heerlike weer gewoonlik. Maar ons klimaat het nie net met ons oorvloedige sonskyndae te doen nie.
19 Jan 2024 15 min

Kinderregte

Die regte van kinders word in die meeste lande as baie belangrik beskou. Daar is ook belangrike dokumente in die wêreld wat aandag gee aan die regte van kinders.
19 Jan 2024 11 min

Kaapkolonie vanaf die 19de eeu

Tussen 1806 en 1872 word die Kaap ʼn Britse Kolonie of Kroonkolonie genoem. (Kroonkolonie verwys natuurlik na die Britse kroon.) Rede vir oorname Die Kaap is in 1806 deur die Britse regering oorgeneem.
19 Jan 2024 15 min

Jan van Riebeeck

Jan van Riebeeck was die stigter van die Nederlandse verversingspos in Tafelbaai in 1652. Hy kan beskou word as die vader van die volksplanting in Suid-Afrika, maar sy eerste besoek aan die Kaap was eintlik heel toevallig.
19 Jan 2024 14 min

Inheemse en uitheemse plante

Jy het sekerlik al die terme fauna en flora gehoor as iemand praat van ʼn land of streek se diere- en planteryk? Die term wat ons vir dierelewe gebruik, is fauna.
12 Jan 2024 16 min

Indiese Oseaan

Van die drie bekendste oseane in die wêreld – die Stille Oseaan, Atlantiese Oseaan en Indiese Oseaan – is die Indiese Oseaan die kleinste. Dié oseaan is ongeveer vyf-en-’n-half keer die grootte van die Verenigde State van Amerika (VSA).
12 Jan 2024 6 min

Goedere en dienste

Goedere is materiële dinge wat ’n mens kan sien, aanraak en koop. Dit is dinge wat mense benodig om aan hul behoeftes en begeertes te voldoen.
12 Jan 2024 5 min
120 – 140