Maroela Media Die pad na selfbestuur

Die pad na selfbestuur

Hierdie boek deur Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging, ondersoek die krisisse waarin die Afrikanergemeenskap hom bevind en bied voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in Suid-Afrika te kan bly woon.
Afrikaans South Africa Books · Government
23 Episodes
1 – 20

Die padkaart na kulturele selfbestuur

In die 34ste hoofstuk van sy boek, Die pad na selfbestuur, sit Flip Buys ʼn raamwerk uiteen wat as ʼn vertrekpunt kan dien vir ʼn moontlike staatkundige plan vir kultuurgemeenskappe soos Afrikaners.
Season 1 / Episode 2 26 min

‘Die pad na selfbestuur’: Plan A, B en C – ’n boer maak ’n plan

Plan B gaan oor selfbesluitneming. Waar plan A oor sukkelende staatsinstellings gaan, gaan plan B oor selfhelp-gemeenskapsorganisasies. Waar plan A oor volledige meerderheidsbestuur gaan, gaan plan B oor groeiende selfbestuur. Met plan B raak ons staatsbestand en selfstandig.
Season 1 / Episode 3 8 min

‘Die pad na selfbestuur’: Die Solidariteit Beweging se hoofstroomplan

Die aanname by die Solidariteit Beweging was dat Afrikaners ’n toenemende behoefte aan doeltreffende beskerming sou benodig. Dus is beplan om dit tot ’n hedendaagse Helpmekaarbeweging uit te brei om noodsaaklike dienste aan die Afrikanergemeenskap, asook ander gemeenskappe te lewer.
Season 1 / Episode 3 14 min

‘Die pad na selfbestuur’: Vrystede as model vir groeiende selfbestuur

Buys kom uiteindelik tot die gevolgtrekking dat vooruitstrewende kulturele vrystede die alternatiewe oplossing is. “Indien hierdie dorpe genoeg ondersteuning geniet, kan al meer provinsiale en selfs nasionale funksies van die sentralistiese owerheid daarna afgewentel word.”
Season 1 / Episode 9 17 min

‘Die pad na selfbestuur’: Skotland en ’n Afrikaner-vrystad

In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek "Die pad na selfbestuur" beskryf hy ʼn komiese fiktiewe toekomsverhaal oor Brittanje. Hierdie denkbeeldige toekoms in Brittanje word as’t ware vervleg met die geskiedenis en beleid wat in Suid-Afrika van toepassing is en beskryf wat die gevolg hiervan in ʼn ander…
Season 1 / Episode 9 18 min

‘Die pad na selfbestuur’: Ons geslag se taak

In dié hoofstuk, ondersoek Flip Buys van die Solidariteit Beweging die taak wat vandag aan Afrikaners opgelê is en bied praktiese insigte oor hoe dit vermag kan word. Luister saam na dié hoofstuk om Buys se uiteensetting te hoor van dit wat gedoen moet word, soos voorgelees deur Martin Jansen.
Season 1 / Episode 9 18 min

‘Die pad na selfbestuur’: ANC-regering al meer soos besettingsmag

Buys skryf verder dat dit egter mettertyd duidelik geword dat die ANC net die destydse toegewings gemaak het om mag te bekom waarna hulle daardie einste mag begin gebruik het om hul sosialistiese doelstellings te verwesenlik. Kom luister na die voorlesing van dié hoofstuk.
Season 1 / Episode 15 10 min

‘Die pad na selfbestuur’: 1994 is verby

In hierdie hoofstuk klim Flip Buys kaalvuis in oor die “aannames” van die 1994-skikking en beoordeel dan hierdie aannames aan die uiteindelike gevolge wat uitgespeel het. Kom luister saam na die voorlesing.
Season 1 / Episode 15 18 min

‘Die pad na selfbestuur’: Die Grieke, Romeine en Afrikaners

In vandeesweek se voorlesing van Flip Buys se boek, Die pad na selfbestuur, kyk Buys na die stappe wat gevolg sal moet word indien die Afrikaner uit sy huidige bestaanskrisis wil kom. Kom luister saam na Martin Jansen se voorlesing van dié hoofstuk.
Season 1 / Episode 15 21 min
1 – 20