Maroela Media Die Bankroof – ’n vervolgverhaal

Die Bankroof – ’n vervolgverhaal

Die Bankroof, geskryf deur Joe Kleinhans, speel af in Maraisburg, ʼn dorpie in die Suid-Kaap, waar ʼn ou bank oor ʼn naweek beroof word. Die roof herinner aan ʼn historiese tonnelroof en bring die gemeenskap in beroering, veral omdat miljoene én die inhoud van sluitkissies verdwyn.
Kaptein Van Rooy, reeds oorlaai met onopgeloste sake, moet die ondersoek hanteer terwyl die media en inwoners druk uitoefen. Sy eksvrou, die ondersoekende joernalis Rachel Wolvaardt, arriveer ook en bemoeilik sake verder.
Verskeie dorpenaars met eie agendas en geheime word betrek: Juliana Julies, ʼn ambisieuse sakevrou; Magriet Manders, wat antwoorde oor haar man se moord soek; Vincent Vogel, wat sy verlede probeer ontvlug; Nettie en Shirley, twee ondernemende vriendinne; en Philip Putter, ʼn ryk boer met ʼn tragiese geskiedenis.
Die verhaal ontvou oor 60 episodes en kombineer spanning, misterie en drama, terwyl ou geheime onthul en verhoudings getoets word.
Die bankroof is vervaardig deur Bettie Kemp. Die karakters word vertolk deur Anton Schmidt as Kaptein, Ria Smit as Magriet, Marina Coetzee as Rachel, Johny Klein as Vincent, Bettie Kemp as Juliana, Claudia Jones as Shirley, Nadia Beukes as Nettie en Leon van Nierop as Phillip.
Tegniese versorging is deur Marius Vermaak, en die vervolgverhaal is in Maroela Media se ateljee opgeneem.
Afrikaans South Africa Drama
No episodes to display.