
Nogsteeds in verwondering tien jaar later
Loading player...
Janine gesels met 3 uit die vier manne wat 10 jaar gelede in Sutherland 'n naweek gaan spandeer het, en daaruit die CD “In Verwondering” die lig laat sien het. Dis 2:30AM in Amerika, so Louis Brittz kon nie saamgesels nie, maar Neil Büchner, Retief Burger en Helmut Meijer staan almal reg om weer vir een aand saam daardie wonderwerk te herleef die 19de Mei.