
LEEF! - Annette de la Porte - Verlies en isolasie na Covid
Loading player...
02.05.2022 - Hoe ek treur kan my vernietig of my vernuwe. Ek kan bitter of beter word. Ek kan ‘n katedraal bou vir my pyn en dit aanbid en vertroetel. Ek kan dit onderdruk en ignoreer todat dit my siek maak. Verliese is deel van die lewe. Treur is die belewenis van verlies in wat ons dink en voel. Om te rou is om uiting te gee aan my treurproses. Ek rou deur uiting te gee aan my emosies deur te huil, daaroor te praat, ‘n joernaal te hou, briewe te skryf, kuns of musiek te benut om kreatief te treur. Ek kan slegs rou as ek kies om my verlies raak te sien.