
Wiele2Wiele gesels oor hibriede motors
Loading player...
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die opgeknapte Toyota Corolla Sedan en die Toyota Hatch (luikrug), maar met hulle jongste weergawe van die petrol-elektriese hibriede dryfstelsel. Hulle ervaar ook Toyota se RAV4 Plug-In Hybrid wat jy nog nie kan koop nie, maar daar is ’n paar in die land as ’n marknavorsingsoefening. Hulle deel baie interessante nuus van Volkswagen SA en gaan ry ook met Volvo se XC60 T8 Recharge Plug-In Hybrid. Vir die wenk van die week, verduidelik hulle hoe al hierdie hibriede tegnologie werk en gesels vir 2Wiele oor Ducati wat die MotoGP kampioenskap gewen het, na ’n droogte van 15 jaar.