TLU SA het 'n nasionale veldtog van stapel gestuur om steun te werf teen die voorgestelde wysigings aan die Wet op Beheer van vuurwapens. Isabel van Tonder gesels met Bennie van Zyl, Hoofbestuurder van TLU SA oor die veldtog wat hulle loods teen die wysigings.
Willie Aucamp, Minister van Landbou, het onlangs Vrystaat Landbou se kongres in Bloemfontein bygewoon. Isabel van Tonder gesels met hom oor sy visie vir sy portefeulje en sy boodskap van hoop aan elke boer van Suid-Afrika.
Die brandseisoen het aangebreek en brandverenigings is senuweeagtig oor die seisoen en uitdagings wat voorle. Isabel van Tonder gesels met Johan Terblanche,, bestuurder van die sambreelbrandverenigings in die Vrystaat oor die gereedheid van brandverenigings in die Vrystaat. Daar word ook brandstroke en veiligheidsvereistes bespreek.
Die kouefront en afsnylaagdruk waarin die land tans vasgevang is, is nie die laaste kouefront wat in Augustus en September kan voorkom nie, Isabel van Tonder berig daaroor.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.