
Wiele2Wiele vat langpad met Renault Duster
Loading player...
Hierdie week is Wiele2Wiele breëbors trots oor die Toyota Gazoo Racing-span wat die 2023 Dakar-ren vir die derde keer met ’n Suid-Afrikaans vervaardigde Toyota Hilux gewen het! Hulle vertel ook vir jou hoe dit met al die ander Suider-Afrika Dakar-deelnemers gegaan het. Hulle vat die langpad met die Renault Duster en glimlag breed oor die brandstofverbruik en hulle gee ook raad oor sleutellose-toegang-diefstal en wat jy kan doen om hierdie skobbejakke te fnuik.