
Charl Saunderson gesels in sy progam “Kom ons praat ‘n bietjie boer”
Loading player...
Charl Saunderson is ‘n bekende dorper stoet-teler van Kenhardt in die Noord-Kaap, maar ook ‘n berader, predikant en motiveringspreker. Hy gebruik eenvoudige “boere-terme” om ‘n belangrike skakel in die boerdery uit te wys en deel so ‘n paar lesse met mede landbouers. Vandag gesels hy oor hoe “ratte gewissel” kan word in georganiseerde landbou. Saunderson verwys daarna hoe landbouers van mekaar afhanklik is om sukses te behaal.