Die musiek van Pro Strings bring vreugde hierdie Kers seisoen

Loading player...
Pro Strings in Bloemfontein is uit die hart en drome van Sharon de Kock gebore om klassieke musiek na instansies te vat in die feestyd om hul passie vir musiek te deel tydens Kersfees. Die groepie stryk musikante gee hul tyd vir die liefde van die saak en vra ook dat die publiek hulle sal help om basiese items bymekaar te maak wat hulle tydens die gratis konserte kan oorhandig. Om deel te wees van die Kersfees Uitreik kontak Sharon by 082 434 7501. Items wat benodig word is nie-bederfbare kos items, toilteware, lekkergoed en selfs skoonmaak middels.
4 Dec 2023 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min