Leerder van Bloemfontein se sketse maak sy Kersdroom 'n werklikheid

Loading player...
Schalk van der Merwe is 'n leerder van Grey College in Bloemfontein. Hierdie Desember wil hy graag visvang, dit is sy eerste liefde. Maar die jaar moes hy self die fondse bymekaar maak om tydens die lang skoolvakansie sy visvang drome te kan verwesenlik. Sy teken talent het hy by sy ma, bekende skilder, Marcia van der Merwe, gekry. Hy vertel watse tipe sketse hy graag teken en wat sy planne vir die toekoms behels. Wat 'n voorreg vir die OFM Kunsteklop om jong talent die geleentheid te gee om te gesels oor hul passie vir die kunste. Ondersteun gerus vir Schalk: https://www.facebook.com/marciavandermerweart/
18 Dec 2023 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min