Die Storiekas - 'n luister avontuur vir die hele gesin

Loading player...
Anton en Nelien Smith is 'n pa en dogter duo van Bloemfontein wat hul liefde vir stories vertel en skryf met die hele wereld wil deel en met vandag se aanlyn potgooi platforms is dit 'n werklikheid. In die OFM Kunsteklop gesels hulle met Yolanda Maartens oor waar die stories vandaan kom, hoekom dit so lekker is om in Afrikaans te skryf en te kan lewe gee aan die verskeie karakters.

Anton en Nelien wil graag kinders herinner om hul verbeeldings te gebruik en om nie slegs op visuele beelde staat te maak nie.

Vir elke persoon, jonk of oud, klink die wereld van Die Storiekas anders en kan jy vir 'n paar oomblike jouself in die bos met al sy karakters laat verdwaal.

Luister gerus na Die Storiekas en ondersteun Afrikaanse stories vanuit sentraal SA.

https://podcasts.apple.com/us/podcast/die-storiekas/id1711623912
25 Jan 2024 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min