Jaarlikse staptog om 'n plaas te red

Loading player...
Natuurrampe kom sporadies voor in Sentraal-Suid-Afrika. In sommige gevalle is die natuurramp van so aard dat dit gemeenskappe destabiliseer en ‘n humanitêre krisis veroorsaak. Ons dink aan die uitmergelende droogte van 2014 tot 2021/22 in sentraal en westelike Karoo gebiede. Oor die jare het Red-‘n-Plaas en nou Red-‘n-Gemeenskap ongelooflike goeie werk gedoen om befondsing te verkry om hierdie ramp geteisterde gebiede te ondersteun op verskeie maniere. Die jaarlikse camino stap het baie gewild geraak as deel van die ramp ondersteuning projekte. Agri SA Adjunk-president Nicol Jansen vertel hoe mense betrokke kan raak.
15 Feb 2024 2AM Afrikaans South Africa News · Earth Sciences

Other recent episodes

Pannar Suksesverhaal: Johan Swan oor die rol van ondersteuning wat net so belangrik is

Van genetika tot agronomiese kennis en ondersteuning, glo Pannar daarin om saam met boere te werk aan oplossings wat vertroue in besluitneming gee. Pannar Saad is ’n voorloper-saadverskaffer in Afrika, met ’n gefokusde portefeulje van toppresterende mielie-, sonneblom-, sojaboon- en graansorghumkultivars. Want wanneer dit by boerdery kom, gaan sukses oor…
14 Sep 5AM 3 min

Pannar Suksesverhaal: Johan Swan oor die sukses ten spyte van uitdagings

Vir Johan is sukses nie net die resultaat van een goeie besluit nie. Dit kom deur deeglike bestuur, die regte hulpbronne, en genetika waarop jy kan staatmaak. Pannar Saad glo daarin om saam met boere aan oplossings te werk wat hul vertroue in hul besluitneming gee. Met ’n gefokusde saadportefeulje…
14 Sep 5AM 3 min

Bek-en-klouseer: Wat is die plan?

Gedurende 'n paneelbespreking by NAMPO Alfa het dr. Dave Migley van die Herkouerveterinere Vereniging van Suid-Afrika, Jaco Liebenberg van Beefmaster-voerkraal en Dewald Olivier van RMIS met Landbouweekblad-redakteur, Chris Burgess, gesels.
16 Oct 2025 10AM 9 min