"Music For All" die eerste van 'n reeks konserte wat die FSSO se 50ste bestaansjaar vier

Loading player...
Prof Anmari van der Westhuizen van die FSSO sluit by Yolanda Maartens aan in die Kunsteklop om te gesels oor hul eerste uitvoering vir 2024 by die Odeion in Bloemfontein. "Music for All" is die eerste feesviering konsert van die 50 jaar herdenking van die Vrystaat Symfonie Orkes, gestig in 1974. Prof Anmari is solis tydens die aand se uitvoering en sien uit haar tjello vernuf ten toon te stel.
Die konsert is die 9de Maart en kaartjies is R150 vir volwassenes, R100 vir studente en R50 vir leerlinge onder 18 jaar.
Seisoenkaartjies is beskikbaar vir die eerste drie konserte by die FSSO kantore. Vir meer besonderhede kontak die FSSO per epos fsso@ufs.ac.za of skakel 051 401 2342. Die konsert begin om 19:30 en kaartjies is ook beskikbaar op Quicket.
20 Feb 2024 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min