"Music For All" die eerste van 'n reeks konserte wat die FSSO se 50ste bestaansjaar vier

Loading player...
Prof Anmari van der Westhuizen van die FSSO sluit by Yolanda Maartens aan in die Kunsteklop om te gesels oor hul eerste uitvoering vir 2024 by die Odeion in Bloemfontein. "Music for All" is die eerste feesviering konsert van die 50 jaar herdenking van die Vrystaat Symfonie Orkes, gestig in 1974. Prof Anmari is solis tydens die aand se uitvoering en sien uit haar tjello vernuf ten toon te stel.
Die konsert is die 9de Maart en kaartjies is R150 vir volwassenes, R100 vir studente en R50 vir leerlinge onder 18 jaar.
Seisoenkaartjies is beskikbaar vir die eerste drie konserte by die FSSO kantore. Vir meer besonderhede kontak die FSSO per epos fsso@ufs.ac.za of skakel 051 401 2342. Die konsert begin om 19:30 en kaartjies is ook beskikbaar op Quicket.
20 Feb 2024 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Van Potchefstroom na Londen, Jonel Scholtz se kuns op 'n wêreldverhoog

Jonel Scholtz het in 1988 begin skilder terwyl sy op hoërskool was, saam met Louise Goudemond, 'n Amerikaanse kunstenaar wat spesialiseer in figuurlike werk en olieportrette. In 2025 het haar kuns haar weer eens 'n wêreldwye platform gegee. Jonel is gekies om haar kuns in te sluit in "Routines", 'n…
18 Aug 6 min

The Odeion String Quartet is ready for spring with 'Primavera' in Bloemfontein

The Odeion String Quartet invites music lovers to an evening of stirring emotion and vibrant musical storytelling at their upcoming concert, Primavera, on 21 August at 19:00 at the Odeion, at the University of the Free State. Violinist Samantha Durrant joins Yolanda Maartens in the OFM Art Beat to talk…
4 Aug 5 min