Vrystaat Kunstefees - Debuut produksie 'Die waarheid oor duiwe' al die pad van Australië

Loading player...
'die waarheid oor duiwe' is ‘n intieme musiekproduksie vir een vrouestem, ondersteun deur ‘n klavier en ‘n dwarsfluit. Die poësie van die bekroonde digter, Gisela Ullyatt, kry vlerke deur swewende melodieë, nostalgiese, gesproke teks en treffende visuele komponente. Iewers tussen klassieke en kontemporêre musiek vind elke gehoorlid ‘n raakpunt tydens dié aangrypende, eiesoortige Suid-Afrikaanse vertoning.
Karien Jordaan en Marli van der Bijl sluit aan by Yolanda Maartens in die OFM Kunsteklop om meer te vertel oor die besonderse debuut produksie. Kaartjies by Webtickets.
2 Jul 2024 English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

OSM80 vier agt dekades van uitnemendheid by die Odeion in Bloemfontein

Die Odeion Skool vir Musiek (OSM) vier met trots hul 80ste bestaansjaar met 'n galakonsert wat hulde bring aan agt dekades van artistieke uitnemendheid, vernuwing en musiekonderrig. Marius Coetzee van die OSM sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om jou uit te nooi om op 3 September…
12 Aug 5 min