GNU bemagtig Suid-Afrikaners - Sachs

--:--
Die menseregte-aktivis en regter Albie Sachs sê die regering van nasionale eenheid bemagtig Suid-Afrikaners. Sachs sê dit is van deurslaggewende belang om die Grondwet behoorlik te implementeer. Hy sê hy bly ongelukkig oor die probleme waarmee die land te doen het en hoe die meerderheid van Suid-Afrikaners steeds leef. Sachs sê die Grondwet is die hoeksteen van Suid-Afrika se demokrasie:
6 Oct 11PM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Trump loop deur omdat hy mense bangpraat

Dinge is uiters warm in die Amerikaanse politieke landskap en die Republikeinse kandidaat Donald Trump kom onder toenemende kritiek vir sy algemene boodskappe wat vrees onder burgerlikes laat ontstaan. Hy het laat Sondagaand sy vierde besoek in nege dae aan Wisconsin gebring en skare in Juneau toegespreek…
7 Oct 5AM 1 min

Verbruikerskommissie verwelkom bevel teen piramiedeskema

Die Nasionale Verbruikerskommissie verwelkom 'n tweede beslagleggingsbevel wat toegestaan is deur die Hooggeregshof in Gauteng teen die organisasie Women Against Poverty and Hunger, en agt van sy filiale. Die bevel lê beslag op 3,79-miljoen-rand in 14 bankrekeninge, bykomend tot die vorige bevel van 1,5-miljoen-rand. Die woordvoerder Phetho Ntaba sê daar…
7 Oct 4AM 1 min

Vergoeding van US$20m vir Zim-boere sal 'niks verander nie'

Reaksie word ontvang op die Zimbabwiese regering wat vandeesmaand 'n aanvanklike 20 miljoen Amerikaanse dollar aan buitelandse wit en plaaslike swart boere sal betaal wat grond onder Robert Mugabe se mislukte grondhervormingsplan verloor het. Die besteding is in die 2024-begroting toegewys as deel van 'n reeks maatreëls om die land…
7 Oct 4AM 1 min

Omadhiya-meer is dolleeg

Die Omadhiya-meer in die Oshikoto-streek is droog en water van die Cuvelai-stelsel het heel opgedroog. Die gebied maak staat op water van die oshanas en is uiters belangrik vir veeboere in die gebied. Oshikoto se waterterkorte is ‘n geruime tyd in die nuus en plaaslike besigheidseienaars en boere is uiters…
7 Oct 3AM 1 min

14de dwelmmuil by OR Tambo aangekeer

ʼn Drie-en-veertigjarige dwelmmuil van Paraguay is Sondag by die OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer. Die man is die derde wat die afgelope week by die lughawe vasgetrek word nadat die polisie twee Nederlandse reisigers met 80 kilogram Khat betrap het. ʼn Polisie-woordvoerder, Amanda van Wyk, sê dit bring die totale…
7 Oct 3AM 1 min