Trump loop deur omdat hy mense bangpraat

--:--
Dinge is uiters warm in die Amerikaanse politieke landskap en die Republikeinse kandidaat Donald Trump kom onder toenemende kritiek vir sy algemene boodskappe wat vrees onder burgerlikes laat ontstaan. Hy het laat Sondagaand sy vierde besoek in nege dae aan Wisconsin gebring en skare in Juneau toegespreek...
7 Oct 5AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Groot kommer oor koperkabeldiefstal

Koperkabeldiefstal word 'n ernstige probleem in Namibië, en ontwrig noodsaaklike dienste soos telekommunikasie, elektrisiteit en watervoorsiening. Die misdaad belemmer nie net dienslewering nie, maar stel ook aansienlike ekonomiese uitdagings, want ook besighede ly daaronder. Met toenemende werkloosheid en armoede, sal die probleem na verwagting vererger, veral in die hoofstad, waar…
7 Oct 6AM 1 min

Al 14 van die Kaap se provinsiale departemente ontvang skoon oudits

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies, Deidré Baartman, het aangekondig al 14 provinsiale departemente en elf entiteite het vir die 2023/24 boekjaar ongekwalifiseerde oudits gekry. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar van sterk finansiële bestuur. Baartman loof die provinsiale regering se toewyding aan finansiële dissipline en beklemtoon verantwoordelike besteding verseker beter…
7 Oct 6AM 1 min

Lof vir ministerie na hulp aan seekoeie verleen is

Die omgewingsministerie word geloof vir sy bystand aan meer as 100 seekoeie wat vasgevang was in modderpoele in die Salambala-bewarea. Lodge-eienaars in die gebied sê die water wat in die poele gepomp is bring ook verligting vir ander diere en hulle gaste geniet die seekoeie. Kosmos 94.1 Nuus het met…
7 Oct 6AM 1 min

Napha sê oor renoster-uitvoere

Reaksie word ontvang op berigte dat daar nou 42 en nie 32 renosters, soos voorheen berig nie, na die VSA uitgevoer word. Die diere is almal afkomstig van een plaas en die proses is wettig. Axel Cramer, president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
7 Oct 6AM 1 min

Vyf gewapende mans beroof toeriste in Meersig

Nog ‘n groep toeriste is in Meersig in Walvisbaai beroof. Die gewapende mans het gevlug in ‘n gehuurde rooi Volkswagen Polo wat gevind is met een van die vyf verdagtes. Hoofinspekteur Ileni Shapumba het die jongste met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
7 Oct 6AM 1 min