Lof vir ministerie na hulp aan seekoeie verleen is

--:--
Die omgewingsministerie word geloof vir sy bystand aan meer as 100 seekoeie wat vasgevang was in modderpoele in die Salambala-bewarea. Lodge-eienaars in die gebied sê die water wat in die poele gepomp is bring ook verligting vir ander diere en hulle gaste geniet die seekoeie. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie gesels.
7 Oct 6AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Nog 'n man dood in informele nedersetting-brand

Die 33-jarige Xavier Francois Jantjies is Saterdag in 'n brand in 'n informele nedersetting in Keetmanshoop dood. Volgens die polisie het die brand omstreeks 10-voor-5 die oggend by die VTC-kampterrein in Noordhoek uitgebreek. Na bewering het die brand in een informele struktuur ontstaan ​​en vyf is vernietig. Jantjies is onherkenbaar…
7 Oct 8AM 1 min

All Blacks kondig groep aan vir jaareind-to

Rugby: Die skrumskakel Cam Roigard is ingesluit in Nieu-Seeland se groep van 36 spelers vir hulle jaareind-toer. Noah Hotham is daarom uitgelaat, terwyl die veterane Sam Cane, TJ Perenara en die nuweling Cortez Ratima hulle plekke behou in hoofafrigter Scott Robertson se groep. Die All Blacks se toer begin op…
7 Oct 8AM 1 min

Betoog teen ekonomiese lyding, werkloosheid: Cosatu

Die vakverbond Cosatu moedig werkers aan om vandag deel te neem aan 'n Nasionale Dag van Aksie om te betoog teen ekonomiese lyding, werkloosheid en ongelykheid. Die staking val saam met die Wêrelddag vir Ordentlike Werk. Die algemene sekretaris Solly Phetoe sê die federasie eis 'n einde aan afleggings, en…
7 Oct 8AM 1 min

Hoog tyd' vir regulering van skuldinvorderaars

Die Namibië Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, berei voor om skuldinvorderaars te begin reguleer sodra die Verbruikerskredietwetsontwerp bekragtig word. Die wetsontwerp, wat nou in die opstelstadium is, sal na verwagting teen die einde van die finansiële jaar aan die finansminister voorgelê word, na openbare hersiening. Dit sal die meeste kredietooreenkomste…
7 Oct 8AM 1 min

Groot kommer oor koperkabeldiefstal

Koperkabeldiefstal word 'n ernstige probleem in Namibië, en ontwrig noodsaaklike dienste soos telekommunikasie, elektrisiteit en watervoorsiening. Die misdaad belemmer nie net dienslewering nie, maar stel ook aansienlike ekonomiese uitdagings, want ook besighede ly daaronder. Met toenemende werkloosheid en armoede, sal die probleem na verwagting vererger, veral in die hoofstad, waar…
7 Oct 6AM 1 min