Mbumba se besoek aan Duitsland kom op goeie tyd

--:--
President Nangolo Mbumba en sy Duitse eweknie, dr. Frank-Walter Steinmeier, sal amptelike samesprekings hou om betrekkinge tussen Namibië en Duitsland te bespreek. Luidens ‘n verklaring sal hy in sy hoedanigheid as die mede-fasiliteerder van die Beraad van die Toekoms die konferensie gebruik om druk vir die hervorming van internasionale finansiële instellings te plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met Chris Hart, ‘n Suid-Afrikaanse ekonoom gesels oor presies wat dit sou behels.
7 Oct 2AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Trump loop deur omdat hy mense bangpraat

Dinge is uiters warm in die Amerikaanse politieke landskap en die Republikeinse kandidaat Donald Trump kom onder toenemende kritiek vir sy algemene boodskappe wat vrees onder burgerlikes laat ontstaan. Hy het laat Sondagaand sy vierde besoek in nege dae aan Wisconsin gebring en skare in Juneau toegespreek…
7 Oct 5AM 1 min

Verbruikerskommissie verwelkom bevel teen piramiedeskema

Die Nasionale Verbruikerskommissie verwelkom 'n tweede beslagleggingsbevel wat toegestaan is deur die Hooggeregshof in Gauteng teen die organisasie Women Against Poverty and Hunger, en agt van sy filiale. Die bevel lê beslag op 3,79-miljoen-rand in 14 bankrekeninge, bykomend tot die vorige bevel van 1,5-miljoen-rand. Die woordvoerder Phetho Ntaba sê daar…
7 Oct 4AM 1 min

Vergoeding van US$20m vir Zim-boere sal 'niks verander nie'

Reaksie word ontvang op die Zimbabwiese regering wat vandeesmaand 'n aanvanklike 20 miljoen Amerikaanse dollar aan buitelandse wit en plaaslike swart boere sal betaal wat grond onder Robert Mugabe se mislukte grondhervormingsplan verloor het. Die besteding is in die 2024-begroting toegewys as deel van 'n reeks maatreëls om die land…
7 Oct 4AM 1 min

Omadhiya-meer is dolleeg

Die Omadhiya-meer in die Oshikoto-streek is droog en water van die Cuvelai-stelsel het heel opgedroog. Die gebied maak staat op water van die oshanas en is uiters belangrik vir veeboere in die gebied. Oshikoto se waterterkorte is ‘n geruime tyd in die nuus en plaaslike besigheidseienaars en boere is uiters…
7 Oct 3AM 1 min