Vermeende skieter van bestuurders staar 5 klagte in gesig

--:--
Tuutileni Mika, die 49-jarige werknemer van Ondangwa Henning Crusher wat na bewering twee van die bestuurders geskiet het, het vlugtig in die Ondangwa landdroshof verskyn. Hy is aangekla van moord, poging tot moord, diefstal van 'n fiets, afvuur van 'n vuurwapen, en dreigement om dood te maak. Hy is borgtog geweier en sy saak is tot 10 Maart 2025 uitgestel. Een van die bestuurders, die 43-jarige John Myburgh is op slag dood, terwyl Johanna Richter, 44, in 'n kritieke toestand in die Ondangwa-privaathospitaal is. Reaksie is ontvang van Michael Amushelelo, aktivis en lid van die LPM-party.
7 Oct 10AM Afrikaans Namibia News

Other recent episodes

Plaaslike minerale-verwerking ‘sal effek van minder uitvoere oorskry’

Die regering het 'n beleid ingestel wat daarop gemik is om plaaslike werkskepping en waardetoevoeging binne die land te bevorder deur die uitvoer van rou minerale te beperk. Terwyl die langtermyndoelwit van die beleid is om ekonomiese groei te stimuleer en meer voordele binne Namibië te behou, het dit tot…
7 Oct 12PM 1 min

Nog ‘n massaskietery in Oos-Kaap, 6 sterf in Qumbu

Die Oos-Kaapse polisie is besig met 'n soektog ná 'n moord Sondagaand op ses mense in Godini naby Qumbu. Vier mense is gewond. Die slagoffers was volgens berigte lede van die gemeenskapspolisieforum. Die tragedie volg net meer as 'n week nadat 18 mense in Lusikisiki afgemaai is. Polisiewoordvoerder Majola Nkhohli…
7 Oct 12PM 1 min

Wanvoeding in Hardap-, Karas-streke onder die loep

Die parlementêre Staande Komitee oor Geslagsgelykheid, Maatskaplike Ontwikkeling en Gesinsaangeleenthede het begin met konsultasievergaderings in die Hardap- en Karas-streke oor die plaaslike wanvoedingstatus. Die weeklange konsultasie-toer sal na die distrikshospitale en klinieke wees. Vertroudmakingsbesoeke sal ook aan staatshospitale gebring word. Die vergaderings het vandag met die goewerneur van die Karas-streek…
7 Oct 11AM 1 min

Nobelprys vir Fisiologie/Medisyne gaan vir mikroRNA-ontdekking

2024 se Nobelprys vir Fisiologie of Medisyne is toegeken aan twee Amerikaanse wetenskaplikes, Victor Ambros en Gary Ruykun, vir die ontdekking van mikroRNA en sy rol in die regulering van geen-aktiwiteit. Hulle navorsing toon verskillende seltipes kan bepaalde funksies verrig selfs met dieselfde genetiese inligting. Die belangrike ontdekking is gegrond…
7 Oct 11AM 1 min

Nuwe webwerf gee inligting oor beurse

Die Namibië Beleggingsbevordering- en Ontwikkelingsraad, NIPDB, het 'n platform ontwikkel waar leerders en studente toegang tot inligting oor beurse kan kry. Die webwerf is 'n samestelling van inligting met advertensies van 'n verskeidenheid maatskappye. Leerders en studente kan die lyste op studyopportunities.nipdb.com kry. Die inisiatief het ten doel om toegang…
7 Oct 10AM 1 min