Woord vir Vandag - 4 Nov 2024

Loading player...
2024/11/04
"...Kom voor Hom en sing met vreugde." Psalm 100:2 NLV
Liedere van redding (4)
Die Psalmdigter het geskryf: ‘…Kom voor Hom en sing met vreugde… Gaan sy poorte in met dankliedere, sy hofsaal met lofgesange. Dank Hom en prys sy Naam’ (verse 2, 4 NLV). Wanneer jy ‘n koning nader, word ‘n sekere protokol vereis. Dawid gee vir ons die protokol om die teenwoordigheid van die Koning van Konings binne te gaan: ‘Gaan sy poorte in met dankliedere, sy hofsaal met lofgesange.’ Vraag: Is dit jou persoonlike ervaring in die kerk? Of staan jy soos 'n toeskouer rond en luister terwyl die musikante, die aanbiddingspan, of die koor sing? Ons word almal geroep om lofprysing ‘binne te gaan.’ Aanbidding is nie iets wat jy bloot met jou ore hoor nie; jy druk dit met jou lippe - en jou hart - uit. Wanneer jy versuim om dit te doen, is daar 'n verbintenis met God wat nie gemaak word nie. Jy, persoonlik, moet God aanbid! Niemand anders kan dit vir jou doen nie, ongeag hoe begaafd en talentvol hulle ook al mag wees. Jy sê: ‘Maar soms is ek nie lus om God te prys nie.’ Die Bybel sê: ‘Kom ons bring dan, met Jesus Christus se hulp, ‘n voortdurende lofoffer aan God – ‘n offer wat opklink van die lippe van hulle wat Hom bely’ (Hebreërs 13:15 NLV). God wil opofferende lofprysing hê. Wat is dit? Lofprysing wanneer jy nie lus is daarvoor nie. Lofprysing wanneer jy deur moeilike seisoene gaan. Lofprysing wanneer jy, menslik gesproke, nie aan ‘n enkele ding kan dink om God oor te loof nie. Die lofprysing wat jou iets kos, is die lofprysing wat by God tel. ‘Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees’ (Psalm 34:2 NLV).

Sielskos: Jes 38-41; Joh 7:45-53; Ps 9; Spr 28:13-16
3 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 April 2026

“Lord, how many times shall I forgive my brother or sister who sins against me?” Matthew 18:21 NIV Paid in full There is a saying in baseball: “Three strikes and you’re out.” We tend to play life the same way. We give people two or three chances, but no more…
23 Mar 2 min

Woord vir Vandag - 30 April 2026

“…’Here, hoeveel maal moet ek ‘n ander gelowige vergewe wanneer hy sonde doen teen my?..’” Matteus 18:21 ABA Ten volle betaal Daar is ‘n gesegde in bofbal wat lui: ‘Three strikes and you’re out!’ Ons is geneig om die lewe op dieselfde manier te speel. Ons gee mense twee of…
23 Mar 2 min

Word for Today - 29 April 2026

“As a result, we stopped relying on ourselves and learned to rely only on God.” 2 Corinthians 1:9 NLT Rely on God, not yourself Several men went on a mission trip to Haiti where they met a nineteen-year-old young man who loved Christ deeply. So they invited him to visit…
23 Mar 1 min

Woord vir Vandag - 29 April 2026

“…Ons kon onsself nie meer help nie. Ons kon net vertrou op God…” 2 Korintiërs 1:9 ABA Vertrou op God, nie op jouself nie ‘n Groep mans het op ‘n sendingreis na Haïti gegaan waar hulle ‘n negentienjarige jongman ontmoet het wat Christus diep liefgehad het. Hulle het hom genooi…
23 Mar 2 min

Word for Today - 28 April 2026

“Wrath is cruel, and anger is outrageous; but who is able to stand before envy?” Proverbs 27:4 KJV Overcoming envy Unlike jealousy, which is the fear of being displaced, envy is ill-will toward those who possess something you want. Jealousy says, “I’m afraid you are going to take what I…
23 Mar 1 min