Woord vir Vandag - 8 Nov 2024
Loading player...
“Gevolglik kan Hy hulle wat deur Hom na God toe gaan, eens en vir altyd verlos…” Hebreërs 7:25 NLV
Van gemors na kosbaarheid
‘n Christelike leier skryf: ‘Die Italiaanse vioolmaker Antonio Stradivari was ‘n arm man. Tog is sy viole die kosbaarste viole wat nog ooit gemaak is, vanweë die ryk en resonante klank wat hulle voortbring. Die unieke klank van 'n Stradivarius kan nie gedupliseer word nie. Wat jou dalk mag verras, is dat hierdie kosbare instrumente nie uit duur stukke hout gemaak is nie, maar uit weggooihout. Omdat Stradivari nie duur materiaal kon bekostig nie, het hy die meeste van sy hout uit die vuil hawens waar hy gewoon het gekry. Hy het dan daardie deurweekte stukke hout na sy winkel geneem, dit skoongemaak en uitgedroog. Dan, uit daardie vermorste stukke hout, sou hy instrumente van seldsame skoonheid skep. Daar is sedertdien ontdek dat terwyl die hout in daardie vuil hawens gedryf het, mikrobes die hout binnegedring het en die middelpunte van die hout se selle gevreet het. Dit het 'n veselagtige infrastruktuur in die hout agtergelaat wat resonerende kamers vir die musiek geskep het. Uit hout wat niemand wou gehad het nie, het Stradivari viole gemaak wat almal nou wil hê.’ Jy vra: ‘Hoe het dit betrekking op my?’ Net soos die vioolmaker gemors in iets kosbaars omskep het, kan God jou transformeer in dit wat jy eintlik bedoel is om te wees. Jy sê: ‘Jy weet nie hoe laag ek gedaal het of van die dinge wat ek gedoen het nie. Ek twyfel dat Jesus iemand soos ek kan red en transformeer!’ Stel Hom op die proef. Toets Hom. Jy sal nie teleurgestel word nie. Die Bybel sê: ‘Gevolglik kan Hy hulle wat deur Hom na God toe gaan, eens en vir altyd verlos…’