#OFMPinkTober 2024 samel meer as R1-miljoen in vir KANSA!

Loading player...
OFM, die Klank van Jou Lewe, kondig met trots aan deur die goedhartigheid van luisteraars en gemeenskappe dwarsoor Sentraal Suid-Afrika het die #PinkTober-veldtog ’n verstommende R1 018 000 ingesamel ten bate van die Kankervereniging van Suid-Afrika.

Die hele Oktober lank het OFM sy verbintenis tot borskankerbewustheid versterk met ’n reeks suksesvolle projekte. Die veldtog het Bowling4Boobies-geleenthede ingesluit in Vanderbijlpark, Klerksdorp, Bloemfontein, Bethlehem en Vryburg waar gemeenskappe bymekaargekom het om pret te hê terwyl hulle bygedra het tot ’n belangrike saak. Boonop het OFM-luisteraars weekliks op ’n Donderdag hul gewig agter die saak ingegooi wanneer hulle tydens ons uitsending skenkings kon belowe. Dit het ’n samehorigheidsgevoel gespek en mense aangespoor om die daad by die woord te voeg.

Benewens OFM se georganiseerde geleenthede het luisteraars hul eie insamelings gehou, wat wys hoe opreg Sentraal-Suid-Afrika omgee om ’n verskil te maak. Elke individu en groep wat bygedra het tot #PinkTober – hetsy deur hul eie geldsamelingsgeleenthede of deur skenkings aan OFM se veldtog – het daartoe bygedra om hierdie merkwaardige bedrag in te samel.
12 Nov 2024 1AM English South Africa Entertainment News · Music Interviews

Other recent episodes

"Ons het saam oor die 150kg verloor" Marius & Martin Dreyer

Die tweeling broers van Bethlehem het almal behoorlik aan die gons nadat hulle saam meer as 150kg af geskud het. Die een vraag op almal se lippe...HOE? Was dit kits diëte, pille of dalk spyte. Wat is die geheim? Wel luister ons gesprek om uit te vind.
17 Feb 1AM 9 min

Joleen "Ek is in 'n verhouding met beide mans, ons bly ook saam"

Dit is vreemd en buite die norm, maar dit werk vir Joleen en haar twee mans. Joleen Geldenhuys en haar man van 17 jaar het op skei gestaan, waar sy gedurende die tyd verlief geraak het op nog 'n man. Sy het steeds gevoelens vir haar man gehad en het…
4 Feb 1AM 5 min

Mike Bolhuis "As dit te goed lyk.."

Bekende misdaadvegter, Mike Bolhuis, deel meer aangaande kubermisdade en waarvoor ons moet uitkyk as dit by slenters kom wat die rondte doen.
30 Jan 1AM 8 min