Die Helen Bishop tehuis vir gestremdes maak staat op Kimberley se ondersteuning

Loading player...
Helen Bishop Ortopediese Nasorgtehuis is 'n residensiële sentrum wat sorg, stimulasie en fisioterapie aan 60 kinders en volwassenes van die Noord-Kaap bied. Baie kinders word hier geplaas deur maatskaplike werkers en die howe weens verwaarlosing, mishandeling en verlating en bly uiteindelik tot in volwassenheid by die tehuis as gevolg van 'n gebrek aan toepaslike alternatiewe plasing. Weens 'n befondsingstekort benodig die Helen Bishop tehuis bystand van die publiek om lopende kostes te help dek. Bestuurder van die tehuis, Chrissie Damons gesels met Yolanda Maartens in die OFM Family Focus oor hulle behoeftes en haar betrokkenheid oor die laaste 30 jaar.
26 Nov 2024 1AM English South Africa Kids & Family · Education

Other recent episodes

Kolorektale kanker is onder die top 3 kankers in mans en vroue in SA

Kolorektale kanker is in ‘n groot mate leefstyl verwant, en Suid Afrikaners moet let op die verskeie risiko faktore. Wees bedag op die tekens en simptome van Kolorektale kanker en kry dadelik hulp. Vlooi Venter , Kliniese Verpleegspesialis by KANSA, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Familie Fokus…
5 Aug 5AM 8 min